Van baie klein af veg ons vir ons eie keuses in die lewe. Dis vryheid. Dis waardevol. Dis – ek in beheer. Ek maak die besluit. Dis my keuse. Dis hoe God jou gemaak het.
Dis ook reg so. Dit is waarom dit ‘n logiese vraag is: wat kies jy? In Deuteronomium 30 gee die Here weer die keuse vir en teen Hom net soos in die Tuin van Eden reg in die begin. Asof ‘n mens nie sou weet om teen die straf en die dood te kies nie, beveel Hy in die 19e versie – Kies die lewe!
Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat Ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe. Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. Deuteronomium 30:19 en 20.
Hierdie keuse, soos alle keuses in die lewe, is die kern van jou geestelike lewe. As daar nie ‘n moontlikheid was om teen God te kies nie, het Sy liefde niks beteken nie. Dit was Jesus se KEUSE om kruis toe te gaan. Geen aardse mag sou Hom vermoor het, as dit nie Hy self was wat Hom oorgegee het nie. Dit was nie ‘n verloop van omstandighede nie, dit was die PLAN.
CS Lewis sê: Love is unselfishly choosing for another’s highest good.
Dis wat Jesus vir ons gedoen het. Lewis sê verder:
All sorts of people are fond of repeating the Christian statement that “God is love.” But they seem not to notice that the words ‘God is love’ have no real meaning unless God contains at least two persons. Love is something that one person has for another person. If God was a single person, then before the world was made, He was not love.
In 1 Samuel 8 vra die volk ‘n koning. Dusver het die slawevolk deur hulle woestynleerskool en beloofde land inname net hulle geestelike leiers vertrou. As dit beroerd gegaan het en goddeloosheid en vyande hulle wou oorrompel, het God ‘n rigter gestuur om te help. Die tyd van die rigters was egter van die donkerste tye van Israel se geskiedenis. Die stam Levi, wat afgesonder is vir tempeldiens en die volk geestelike leiding moet gee, faal heeltemal en verval in bygeloof en korrupsie. Dit word uitgespel in die eerste hoofstukke van Samuel in die verhaal van Eli en sy seuns. Hanna se gebed en die voldoening van haar belofte aan die Here, bring ‘n nuwe profeet op die toneel.
Samuel dien die volk meer as 50 jaar met ‘n hart wat die hartklop van God aanvoel. Hy is die Profeet-leier en ‘n skitter-voorbeeld van die rol van ‘n profeet in die gemeenskap. Hy dra die volk op aan die Here en bring God en Sy plan aan die mense. Hy vermaan, bemoedig en waarsku en lei die volk om reg te kies.
1 Samuel 3:19:
So Samuel grew and the Lord was with him and let none of his words fall to the ground.
Sy was woorde en het die doel gedien waarmee hulle gepraat is. Net soos God se woorde: So shall My word be that goes forth from my mouth; it shall not return to me void. But it shall accomplish what I please, and it shall prosper in the thing which I sent it. Jesaja 55 :11
1 Samuel 7:15: And Samuel judged Israel all the days of his life.
In sy oudag het hy sy twee seuns as rigters aangestel, Joel en Abijah.
Hulle het egter nie in sy voetspoor gevolg nie. 1 Samuel 8: 3 is ‘n groot kontras van wat van Samuel gesê is.
But his sons did not walk in his ways; they turned aside after dishonest gain, took bribes and perverted justice.
Die oppervlakkigheid van Samuel se seuns bring die koningskap-kwessie na vore. Reeds in Genesis 49:10 word ‘n koningskap uit die stam van Juda voorspel. Voorskrifte vir die koninkryk is in Deuteronomium 17 : 14-20 reeds uitgespel.
Die volk kies. Hulle vra vir ‘n koning – net soos al die heidennasies om hulle. Hulle wil ook die status en rykdom in ‘n aardse koningskap uitleef. Samuel voel dadelik dis ‘n verwerping van sy leierskap en kla by God daaroor. God verduidelik dit aan hom so: 1 Samuel 8:7
Heed the voice of the people in all that they say to you for they have not rejected you, but they have rejected Me, that I should reign over them.
God voel die verwerping van die volk. Hy weet wat die volle implikasies van ‘n koning oor die volk gaan wees en Samuel verduidelik die eise en voorregte van ‘n koning uitvoerig in
1 Samuel 8. God is nie ontevrede met die versoek na ‘n koning nie, maar Hy is ontevrede oor die motief wat die volk bring: 1 Samuel 8:5:
Now make us a king to judge us like all the nations.
‘n Wonderlike voorbeeld van Samuel se verhouding met God, wat ons herinner aan Moses. Elke krisis word in die teenwoordigheid van God uitgemaak. God se antwoord is vir Samuel ‘n skok. Hulle het gekies – gee vir hulle wat hulle vra.
Dis vir my soms ‘n moeilike gedagte. God het geweet hoe lyk die pad vorentoe. Hy het gesien dat die konings van Israel meer sleg en minder goed gaan wees. Uit die 19 konings van Israel was almal sleg en uit die 20 konings van Juda was net 8 goed. Sjoe! Dis die statistiek van die koningskap na die verdeling van die ryk onder Jerobeam, Salomo se seun. Maar ons is nou nog lank voor dit, voor die hoogtepunt, voor Salomo.
God het geweet, maar nie gewil nie. Dit is ‘n onderskeid wat ‘n mens moet begryp. God weet alles, maar Hy wil nie alles nie. Alles wat op aarde gebeur is nie Sy wil nie. Sy wil het Hy in geen onseker terme vir ons uitgespel in die woorde van Moses toe hy van die berg afkom. Hy is ‘n goeie God, vol waarheid en getrouheid. Dit wat Hy laat gebeur is altyd vir jou voordelig al voel en lyk dit nie so nie.
God se wil word nie in omstandighede gelees nie. Dit word in die beloftes van seën in die Woord in jou binnekamer aan die voete van die Kruis gelees. Glo Sy eie woorde, nie jou omstandighede nie. Nog minder kan mens dit lees in die politiek, wêreldtoestande, natuurrampe ens. Sy plan is een van voorspoed en nie teëspoed nie, om vir jou ‘n hoop en ‘n toekoms te gee. Jeremia 29:11.
Terug by keuses. Die volk kies ‘n koning. Wat kies jy?
Miskien is jy nou so bietjie versigtiger. ‘n Mense kan nie vooruitsien nie. Ons kan nie die volle implikasies van ons keuse sien nie. Dit is wanneer jy die keuse oorlaat aan die Een wat wel die toekoms in Sy hand hou. Leer maar die ou lied wat Gloria Gaither geskryf het toe sy ‘n wiegieliedjie vir haar nuwe baba wou sing:
Because He lives, I can face tomorrow
Because He lives, all fear is gone
Because I know, He holds the future
And I know, He holds my hand
Wat kies jy?
Die beste van die lewe – ‘n lewe van uitnemendheid –
a life of excellence. (New Living Translation) Deuteronomium 28
If you fully obey the Lord your God and carefully keep all his commands that I am giving you today, the Lord your God will set you high above all the nations of the world. 2 You will experience all these blessings if you obey the Lord your God:
3 Your towns and your fields will be blessed.
4 Your children and your crops will be blessed. The offspring of your herds and flocks will be blessed.
5 Your fruit baskets and breadboards will be blessed.
6 Wherever you go and whatever you do, you will be blessed.
7 The Lord will conquer your enemies when they attack you. They will attack you from one direction, but they will scatter from you in seven!
8 The Lord will guarantee a blessing on everything you do and will fill your storehouses with grain. The Lord your God will bless you in the land he is giving you.
9 If you obey the commands of the Lord your God and walk in his ways, the Lord will establish you as his holy people as he swore he would do. 10 Then all the nations of the world will see that you are a people claimed by the Lord, and they will stand in awe of you.
11The Lord will give you prosperity in the land he swore to your ancestors to give you, blessing you with many children, numerous livestock, and abundant crops. 12 The Lord will send rain at the proper time from his rich treasury in the heavens and will bless all the work you do. You will lend to many nations, but you will never need to borrow from them. 13 If you listen to these commands of the Lord your God that I am giving you today, and if you carefully obey them, the Lord will make you the head and not the tail, and you will always be on top and never at the bottom. 14 You must not turn away from any of the commands I am giving you today, nor follow after other gods and worship them.
Die belofte is oorweldigend. Die implikasies – gewaarborgde sukses op alle gebiede. Wat is die definisie van seën: Amplified Bible
Blessed: happy, to be envied, and spiritually prosperous—with life-joy and satisfaction in God’s favor and salvation, regardless of their outward conditions with a happiness produced by the experience of God’s favor and especially conditioned by the revelation of His matchless grace.
Hier is die beeld van die geseënde kind van die Here in skrille kontras met die ander wat JALOERS is op die seën van die Here.
Die Griekwapsalm sê dit mooi: Jy sal loop skaam kry van al die seën.
Wat wil jy meer hê? Die voorwaarde is om die voorskrifte van die Here te onderhou. Deur Jesus is dit moontlik. God sê in werklikheid deur Sy voorskrifte en leringe: Kom op na My vlak. Ek het vir jou ‘n beter lewe, weg van die verwoesting van wêreldse standaarde en eise. As ons ons lewe inrig volgens God se Woord, is Sy Hand bemagtig om in te gryp en ons pad gelyk te maak. As ons ander standaarde kies, is dit onmoontlik om Sy seën te verwag. Die koninkrykswette is soos ‘n groot rat in die masjien van die lewe wat in jou guns werk.
Hoe kies jy?
Kolossense 3:16: Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan (bemoedig) mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
Die goeie nuus is dat jy nie uit jou eie goedheid of swakheid die regte keuse hoef te maak nie en bang te wees dat dit dalk verkeerd is nie.
Fillipense 2:13 …want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer.
Die Ou Vertaling sê: … want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.
Laaste woord soos altyd in alle dinge: Gee oor en vra!
‘n Bonus aanhaling oor LIEFDE
C. S. Lewis: The risks of love To love at all is to be vulnerable. Love anything, and your heart will certainly be wrung and possibly broken. If you want to make sure of keeping it intact, you must give your heart to no one, not even to an animal. Wrap it carefully round with hobbies and little luxuries; avoid all entanglements; lock it up safe in the casket or coffin of your selfishness. But in that casket-safe, dark, motionless, airless-it will change. It will not be broken; it will become unbreakable, impenetrable, irredeemable. The alternative to tragedy, or at least the risk of tragedy, is damnation. The only place outside heaven you can be perfectly safe from all dangers and perturbations of love is hell. (The Four Loves, Harcourt.)
(My beklemtoning)