318.  Het jy mooi geluister?

[Oujaar 2024 – welkom 2025]

Die ego van Kersfees is vars.  Ons almal eet oorskiet en ontspan na die groot voorbereidings van ‘n bymekaarkom-Kersfees.  Wat ‘n vreugde om in staat te wees om bymekaar te kom.  Ons ruim op met groot dankbaarheid en lofprysing vir die voorreg van voorsiening en seën.  Dit is die tyd van familie en vriende, ‘n tyd om die eensames op te vang en die seën te deel. 

Miskien het nie almal van ons die geleentheid gehad om Kersliede te sing nie.  Dit is deel van ons huis en familie se geliefde Kerstradisies.  Ons sing die ou goed, die ware Kersliede wat Jesus se koms besing.  Ons probeer ook om die tale van die gehoor in te sluit.  Stille Nag in Frans of Italiaans is moeilikerig, maar minstens het ons ‘n idee van wat ons sing.  Ons ken die melodie en die woorde, maar hoor ons die boodskap?


Sing jy die waarheid van daardie Stille Nag wat Heilig genoem word?    Ons dink diep en kies die konteks van ons Fees sodat ons inhoud bring waar leegheid en sommer simpelheid wil oorheers. Dalk sing ons lankal nie meer die ou Kersliede in Afrikaans nie.

Dit is met die woorde wat ons gesing het en dalk nie besef het nie, waarmee ons die Nuwejaar ingaan.  Dit juis as gevolg van Kersfees wat ons ‘n Nuwejaarsfees kan hou. Nie met dronkenskap en sinnelose dans wat ons gedagtes moet wegvoer van die bekommernis, vrees en duisternis van nog ‘n kalenderjaar nie, maar as kinders van die Dag, kinders van die koninkryk van die Lig, as ligdraers.

Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.  (Kolossense 1:12)

Julle is tog almal mense van die lig, mense van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. (1 Tessalonisense 5:5)

Dis dalk tyd om ons voor te neem om die Kersliede as gedigte te lees, voordat ons sing.  Dit is eintlik ‘n aanbiddingsdiens, nie sommer net sommer omdat die datum so sê nie.  Die Kersliede het woorde wat ons in moeilike tye sal deurdra.

Hoor jy die blye Engellied net soos die herders daardie nag buite Bethlehem?  As jy jou oor instel en aandag gee, sal jy hoor dat God jou roep tot getuie van hierdie grootse gebeure.  Wat ‘n voorreg!

Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe… (Jesaja 55:3)

Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe;   (OAB)

Lees saam en “hoor” met jou siel.  Die Engelse woorde van O Grote Heer sê: Then sings my soul.  Sing jy met jou siel?  Onderwerp jy jou wil, verstand en emosie aan die woorde van waarheid.  

stille nag, heilige nag!             

   Jesus-kind, lank verwag,             

   lig uit lig, uit die vader se ryk,  

   word uit liefde aan mense gelyk.     

   loof die hemelse Kind!               

   loof die hemelse Kind!               

stille nag, heilige nag,             

   Hemelvors, ons gee ag                

   op die lied van die engelekoor.      

   herders het dit die eerste gehoor:   

   juig, die Redder is daar!            

   juig, die Redder is daar!            

 stille nag, heilige nag!             

   Jesus, heer, voor u mag,             

   voor u ryk moet die duisternis swig; 

   tot in ewigheid bly u die lig –      

   Heer, gebore vir ons!                

   Heer, gebore vir ons!

Ons kan nie al ons pragtige Kersliede hier herhaal nie, maar ons kan ‘n beginsel vestig dat ons die woorde bedoel as ons sing.  Ons ou Afrikaanse Kersliede is meestal vertalings maar daar word vandag pragtige nuwe Afrikaans Kersliede geskryf en gesing.  Het ons van hulle in ons tuis-sing sangblaadjie ingesluit?

Hoor maar die woorde van een van die versies van die Engelse lied: It came upon a midnight clear.

Dis dalk een van die minder bekendes, maar verseker ‘n gunsteling, met ‘n goeie opsomming van bloedvergieting, lyding en sonde en ‘n oproep tot stilte en aandag gee.

Yet with the woes of sin and strife 
The world has suffered long; 
Beneath the angel strain have rolled 
Two thousand years of wrong;
And man, at war with man, hears not 
The love-song which they bring; 
Oh, hush the noise, ye men of strife 
And hear the angels sing. 

Net so is die woorde van een van Don Francisco se Kersliede met die eenvoudige titel:  Christmas Song.  Lees dit as ‘n gedig voordat jy die melodie bybring. 

In the center of the ages
The Lord talks with a girl
And by the words, He speaks
He gives a Savior to the world
The time grows to its fullness
And Mary’s Son is born
The promise’s fulfillment
Lies asleep now in her arms

He didn’t come to terrify
To judge or condescend
To call us all His servants
But to lift us as His friends
To save us all from Satan’s power
To reign at His right hand
In the little town of Bethlehem
When God became a man

The day the God of majesty
Has given to the Earth
A gift of such magnificence
We could never plumb its worth
And the rudeness of the setting
Just ignites the jewel’s fire
A pearl beyond the greatest price
The joy of man’s desire

Geniet die pragtige lirieke van Somer Kersfees, geskryf deur Juanita du Plessis en gesing deur Laurika Rauch.  Die lied het ‘n permanente plek op ons speellys.

Welkom o stille nag van vrede

Onder die Suiderkruis

Wyl stemme uit die ou verlede

Oor sterre velde ruis

Kersfees kom, Kersfees kom

Gee aan God die eer

Skenk ‘n helder somer Kersfees

In hierdie land, o Heer

Hoor jy hoe sag die klokke beier

In eeue-oue taal

Kyk, selfs die nagtelike swye

Vertel die ou verhaal

Voel jy ook nou sy warm liefde

As ons die dag gedenk

Toe Hy sy Seun aan ons gestuur het

Ons grootste Kersgeskenk

Dis dalk meer bekend omdat dit nuut is en die woorde weerklink op ‘n relatiewe onbekende melodie.  Die punt van Kersliede sing is nie om die woorde te onthou of nuwes uit te dink nie, maar om aandag te gee aan die waarheid wat ons sing.  Oud of nuut, die Woord van waarheid, die verkondiging van Jesus, is kragtige profetiese uitsprake oor almal om jou, maar eerste oor jouself.

Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, ‘n gebed tot die God van my lewe.  (Psalms 42:9)

Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die Here , na die Steenrots van Israel.  (Jesaja 30:29)

Sal die inhoud van ‘n Kerslied jou Nuwejaarsfees oorheers?  As jy sing in die nag van Nuwejaar, sal jy sing van die Steenrots van Israel?  

Is die Kind van Kersfees gou vergete in die geraas van Nuwejaarsfeeste in die nag?

Vreugde, vrede, hoop en liefde is God se Kersgeskenke.  Dit is die stempel op die Nuwejaar – woorde vol krag en inhoud waarsonder ons nie kan leef nie.  Onthou dit en sing daarvan al is die Advent-Sondae ‘n vae herinnering.  

Moenie dit vergeet nie.  Skryf dit op die tafel van jou hart en hou aan sing!

Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, (Spreuke 3:3, OAB)


2 thoughts on “318.  Het jy mooi geluister?

  1. So ‘n pragtige inskrywing! “Somerkersfees” maak my altyd bewoë omdat dit so mooi is. Die eerste twee verse is oorspronklik deur Koos du Plessis geskryf en Jannie du Toit het die derde vers bygevoeg.

Lewer kommentaar op Ansophie Joubert Kanselleer antwoord