176. Sing vir die wingerd.

[Johannes 15]

Jesus gebruik die beelde en simbole uit die tradisie van die Jode om Sy beginsels te verduidelik. Baie van Sy stories vind hulle oorsprong in die landbou en seisoene van die landboujaar omdat die mense se lewens daardeur bepaal is. Die seisoene van saai en oes lêaan die kern van die Koninkrykswette, die groot ratte van God wat in ons guns roteer. Oor en oor in die Ou Testament is Israel as ‘n wingerd of ‘n wingerdstok uitgebeeld.

Ek wil sing oor Hom wat ek liefhet, ek wil my liefdeslied sing oor sy wingerd:Hy wat ek liefhet, besit ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel.(Jesaja 5:1-7)

Toe Ek jou geplant het, was jy ‘n goeie wingerdstok, opreg gekweek, maar hoe het jy nie verander in onkruid, in ‘n wilde wingerdstok nie!(Jeremia 2:21)

Ook Esegiël (15:18 en 19:10) vergelyk Israel met die wingerd.

Israel was ‘n welige wingerdstok. Sy vrugte was geil… (Hosea 10:1)

U het ‘n wingerdstok in Egipte uitgehaal en dit hier kom plant nadat U die nasies uitgedrywe het.(Psalms 80:9)

My heel gunsteling vers uit Jesaja (27:2,3) stel dit so:

Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd; Ek, die Here, sorg daarvoor: Ek lei dit gereeld nat, dag en nag staan Ek wag daarby sodat niemand dit kan beskadig nie.

Die wingerd het die simbool van Israel geword. Dit was die embleem op die muntstukke van die Maccabees oorwinning. Een van die versierings van die Tempel was die groot goue wingerdstok voor die heilige deel. Verskeie ryk tempelgangers het geëerd gevoel om ‘n bydrae te maak in die vorm van nog ‘n tros of dalk net een goue druif.

Wingerde was algemeen in Palestina en is nog steeds vandag. ‘n Wingerd het aandag nodig om die beste te lewe. Hulle groei in terasse sodat die grond skoon en dreineerd bly. Soms het ‘n wingerd sommer oor die ingang van ‘n huis gegroei. Snoei en goeie sorg was roetine sodat die beste oes verwag kan word. Jong wingerdstokke word so gesnoei dat hulle eers na drie jaar toegelaat word om vrug te dra. Die snoeiproses help hulle wortels en stam om sterk te word om die swaar vrug van later te dra. Takke wat nie vrug dra nie, word teruggesnoei sodat hulle nie die krag uit die plant trek nie. Jesus het geweet dat die wingerd geen vrug dra as dit nie gesnoei word nie.

Die wingerdhout was goed vir niks. Dit was sag en is in groot hope verbrand. Dit is nie eers op die Tempelaltaar gebruik nie.

Jesus verklaar dat Hy die bron van ware lewe is. In Hom kan die wingerd vrug dra. Die Jode was takke, maar sonder vrug. Hulle wou nie luister nie en het verlep en doodgegaan. Christene kan so maklik in naam alleen godsdiens bedryf. Dit is nie die ware wynstok nie. Hulle is kragtelose verraaiers van geloof.

Paulus sê dit prontuit:

Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. (2 Timoteus 3:5)

Die ware kerk leef die krag van Jesus. Eerder niks as die twyfelagtige, dubbel-hartige, gelooflose, kragtelose kerk. [Kerk van Laodicea – Openbaring 3:15,16]

Wat dink jy as jy die woord “snoei” hoor? Is jou reaksie positief of negatief?

Die snoei van ‘n wingerd is ‘n fyn werk vir ‘n spesialis met kennis en ondervinding. Die komplekse taak is baie goed in die antieke ensiklopedie oor Natuurgeskiedenis van Plinius die Ouere, ‘n vriend van die Romeinse keiser Vespasianus, beskryf.

Thus there are two kinds of main branches; the shoot which comes out of the hard timber and promises wood for the next year is called a leafy shoot or else when it is above the scar [caused by tying the branch to the trellis] a fruit- bearing shoot, whereas the other kind of shoot that springs from a year-old branch is always a fruit-bearer. There is also left underneath the cross-bar a shootcalled the keeper—this is a young branch, not longer than three buds, which will provide wood next year if the vine’s luxurious growth has used itself up—and another shoot next to it, the size of a wart, called the pilferer is also left, in case the keeper-shoot should fail.

In die Griekse teks word die woord kathairei (die werkwoord) en katharoi (die byvoeglike naamwoord) vir “snoei” gebruik.

Volgens die woordeboek beteken kathairei om skoon te maak vir genesing en verligting. Dit beteken ook om vry te maak van onderdrukte emosie en spanning. Soms word dit medies gebruik vir reininging van ‘n liggaam, ook aan die binnekant, om genesing te bewerkstellig.

The Message van Eugene Peterson stel dit so:

“I am the Real Vine and my Father is the Farmer. He cuts off every branch of methat doesn’t bear grapes. And every branch that is grape-bearing he prunes back so it will bear even more. You are already pruned back by the message I have spoken . . . “ (John 15:1-3 (The Message))

Ons is alreeds gesnoei deur die woorde van die Evangelie. Jesus was ons met Sy woord.

…that He might sanctify and cleanse her with the washing of water by the word,(Ephesians 5:26)

In Christus is die geheim en die misterie. Die woorde van Jesus is ons reiniging. Die Woord snoei ons in Sy beeld sodat ons nie as wilde lote groei nie.

Hy snoei ons sodat ons verligting kan ervaar. Ons aardse laste word weggesny.  Ons beheptheid en gebukkenheid onder die statusvereistes, die rykdomvereistes en die gedragvereistes van die goddeloosheid om ons, word weggesnoei tot groot verligting van ons siel – denke, emosie en wil. Wat ‘n bevryding!

…en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. (Galasiërs 2:20)

For as many of you as were baptized into Christ have put on Christ.(Galatians 3:27)

Ons identiteit is Christus:

Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. (Galasiërs 3:28)

Elke seën in Christus is ook ons s’n sodat ons vrug kan dra.

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. (Efesiërs 1:3)

‘n Kind het sorg en voeding nodig, kommunikasie, leiding en ‘n huis om in te bly. Kinders op hulle eie sal krepeer.

Lewe in Jesus het dieselfde dinge nodig. Daar is niks as ons nie met Hom kommunikeer en Sy lewe volg nie. Ons kan nie in twee huise groei nie. Dit bring verwarring en verwerping. Dit is slegs as ons kies in watter huis ons wil groot word en ‘n gehoorsame kind is wat aan die leiding en dissipline van ons liefdevolle Vader onderwerp, dat ons in staat is om effektief en uitnemend te lewe.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s