182. Mans in die nag.

[Johannes 18]

Ons het gekom by die begin van die einde van die invloedrykste lewe in die ganse geskiedenis. Dit was die begin van die ondenkbare; ‘n kruisdood wat die mens van daardie tyd en daarna radikaal beïnvloed.

Aan die einde van die laaste maaltyd saam, het Jesus en sy dissipels die bovertrek verlaat en uit die stad gestap na die tuin van Getsemané. Die tuin was in die vallei van die Kedron-spruit geleë. In hierdie stroom het die bloed van die paaslammers gevloei wat by die Tempel geslag is.

Aan die voet van die Olyfberg was die klein tuintjie. Getsemané beteken oliepars. ‘n Aantal welgestelde burgers van Jerusalem het hier privaat tuine gehad. Jerusalem was dig bevolk en die seremoniële voorskrifte het grond en bemesting binne die stadsmure verbied.

Besoekers aan Jerusalem ervaar ‘n kleinerige tuintjie met omtrent agt olyfbome wat so oud lyk dat hulle stamme soos steen lyk. Dit is nie heetemal seker dat hierdie die oorpronklike bome van die tyd van Jesus is nie, maar hulle is minstens so oud soos die Islam-tyd in Jerusalem, maar die grond onder hulle, was die grond waar Jesus geloop het en gekniel het.

Dit is duidelik dat ‘n welvarende vriend van Jesus vir Hom ‘n sleutel van die tuin gegee het en Hy dit as ‘n stil wegkomkans kon gebruik. Hierdie nag het Hy dit nodig gehad. Judas het dit geweet en die arrestasie so beplan.

Johannes praat van ‘n afdeling soldate en Tempelwagte wat met fakkels en wapens na die tuin toe gekom het. Die Tempel het ‘n polisiediens gehad wat die orde gehandhaaf het en die Sanhedrin (die Joodse raad van 70) se opdragte uitgevoer het. Daar was ook ‘n band of cohort van Romeinse soldate betrokke. Die Griekse woord wat vertaal word met afdeling is speira. Dit het drie betekenisse.

In Rome was dit of 600 soldate of 1000 bystandswagte (240 van hulle op perde) of soms het dit verwys na 200 soldate.

As mens sou aanvaar dat die woord die minste moontlike hoeveelheid soldate beteken, was dit nogtans ‘n oormag om ‘n eenvoudige, rondloop-prediker van Galilea in hegtenis te neem. Dit is duidelik dat die owerhede ‘n mini-oorlog te wagte was en baie bang was vir die invloed van Jesus op die mense. Dink net hoe vredevol en kalm die arrestasie plaasgevind het. Jesus self was ten alle tye ten volle in beheer.

  • Jesus was braaf. Hulle het met fakkels gekom asof hulle in donker hoeke sal moet soek. Dit was Paasfees en daarom volmaan, so dit was eintlik ‘n verligte nag. Jesus het nie weggekruip nie. Hy het Homself aangekondig en die self die proses begin.

 

  • Jesus het die gesag gehad. Sy woorde het die mense laat omval. Sy Woord het nog steeds dieselfde uitwerking.

 

  • Jesus het self gekies om te sterf. Hy het Homself oorgegee om gekruisig te word. Dit het Judas paniekerig gemaak, want hy het ‘n wonderwerk verwag en gehoop dat Jesus die Romeine konfronteer. [Bodemklippe 173]

 

  • Jesus het Sy dissipels beskerm. Hy het Homself aangekondig om sy vriende te red.

 

  • Hy was ten volle gehoorsaam- Hy het “die beker” gedrink.

 

Petrus het sy swaard getrek – hy wou veg. Hy was selfs bereid om daar en dan te sterf om sy Meester te verdedig, want hy moes die oormag voor hom sien. Petrus was een van die leidende figure van daardie nag. Meer oor hom later.

Eerstens, die owerhede.

ANNAS (18:12-14 and 19-24)

In beide die gedeeltes hierbo is Jesus voor Annas gebring. Net die Evangelie van Johannes stel dit so. Annas was die mag agter die troon van die hoëpriester. Hy self was hoëpriester van 6-15nC. Vier van sy seuns het as hoëpriester gedien en Kajafas was sy skoonseun.

Daar was ‘n tyd wat die amp van die hoëpriester lewenslank gehou is, maar dit klink asof hier ‘n rotasie-sisteem in werking was. Kajafas was daardie jaar hoëpriester. Die hoëpriester moes nou saam met die Romeine werk te midde van intrige, korrupsie en omkopery. Annas se familie was ryk en invloedryk. Hulle het geweet hoe om die pos te manipuleer.

Die geldwisselaars en handelaars in die Tempelvoorhof was in diens van die hoëpriester. Die hoë winsmarges het Annas ryk gemaak. Jesus was woedend hieroor. ‘n Mens kan jou voorstel wat Annas se reaksie op Jesus se Tempelwoede en sy toutjiesweep skoonmaakprosesse was. (Matteus 21:12, Markus 11:15, Johannes 2: 14,15) Die winkels daar in die voorhof van die Tempel het bekend gestaan as die basaars van Annas. Hy was berug.

Jesus is voor Annas gebring. Sy Tempel skoonmaak-episode het Annas direk geraak en Annas was die eerste een om Hom te konfronteer.

Die ondervraging voor Annas was ‘n bespotting van die regsproses. ‘n Doodsvonnis kan nie op grond van ‘n persoon se eie getuienis opgelê word nie. ‘n Aangeklaagde kan homself nie inkrimineer nie. Jesus sê vir Annas om die mense te vra wat Hy gedoen het en nie aan hom persoonlik die vrae te stel nie. Hy wou eintlik sê: hanteer die regsproses korrek.

Een van die offisiere het Jesus in die gesig geslaan. Hy wou die hoëpriester se status beskerm en het gedink Jesus se antwoord is nie respekvol nie. Hoe kan ‘n skrynwerker van Galilea vir die hoëpriester kom vertel hoe om die saak te hanteer. Jesus vra die soldaat of Hy enigiets verkeerd gedoen het.

Jesus het geweet dat daar nie sprake van ‘n regverdige verhoor sou wees nie. Hy is veroordeel voordat Hy verhoor is. Hy moes ge-elimineer word sodat hulle met hulle gemaklike lewens kon voortgaan. Wie het werklik omgegee of een misdadiger regverdig behandel word?

‘n Eenvoudige webnavraag gee baie inligting oor die Sanhedrin. Dit was die hoogste hof van die Jode met streng riglyne oor die funksionering daarvan. ‘n Verhoor soos hierdie moes nooit in die nag plaasgevind het nie. Die nagtelike verhoor was ‘n strategie van Annas en Kajafas om die ondersteuners van Jesus in die Sanhedrin, soos Nikodemus en Josef van Arimitea te uitoorlê.

Jesus is na Pilatus gestuur op grond van Sy eie woorde. Geen getuies kon gevind word nie. Die getuies wat deur die owerhede opgesteek is, kon nie saamstem nie. Die verhoor was flagrante diskriminasie teen Jesus.

So verloop die gesprek volgens Lukas. (22:67-71)

Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.”

Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; en al sou Ek vir julle ‘n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie.

 Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.”

 Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”

 Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”

Daar by Pilatus het die Joodse leiers hom gevra om Jesus tot die dood te veroordeel omdat Hy gesê het Hy dat Hy die koning van die Jode en daarom ‘n bedreiging van Romeinse gesagstrukture is.

In al vier die Evangelies word Petrus se verloëning van Jesus daardie nag beskryf. Dit bespreek ons volgende keer.

 

 

 

27. Die onsigbare koninkryk – jy is ‘n prins.

Bekeer julle want die Koninkryk van God het naby gekom.

Woorde van Johannes die Doper in Matteus 3:2.

Bekeer julle want die Koninkryk van God het naby gekom.

Jesus begin Sy prediking met presies dieselfde woorde in Matteus 4:17.

Wat was hierdie Koninkryk waarvan Hy gepraat het? Vir die meeste mense op daardie punt in die geskiedenis het dit politieke uitkoms beteken en is so geïntepreteer. Hulle was uitgeworpe verdruktes onder die wreedheid en totale oorheersing van die Romeine; belas, onwaardig, magteloos en arm.

Johannes die Doper was letterlik en figuurlik ‘n stem in die woestyn – in die woestyn waar die Esseniese sekte gewoon het, waarvan sy ouers deel was, het hy grootgeword.  Sy opvoeding daar het hom in afsondering geskool om die stem van God te hoor. Op hierdie stadium waar hy sy bediening begin het, was die stem van profesie vir 400 jaar al stil en Israel se onderdrukking deur die Romeine ‘n vernedering, vasgevang in onderdrukte geestelike woede – ‘n geestelike woestyn. Die politieke situasie onder die ystervoete (onthou Daniël se droom) van die Romeinse oorheersing, was vir baie Jode ‘n dolk in die hart.

Die Bybel hat baie van die koninkryk, met betrekking tot die volk van God, gepraat.  In werklikheid moes die konsep nie vreemd gewees het nie, by die tyd toe Jesus daaroor gepraat het nie. Reeds in Exodus 19:6 sê die Here:

And you shall be to me a kingdom of priests and a holy nation.

Dawid was baie bewus van die koninkryk van God. Hy bid in sy aanloop tot die bou van die tempel in 1 Kronieke 29:11:

Yours is the Kingdom O Lord. Regdeur die Psalms bid hy dikwels oor die koninkryk van God. [Psalm 45:6; 103:19; 145:13.]

In Daniël 2:44 voorspel Daniël die koninkryk, die groot rots, wat nooit vernietig sal word nie, wat die ander koninkryke in stukke sal breek en wat ewig sal standhou. Dit is die direkte profesie na die koninkryk wat Jesus van praat in Matteus 4:17.

Wat beteken hierdie koninkryk vir ons? Kom ons bring dit nader net soos Jesus vir Nikodemus in Johannes 3 gedoen het. Hy sê aan Nikodemus dat as iemand nie weer gebore is nie, hy die koninkryk van God nie sien nie. Jesus bedoel hierdie koninkryk wat “naby” gekom het, wat Hy op aarde kom bevestig het – let wel nie stig nie. Die onsigbare koninkryk van God is reeds lankal tot stand gebring in die harte van mense toe Hy in Exodus Sy volk ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige volk genoem het. Jesus bedoel nie dat iemand nie sal hemel toe gaan nie.

Hy bedoel dat jy die koninkryk hier en nou op aarde gaan mis. Met wedergeboorte immigreer jy eens en vir altyd na die onsigbare koninkryk van God op aarde en begin jy volgens die beginsels van die Woord – koninkrykswette – leef. Op jou is die seën van die Here van toepassing as jy weet hoe afhanklik jy van God is, as jy honger en dors na geregtigheid, as jy treur, as jy vervolg en verwerp word – gaan lees weer die bergpredikasie om beter die koninkrykswette te verstaan. Die seën van hierdie wette was ‘n vervulling en vrug op die Wet wat in Exodus op die berg aan Moses gegee is.

Jesus sê: Kom op na My vlak. Moenie in die modder en slyk van aardse begeertes en behoeftes verval nie. Ek het vir jou ‘n troon, ‘n kroon en ‘n verhewe bestaan beplan. ‘n Lewe vol vreugde, vrede, oorwinning oor probleme, verdrukking, hartseer en tragedie (wat daar wel is en gaan wees), vol vergenoegdheid en vol van Myself.

Hy leer Sy dissipels bid in Matteus 6 dat Sy Vader se koninkryk sal kom. Die tweede frase wat daarop volg is dat God se wil op die aarde soos in die hemel sal geskied. As jy vra wat is die koninkryk van God dan is hierdie die antwoord – daar waar Sy wil geskied.  In hierdie koninkryk is nuwe lewe en nuwe perspektief. Hierdie nuwe lewe en nuwe KYK is die werk van die Heilige Gees. Dit is hemel. Die koninkryk van God waar Sy wil geskied en jy Sy wil kan sien deur die werking van die Heilige Gees is HEMEL. Dit is ‘n plek hier op aarde. Daardie plek is jou hart. Die koninkryk van God is die oomblik wat jy IN Sy teenwoordigheid Sy wil aanvaar en daaraan onderwerp. Dit was nie ‘n nuwe boodskap nie. Dawid skryf daaroor in Psalm 91:1.

He who dwells in the secret place of the Most High, shall abide in the shadow of the Almighty.

In vers 8 (van Johannes 3) verduidelik Jesus die onvoorspelbaarheid, dikwels onverstaanbaarheid van die werk van Sy koninkryk deur die Heilige Gees:

The wind blows where it wishes, and you hear the sound of it, but cannot tell where it comes from and where it goes. So is everyone who is born of the Spirit.

Baie belangrike beginsel. Die werk van God kan nie ingeboks wees nie, dit vind dikwels plaas op ‘n manier wat jy nie verstaan nie. Meestal is dit Gees-insig wat nodig is om God se plan te sien en te aanvaar. Gees-inspirasie om te onderwerp aan daardie plan, veral as dit nie volgens jou plan verloop nie. Selfs meer nog is dit ‘n goeie rede om nie die werking van die Gees in ander mense te oordeel nie. Kom ons los die werk van God in Sy kinders vir Hom, sonder kritiek en skinder, sonder apologie, net ondersteuning in liefde.

Hierdie koninkryk funksioneer op die beginsels van verhouding – dus liefde. Uit liefde volg gehoorsaamheid. Ons sal nie sê ons is lief vir iemand en voortgaan om daardie persoon seer te maak en te verneder nie. Gehoorsaamheid volg vrywillig op die liefdesverhouding wat met wedergeboorte begin. Hierdie geboorte uit water en Gees vee jou hele verlede weg en waarborg oorwinning vir jou toekoms. Romeine 6 verduidelik hoe ons saam met Christus begrawe is deur die doop en so ook saam met Hom in ‘n nuwe lewe opstaan. Die Heilge Gees in jou word jou oorwinningskrag vir die toekoms.

In 1 Petrus 2:9 word die beginsel van die koninkryk van Priesters en Heiliges herbevestig:

But you are a chosen generation, a royal priesthood, a holy nation, His own special people, that you may proclaim the praises of Him who called you out of darkness into His marvelous light.

Dit is duidelik uit die lewes van twee dissipels hoe hierdie Gees-insig ‘n verskil in die een se lewe gemaak het en die ander se keuse om nie te luister nie, tot sy verdoemenis gelei het. Die Heilige Gees bring jou uit ‘n plek van  duisternis en doofheid, in die plek van openbaarmakende lig. Dit word so in Efesiërs 4:17 – 24 verduidelik:

This I say, therefore, and testify in the Lord, that you should no longer walk as the rest of the Gentiles walk, in the futility of their mind, having their understanding darkened, being alienated from the life in them, because of the blindness of their heart…….

Hierdie is so ‘n skrikwekkende toestand om in te wees – blinde harte, leef soos ‘n wurm in een dimensie, sonder wysheid, insig en diepe kennis. Daardie een dimensie kom neer op ‘n alles oorheersende fokus op jouself en jou eie visie van die lewe. Vreeslik!!

Net soos Judas:

Judas was geroep, deur Jesus self. ‘n Lewe van bediening onder Jesus het nog steeds die keuse van verwerping gelaat. Slegs vrywillige onderwerping aan Jesus is aanvaarbaar. Die volle uitoefening van jou keuse net soos in die Tuin van Eden.

Judas was een van die Zelote, wat ‘n beleid van geweld ondersteun het, om met bloedige rebellie die Romeinse juk af te gooi en hulleself te regeer. Die effektiewe en rigiede Romeinse administrasie en weermag, was ‘n formidabele teenstaander en kon nie sonder goeie organisasie en ‘n duidelike plan oorwin word nie. Dit het aanleiding gegee tot ‘n geheime groep wat deurgaans besig was om planne te maak om die Romeine met geweld aan te durf.  Hulle is die zealots genoem, wat maar net beteken het, dat hulle ‘n brandende ywer vir God gehad het. Daar is ook ‘n teorie dat die benaming Iskariot (wat niemand regtig weet watse naam dit was nie), beteken dat hy deel was van ‘n groep wat hulleself met dolke bewapen het (die iscarii  – Latyn), in afwagting op die rebellie.

Vir drie jaar loop Judas saam met Jesus en sien en ervaar die wonderwerke en lering. Op ‘n paar plekke in die Evangelies het die kerkleiers baie kwaad geword en het daar amper ‘n steniging of inhegtenisname plaasgevind. Die Bybel sê, Jesus het net weggeloop omdat Sy tyd nog nie reg was nie.

‘n Paar jaar na die kruisiging is daar tydens die Paastyd in Jerusalem ‘n sensus geneem. Na beraming is daar toe 256 000 lammers geslag. Volgens voorskrif het 10 persone ‘n lam gedeel vir die Paasoffer. Dit gee mens ‘n estimasie van 2,5 miljoen net Jode in Jerusalem. Die geheime nagtelike vergadering van die Sanhedrin het die opdrag laat uitgaan dat hulle Jesus voor die Sabbat wil laat terregstel. Hulle het ‘n verraaier nodig gehad om Jesus tussen al daardie mense te kry.

Judas het mos lankal gesien dat Jesus nie bang is nie, en dat hy nie in hegtenis geneem kon word nie, hoe kwaad hy hulle ookal gemaak het. Sy hart was blind en sy ore was doof, anders sou hy die waarskuwings van Jesus oor Sy dood gehoor het. Hy het ook op verskeie geleenthede na Judas uitgereik – laaste keer tydens die laaste maaltyd saam. Toe Jesus vir Judas die kruiebak aanbied, was dit die gasheer se spesiale gebaar na die eregas. (Johannes 13:26 en Matteus 26:23) Daar was ook ‘n gestry oor die belangrikheid van elkeen in die koninkryk en dit kon gewees het, volgens sommige kommentare, dat Judas ‘n ereplek naby Jesus ingeneem het,

Maar Judas wou Jesus se hand dwing. Hy was ongeduldig met Jesus se geduld, hy het die groter prentjie gemis, hy was gefokus op korttermyn voordeel – naamlik die omverwerping van die Romeine – sy eie droom en plan.  Hy het gedink dat Jesus Homself sou red uit die inhegtenismame. Hy onderhandel die prys – 30 stukke silwer – die prys van’n slaaf volgens Exodus 21:32. Hy was duidelik die gids vir ‘n afdeling soldate om die inhegtenisname te  bewerkstellig.

Toe loop als verkeerd. Hy sien hulle gaan Hom regtig doodmaak. Hy het seker gesien dat Jesus Homself oorgee om gekruisig te word, na die wroeging in Getsemane . Hy raak paniekerig toe hy sien Jesus gaan Homself nie red nie. Hy hardloop terug met die geld en sê:

I have sinned by betraying innocent blood. [Matteus 27:4.]

Toe kom die tragedie van drome wat in skerwe lê en die desperate hopeloosheid van selfmoord, want hy het tot daardie punt nog nie geweet met wie hy te doen het nie. Hy wou Jesus gebruik vir sy eie droom.

Nog ‘n speler in die dramatiese gebeure van daardie nag was Petrus. In Matteus 16 vanaf vers 13 speel Jesus amper ‘n skinderspeletjie. Hy vra sy dissipels wie die mense sê Hy is. Hulle antwoord: Elia, Johannes die Doper. Skielik pen Hy hulle vas en vra wie hulle self dink Hy is. Petrus spreek in daardie oomblik Gees-woorde:

You are the Christ the son of the living God.

Jesus seën hom en sê vir hom dat vlees en bloed dit nie aan hom geopenbaar het nie, maar Sy Vader wat in die hemel is.

Gees-woorde, uit die mond van die Vader, sal altyd Jesus aan jou openbaar.

Daarom kon Jesus hom vind by die ander dispels na die opstanding. Gebroke en hartseer na sy verraad, maar aangetrokke tot die plek waar Jesus Homself aan hulle sou openbaar as ‘n opgestane Messias. Petrus het Gees-oortuiging gehad van Jesus se ware identiteit as Christus en Seun van God.

Sy ware identiteit in jou lewe kan net met Geesbegrip jou lewe transformeer. Sien jy met jou hart die opgestane Messias? Leef jy in die lig van die opstandingsoggend?