322.  Rebels en siek

Die hele wêreld worstel met siekte.  Mediese versekering, regeringsfondse vir medies, openbare gesondheidsplanne is hoog op politieke agendas.  Dikwels is die grootste vrees nie die dood self nie, maar die lyding en siekte voor die dood.  Dan hoor mens van iemand wat sommer in sy slaap  dood is, of skielik oorval is en hoop heimlik dat dit jou oorkom, … More 322.  Rebels en siek

277.  Voete wat vlieg

Kom ons vertoef nog ‘n bietjie by die profeet Habakuk se woorde van goud vir alle tye.  Habakuk skuif sy denk-horisonne van dreigende politiese omwenteling na ‘n hemelse perspektief met ewigheidswaarde wat sy  gemoed oplig tot ‘n vreugdevolle aanbiddingslied. In ’n paar woorde word die warrelwind van vreesgedagtes ‘n lied vir alle tye.  In sy gesprek met God … More 277.  Voete wat vlieg

195. Kontrakte in jou kop.

Die hele wêreld om ons bestaan uit kontrakte.  Formeel en informeel word ons lewe beheers deur ooreenkomste wat ons sluit. Selfs vriendskap is ‘n informele oreenkoms.  Daarmee bedoel ek dat ons nie ‘n prokureur kry om skriftelik ‘n vriendskapskontrak op te stel nie, maar ons veronderstel sekere stilswyende voorwaardes vir die “ooreenkoms” om vriende te wees.  … More 195. Kontrakte in jou kop.

165. Gesond en gered – die volle pakket.

[Johannes 9] Die mens se liggaam is ‘n wonderwerk. ‘n Pasgebore babatjie is so bewus van liggaamlike behoeftes. Die voorsiening daarin is die eerste bewuswording van ‘n vriendelike of ‘n onvriendelike wêreld. Stadig ontwikkel ‘n baba en begin kommunikeer en speel. So ontdek hy sy wêreld deur aanvanklik net sy ouers. As volwassene het liggaamlike … More 165. Gesond en gered – die volle pakket.