Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie. 5Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. (Johannes 15:4,5)
Ons in die Weste het gewoonlik genoeg kos – nogal te veel om ons daaglikse behoeftes te bevredig. Ons fokus op luukse kos, kook spesiale maaltye, onthaal selfs vir besigheidsdoeleindes, kuier saam met familie en vriende, en dink nooit eers aan ‘n gebrek of dissipline rondom kos nie. As ons bewus is van voeding en dieet om onsself gesond en maer te hou, is dit ‘n stryd om binne die perke te bly en ons struikel voort na ‘n soort oorwinning.
Om kos en ons verhouding met kos aan die Here te onderwerp, is ‘n wonder beginsel.
Dit is ‘n welbekende feit dat mense hulself in baie siektes in eet en dat ‘n verandering in dieet baie moeilik is om aan te pas. Die kulturele tradisies rondom kos help nie juis nie. Mense vergader rondom verwagte geregte en om hulself sonder dit te geniet, is nie maklik nie.
Ons moet almal kos en die plek wat dit in ons lewens het, aan die gesag van Jesus onderwerp om die geestelike gesag wat ons nodig het, te herwin. Geestelike gesag is uiters belangrik om oor ons slegte gewoontes en die werking van boosheid in en om ons te heers.
Adam en Eva het hulleself uit die wil van God EN uit sy Teenwoordigheid geëet. Hulle moes wegkruip van al die wonder en prag wat hulle in ‘n perfekte wêreld geniet het, net oor iets wat hulle geëet het.
Ons dink eerste en veral aan seksuele sondes wanneer ons oor Sodom en Gomorra lees, maar in Esegiël (16:49-50) lees ons die volgende:
Kyk, dít was die sondeskuld van jou suster Sodom – hoogmoed, ‘n oormaat kos en sorgelose rustigheid was haar en haar dogters se deel, maar hulle het die hand van magteloses en behoeftiges nie versterk nie. Hulle was hovaardig en het afstootlike dinge in my teenwoordigheid gedoen. Ek het hulle verwyder toe Ek dit sien.
Trots, volheid van kos en ‘n oorvloed van ledigheid sonder omgee vir die behoeftiges: Trots is ‘n gebrek aan gebed, volheid van kos en luiheid is die grondslag van vraatsug, die sonde van oormatige bederf – ‘n gebrek aan vas om op God te fokus en onverskilligheid teenoor die armes is ‘n gebrek aan gee. Die gebrek aan al drie hierdie geestelike dissiplines het tot oordeel (die gevolg van sonde) en uiteindelike vernietiging gelei.
Kos het geheers in die geboortereg-verhaal van Esau, toe hy sy geboortereg vir kits-bevrediging van honger, “verkoop” het. Elke persoon kan skuldig wees aan hierdie reeks gebeure. Trots en die houding van hoogmoed dat sy broer onmiddellik vir hom moes voorsien, het sy sin vir wat belangrik is, verdoof. Sy sonde was nie soseer die eet nie, maar die onderbewustelike, die ondeurdagte, die minagting en gebrek aan waardering vir die seën in die voorsiening van sy behoeftes. Hy het dit oppervlakkig hanteer; dit ligsinnig en dwaas weggegee het. Die Bybel sê hy het sy geboortereg verag. (Genesis 25:34) So ‘n ernstige beskuldiging net vir kos? Dit is ‘n illustrasie van die woord: entitlement = ‘n groteske gevoel van aanspraak
Is daar geestelike seëninge wat aan ons toegewys is wat ons nie sien of in ag neem terwyl ons ons honger weg eet nie? Die vrees vir honger is iets om gereeld te onderwerp en te onderdruk.
Sien toe dat niemand die genade van God verspeel nie, sodat geen wortel van bitterheid opskiet, en moeilikheid veroorsaak, en baie daardeur besoedel word nie; ook dat niemand sedeloos of goddeloos optree, soos Esau nie – hy wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg prysgegee het. Julle weet immers dat, toe hy hierna die seën wou beërf, hy afgewys is, want hy kon nie ‘n weg vind tot gesindheidsverandering nie – alhoewel hy dit met trane gesoek het. (Hebreërs 12:15-17)
Eet het die dubbele funksie – heeltemal die teenoorgestelde van mekaar. Ons eet om met God gevul te word – dankbaarheid by elke maaltyd en by die Nagmaal en ons eet om ons sintuie te verdof vir die beloftes van God sodat ons onbedagsaam teenoor die heiligheid van God in geestelike swakheid verval.
In die woestyn, simbolies die plek van beskerming en voorsiening, het God op elke moontlike manier vir die volk van Israel voorsien. Hulle klere en skoene het nie verslyt nie en hul liggame was gesond met die kos wat Hy voorsien het. Tog het hulle gesmag na die kos van Egipte. (Numeri 11:4-7)
God het hulle met hul begeerte oorstroom totdat hulle dit nie meer kon vat nie en gesterf het. Die plek word genoem: die Grafte van Gulsiges (Kibroth Hattaavah – Numeri 11:34). Kos het hulle uit die Beloofde Land gehou.
Moenie gesag in jou lewe aan kos prysgee nie. Neem die gesag wat jy nodig het om geestelik te floreer, terug met vas.
Dit geld vir kos, maar ook vir enige ander ding wat jou van geestelike oorwinning en innerlike vreugde weerhou. Ek weet kos is vir sommige mense nie belangrik nie. Hulle is tevrede met ‘n spartaanagtige spens. Die Spartane (antieke Griekse stad) was bekend dat hulle enige soort luuksheid en oorvloed versmaai het. Hulle het met die minimum in alle opsigte klaargekom.
Suksesverhale
Die opdrag van sy lippe – daaraan het ek my nie onttrek nie; in die vou van my kleed het ek die woorde uit sy mond in bewaring gehou. (Job 23:12)
Die Bybel stop nie by die dwaashede en vraatsugte nie – prys die Here!
Ons het ongelooflike suksesverhale om uit te put, wat ons inspireer om King Stomach te onttroon (soos Jentezen Franklin in sy boek oor Vas sê – aanbevole leesstof).
Moses het die Tien Gebooie ontvang tydens ‘n 40-dae vas op Berg Sinai. (Eksodus 34:27-28).
Toe Hamman die Jode met uitwissing dreig, het Esther haar mense in ‘n drie-dae vas opgeroep. Die verloop van die geskiedenis is verander en elke bose plan is gefrustreer en in seën verander.
Hannah het vir ‘n kind gebid – gehuil en nie geëet nie. (1 Samuel 1:7) ‘n Uitstaande figuur en leier in die geskiedenis van Israel is gebore, om die mense deur baie onstuimige, sondige en bose tye te lei, baie soos nou.
Ander voorbeelde is die hele nasie Juda onder Josafat, Esra wat uit ballingskap kom om aanbidding in Jerusalem te hervestig, die mense van Nineve nadat hulle Jona se prediking gehoor het, Nehemia, Dawid en ook Anna in die Nuwe Testament. Jesus self het ná sy doop gevas in die tyd in die woestyn.
Al hierdie was verskillend in lengte en metode.
Josua het 40 dae vas, Daniël was op ‘n 21-dae gedeeltelike vas. Paulus skryf oor twee – een vir drie dae en een vir 14. Petrus het drie dae gevas toe hy die droom oor die onrein kos gehad het.
Drie tipes vas word in die Bybel genoem – absoluut, gedeeltelik en normaal. Absoluut is geen kos en geen water nie – die mense en diere van Nineve in Jona 3:7. ‘n Normale vas sou water insluit – baie. ‘n Gedeeltelike vas is om sekere kos uit te skakel en vir sekere tydperke een of twee maaltye per dag te vas vir die aantal dae of weke wat net jy en die Heilige Gees bepaal.
Daniël het “die koning se lekkernye” tien dae lank uitgesny, later 21 dae met brood en water. (Daniël 10) Wat jy ook al in gebed besluit, sal die doeltreffendste vir jou wees.
As jy moet vas om gesondheidsredes, moenie dit sonder die Here doen nie. Maak alles oor God en jou toewyding aan Hom. Hy wil nie hê jy moet jouself genees nie – Hy is aktief betrokke by ons lewens.
Moenie toelaat dat die goeie wat daar by julle is, ‘n slegte naam kry nie. Die •koninkryk van God is tog nie ‘n saak van kos en drank nie, maar van •geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Moenie ter wille van kos die werk van God tot niet maak nie. Alles is rein, maar dit is verkeerd om aanstoot te gee deur wat jy eet. Dit is goed om nie vleis te eet of wyn te drink, of enigiets te doen wat jou broer laat struikel nie. (Romeine 14:16, 17, 20, 21)
Vas is ‘n reiniging van die liggaam. Dit is jou verantwoordelikheid om dit ook ‘n suiwering van die siel te maak. Die doel van vas behoort presies dit te wees. Dit help nie om allerhande aktiwiteite aan te gaan om nie honger te voel nie, besig te bly, TV kyk net om die tyd te laat verbygaan. Die doel moet wees om tyd vry te maak vir gebed en meditasie.
Wat jy ook al doen en wat jy ook al besluit – wy jou liggaam en siel aan die Here toe. Die belofte is dat Hy jou altyd help. Uit my eie ervaring – ek kan dit nie alleen doen nie. Ek moet hulp vra en die dag of dae aan Hom wy met bewuste fokus op die Woord. Die ervaring dat Hy wel betrokke is en help om jou voorneme deur te voer, is prysloos kosbaar.
Dit het dikwels gebeur tydens vas oor groot besluite dat die antwoord in die Woord of in gedagte binne die eerste uur van gebed gekom het. Die res van die tyd was ‘n tyd van lof en aanbidding, om dankbaarheid uit te druk en eindig wanneer die Goddelike bevryding kom – wanneer ‘n mens God vra om jou te help besluit hoe en wanneer om te eindig.
Ek sou ook een voorstel maak wat ek dink wel belangrik is. Die meeste lering oor vas beveel aan dat mens aan iemand verantwoording moet doen om jou te help om deur te druk. Vir my is vas ‘n wonderlik “geheim” tussen my en die Here. Ek maak op Hom staat om my te lei om te begin, te weet hoe en wanneer en hoe lank. Volgens Matteus 6 is dit ook iets wat nie deur die mense gesien moet word nie.
Jou sukses of mislukking is tussen jou en Hom, die liefdevolle, simpatieke inwonende Jesus. Moenie self-veroordeling toelaat nie en verseker nie die skor stem van aanklag van die bose wat jou mislukking EN sukses vir jou ‘n struikelblok sal maak nie. Hou jou oog op Jesus die Leidsman (Outeur) en Voleinder van ons geloof. (Hebreërs 12:2)