352. Goeie nuus

[Openbaring 19]

‘n Paar dekades gelede het Coke ‘n aangrypende kenwysie vir hulle televisie-advertensie gehad. Hulle het mense van verskillende etniese groepe laat saamstaan en sing: I’d like to teach the world to sing, in perfect harmony. Ek kan my gevoel, as ek na die liedjie geluister het, goed onthou. Dit het gevoel asof dit presies was wat die wêreld nodig het en as dit bereik kon word, sou dit die wonderlikste ding wees. Ek voel dieselfde as ek die refrein van Openbaring 19 lees.

Die verhaal van die toring van Babel in Genesis 11 is inderdaad een van die vreemde verhale van die Bybel. Die mense van die aarde kom na die vloed bymekaar en beplan ‘n toring. Die hoofstuk sê dat hulle een taal gehad het. Hulle wil iets manjifiek bou om naam vir hulself te maak – is dit nie goed nie? 

Tog sou die eenheid wat deur taal verkry word, ongelooflike krag moontlik gemaak het. God self het gesê dat niks vir hulle onmoontlik sou wees nie. Hy verwar die spraak by Babel en die mense verstrooi om die aarde te vul soos Hy oorspronklik bedoel het, hulle na die vloed moes doen.

Eeue later verenig ‘n wonderwerk van spraak ‘n groep van Jesus se volgelinge vir wie niks onmoontlik sou wees nie. Op Pinksterdag gebruik God taal om Sy kerk te vestig en daardie bekeerlinge die krag te gee wat uit eenheid kom. Die gawe van tale is een van die gawes van die Heilige Gees, wat deur Hom toegeken moet word soos nodig (1 Korintiërs 12:4-11).

Dit is ons “Kerk van Christus”-taal, maar wat van die tale van hierdie wêreld, wat so moeilik is om te oorkom. Oor baie eeue, selfs voordat televisie en digitale media ‘n rewolusie in wêreldwye kommunikasie meegebring het, was sommige woorde tot vandag toe in enige taal herkenbaar.

Hoofstuk 19 het die dubbele tema van die beloning van die heiliges en die vernietiging van hul vyande wat deur die sewende trompet aangekondig word.  (11:15-19) Ons sien dit in die drievoudige beskrywing net soos die trompet: beskrywing van gelowiges, aanvang van God se heerskappy en die gedreun van donderweer.

Halleluja in die hemel

1Hierna het ek ‘n harde klank gehoor, soos ‘n groot skare, wat in die hemel jubel:

“Halleluja! 

Die verlossing, die heerlikheid

en die krag behoort aan ons God!

2Waar en regverdig is sy oordele, 

want Hy het die groot prostituut veroordeel,

sy wat die aarde met haar hoerery verlei het,

en Hy het die bloed van sy diensknegte

wat deur haar hand omgekom het, gewreek. ”

3’n Tweede keer het hulle uitgeroep:

“Halleluja!

Haar rook styg op, vir ewig en ewig. ”

4Die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het neergeval, en God wat op die troon sit, aanbid en gesê:

“•Amen! Halleluja!”

Bruilofsfees van die Lam

5En ‘n stem het vanaf die troon gekom wat sê:

“Loof ons God,

julle wat vir Hom ontsag het,

al sy diensknegte –

geringes en magtiges. ”

6En ek het iets gehoor soos die klank van ‘n groot skare, en soos die klank van baie waters, en soos die klank van swaar donderslae wat uitroep:

“Halleluja!

Die Here, ons God, die Almagtige, 

het sy koningskap opgeneem.

Na hierdie dinge/ hierna – ‘n nuwe aspek van die visie.

Die woord Halleluja (‘n Griekse transliterasie van die Hebreeuse woord = loof die Here) is welbekend aan die eenvoudigste persoon en goed gevestig in elke taal, met ‘n paar geringe variasies. Die negentiende hoofstuk van Openbaring begin met die sing van ‘n loflied van ontsagwekkende afmetings. God se oordeel, wat in die vorige hoofstukke beskryf is, verskaf vreugde vir ons. Daar is blydskap in regverdiging  – die bevestiging van wat ons glo as waarheid en reg (vindication). Die menigtes wat genoem word, bestaan uit die engele (7:9) en die martelare (5:11). Hier kom almal in ‘n magtige koor bymekaar om  lofpsalms aan die Allerhoogste te sing.

Halal beteken lof en Jah beteken Jahweh. Dit is die eerste frase in baie Psalms. Psalm 118 word die Hallel genoem. Elke Jood sou dit weet. Hier is ‘n stukkie AI-navorsing met my beklemtoning:

Hallelujah” isn’t literally in every language, but its Hebrew root (meaning “Praise Yahweh”) is recognized and used as a transliteration in nearly all languages worldwide, especially in religious contexts, often appearing as “Alleluia” in Latin/Greek traditions, demonstrating a universal expression of praise transcending specific tongues.

Hulle sing oor verlossing, heerlikheid en krag. In teenstelling met die Dier, bring God se wonderdade uitkoms. Verlossing bring dankbaarheid, glorie bring eerbied en krag bring ‘n besef van liefde en dus vertroue. Dit is die elemente van ware lofprysing.

Sonde moet geoordeel word. In die woorde van TS Kepler:

Die morele wet kan net so min verbreek word as die wet van swaartekrag; dit kan net geïllustreer word.

Oordeel is waar en regverdig en volmaak omdat:

  • God alleen ken alles, ook die innerlike wese van die mens.
  • Hy is rein en oordeel sonder vooroordeel.
  • Hy is wys en oordeel reg en geregtig met die gesag om dit toe te pas.

God verlaat nooit Sy eie nie. Die lof kom van die kerk, die 24 ouderlinge, (19:3-5) deur ‘n universele oproep.

God het die groot hoer geoordeel – vernietig – die finale oordeel oor die bose.  Sy oordele is waar. (Psalm 19:9).  Dit is die oordeel oor Babilon volgens Jeremia 51:25:  Kyk, Ek is teen julle, o verwoestende berg, wat die hele aarde verwoes.

Van jou hand – OT sê tipies dat die hand verlossende of onderdrukkende krag beteken.  God se hand red en die hoer se krag vernietig.  2 Konings 9:7 praat van die hand van Jesebel.

Die woorde herinner aan Jesaja 34:9-10, waar die oordeel oor Edom uitgespreek word. Rook styg vir ewig op. Die uitspraak is volledig. Die Kerk en die natuur kom bymekaar in lofprysing.  Die hoer sal nooit weer opstaan nie.  Die geneesde wond is ‘n parodie op die opstanding, maar in werklikheid is daar geen opstanding vir die bose nie – rus in die finale oordeel van boosheid met GEEN opstanding nie.

Die dienaars is die profete (10:7, 11:18 & 22:6) en die martelare (getuies) (7:3, 19:2). Hulle is deel van hierdie uitbarsting van jubelende lofgesang. Geringes en magtiges (19:5) is die Christene van alle intellektuele vermoëns en sosiale klasse en van alle stadiums van vordering in ‘n Christelike lewe. Die wonderlike fees van lofprysing is inklusief en verwelkomend, soos alles in die Evangelie.

Lof styg op uit die verlostes (19:6-8). Volgens Efesiërs 3:10 maak die kerk die veelvuldige wysheid van God bekend aan die owerhede en magte in die hemelse plekke. Dit is die doel van die kerk in die onsigbare.

Amen – ‘n woord van volle vertroue – deel van die lofprysing.

‘n Stem van die troon – heel moontlik dié van Christus. (6:6; 16:1,17)  Jesus staan as die groot verteenwoordiger van die Kerk – al die heiliges, wat hulle lof en blydskap bevestig.  Diensknegte (bondservants) – dien uit keuse, nie uit slawerny nie. (2:20; 7:3; 19:2; 22:3).

Die geluid is soos ‘n groot menigte, baie waters en die gedreun van donderweer. Dit kan nie geïgnoreer word nie. Dit kan vir baie skrikwekkend wees, maar dit is verwelkomend vir die deelnemers. Die klank van lof oorweldig alle ander klank in die heelal. Dit is die “geluid” van wonderwerke. Ons herken die klank. (1 Konings 18:41)

Onthou die ou liedjie:

I hear the voice of the Supernatural singer

Like only those who know Him can

In Matteus 5:12 gebruik Jesus die twee woorde chairein en agalian wat bly wees en uitermate bly wees beteken. Ons het reeds gepraat oor die gebruik van herhaling in die Hebreeuse taal, om te beklemtoon en memorisering te vergemaklik.

Die geluid van oorvloedige waters, baie waters – Esegiël 1:24 praat van die geraas van die vier gerubs en in Esegiël 43:2 word die geluid aan baie engele en hemelse heiliges toegeskryf.  Dit is inderdaad ‘n magtige koor.

Die Here regeer – God se koningskap is gevestig.  Dawid het Jerusalem verower. (Psalm 93:1; 96:10; 97:1; 1 Kronieke 16:31).  Die lof van die heiliges en hemelse leërskare is geheel en al gefokus op WIE God is en nie wat Hy gedoen het nie.  Lof is ook vir wat Hy doen, maar hier is die fokus duidelik.

Laat ons bly wees en jubel,

en aan Hom die heerlikheid gee,

want die •bruilofsfees van die Lam

het aangebreek,

en sy bruid het haar gereedgemaak.

8En sy is toegelaat om blink klere

van suiwer, fyn linne aan te trek.

Want dié linne is die regverdige dade van die heiliges. ”

9Toe sê die engel vir my:

“Skryf dit neer:

‘Gelukkig is hulle wat uitgenooi is

na die bruilofsfees van die Lam.’ ”

Hy het ook vir my gesê: “Hierdie woorde van God is waar.” 10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Maar hy sê vir my: “Moet dit nie doen nie! Ek is net ‘n mededienskneg saam met jou en jou broers wat die getuienis oor Jesus huldig. Aanbid God, want die getuienis oor Jesus is die gees van die profesie. ”

Die huweliksfees van die Lam (19:7) dui op die intieme en hegte gemeenskap van Christus met Sy volgelinge, wat Hy met sy eie bloed gekoop het.  God het sy Seun en diegene wat hom volg, geregverdig.  Die onderdrukking van Babilon word gebruik om die geloof van die heiliges te louter sodat hulle die stad en die bruilofsmaal van die Lam kan binnegaan.

Die huwelik as ‘n hoë en gerespekteerde, ononderbroke verhouding is ‘n dinamiese beginsel van die koninkryk van God en ‘n tema regdeur die Bybel. Die profeet Hosea se lewe word geleef as ‘n simbool van die verhouding tussen God en Sy mense. 

In Hosea 2:18-19 belowe God sy getroue en ewige verhouding met Sy volk.

Ek gaan My vir altyd aan jou verloof;

Ek gaan My aan jou verloof, met reg en geregtigheid,

met troue liefde en ontferming as bruidsprys. 

Ek gaan My in trou aan jou verloof, en jy sal die Here erken.

Hy verklaar deur Sy profeet Jesaja dat ons Skepper ons man (trouman = husband) is (Jesaja 54:5). Esegiël 16:1-63 verduidelik ‘n wonderlike aksie van God – om uit te reik in verhouding. Dit word in die fynste besonderhede beskryf om hoop te vestig en ons volle vertroue in die blywende liefde van God aan te moedig.

Die almagtige God (19:6-8) word beskryf as pantokrator, wat impliseer dat Hy beheer oor alle dinge het. Hierdie frase is algemeen in Openbaring en word slegs een keer op ‘n ander plek in die Nuwe Testament gebruik (2 Korintiërs 6:18). God is almagtig en wat die lewe ook al bring, in Hom kan ons net seëvier, nooit misluk nie.

Die Nuwe Testament is vol verwysings na bruilofsfeeste en God se besondere siening oor die huwelik. (Matteus 22:2, 10-11, 25:1, Markus 2:19, Johannes 3:29, 2 Korintiërs 11:2, Efesiërs 5:21-33.)  Die fyn linne, helder en skoon, is die regverdige dade van die heiliges.  Dit is ook verbind met die getuienis van Jesus – om van Sy Naam te getuig op dieselfde manier as wat dit op ander plekke in Openbaring genoem word. (1:2,9; 6:9; 11:7; 12:11,17; 20:4)

‘n Teologiese spanning word geskep – die Bruid berei hier klere voor en aan die ander kant word haar klere gegee – wat ‘n getransformeerde lewe as ‘n reaksie op die regverdigmaking van God, voorstel. (Jesaja 61:10).

Ek verheug my grootliks in die Here; my hele wese juig oor my God.

Want Hy het vir my klere van verlossing aangetrek, ‘n mantel van geregtigheid het Hy my omgehang, asof ek ‘n bruidegom is, soos ‘n priester met ‘n tulband, soos ‘n bruid met haar versierings.

Wit klere is altyd ‘n gawe van God – nie verdien nie – ‘n gevolg van beproefde geloof.  Dit dien as ‘n beloning vir regverdige dade – om te kies om Jesus te volg in watter omstandighede ook al.

Daar is ‘n spanning tussen die Bruid in fyn linne en die hoer geklee in linne wat ‘n beker gruwel vashou – onregverdige dade. (17:4; 18:5,16)  Die linne wat deur die hoer gedra word, is ‘n poging om die priesterskap vir haarself toe te eien – wat Babilon met die ware Bruid kontrasteer.  Daar word beslag gelê op die klere van die korporatiewe kerk.  Christus self sal beheer wie die Koninkryk binnegaan – dit is hulle wat geklee is in die klere wat Hy gee.

Die regverdige dade van die heiliges (ons word daardeur bedek – ‘n kleed) is ons reaksie op die geregtigheid van Christus – die gevolg van voortdurende vertroue in die Beloftes van God.  

Ja, soos die grond sy plante voortbring en ‘n tuin sy saailinge laat uitspruit,

so sal my Heer, die Here geregtigheid en lof laat uitspruit voor al die nasies.  (Jesaja 61:11).

Een groot waarheid kom na vore: ‘n liefdelose huwelik is onmoontlik. Die intieme gemeenskap van die huwelik om een vlees te word, is onmoontlik sonder liefde. Met liefde is dit ‘n vreugde. Getrouheid impliseer lojaliteit.

Die aanbidding by die Messiaanse feesmaal (19:9-10) weerklink met die lang tradisie en verwagting van die Messias.

 Die Here, Heerser oor alle magte, sal op hierdie berg vir al die volke

‘n feesmaal van ryk geregte voorberei, ‘n feesmaal met beleë wyn,

met ryk geregte vol murg, met gesuiwerde, beleë wyn. (Jesaja 25:6).

Jesus sien daarna uit om saam met al die helde van die geloof by die bruilofsfees te gaan sit wanneer hy in Matteus 8:11 sê:

En Ek sê vir julle: Baie sal uit die ooste en die weste kom en saam met Abraham, Isak en Jakob in die koninkryk van die hemele gaan sit.

Dit is die verstommende werklikheid van die onsigbare Koninkryk wat Jesus op die aarde kom bevestig het. Nou kan ons gaan sit in die teenwoordigheid van die Vader deur die Kruis. (Psalm 23 & Openbaring 3:20)

Die Een wat op die troon sit, sal sy Tabernakel (word vertaal met takskerm wat nie duidelik maak dat dit Sy teenwoordigheid, Sy woonplek is nie) oor hulle uitsprei.  Dit praat van intieme gemeenskap in die teenwoordigheid van God.

…sal die Here oor die hele gebied van die berg Sion en oor die byeenkoms by Sion bedags ‘n wolk skep, en snags rook en die glans van vuurvlamme. Ja, oor alles wat luisterryk is, sal dit ‘n gewelf vorm. ‘n Takskerm sal dit bedags wees as skaduwee teen die hitte, en ‘n skuilplek en beskutting teen stortbuie en reën.. (Jesaja 4:5-6).

Johannes skryf:

En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Maar hy sê vir my: “Sorg dat jy dit nie doen nie! Ek is jou mededienskneg en van jou broers wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God! Want die getuienis van Jesus is die gees van profesie.”

Johannes het die engel misgis met ‘n goddelike figuur wat aanbidding waardig is. (1:13-16; 10:1-3)  Dit wys net weer hoe maklik ons in afgodediens kan verval.

Ons kan nooit die boodskapper aanbid nie. Aanbidding is vir God alleen. Die engel is net ‘n dienskneg. Engele het ‘n belangrike rol in Judaïsme gespeel, maar kan nooit God vervang of as ‘n bemiddelaar gebruik word nie.

Dit is hoe ons die gees van profesie toets. Die ware profeet sal Jesus altyd in die middel van almal en alles plaas. Die profeet kan nie praat voordat hy van Christus self gehoor het nie.

Die engelwesens en die heiliges op aarde is almal mededienaars in hul profetiese rol om van die waarheid van Jesus te getuig.  Profete is nie net vir ‘n spesifieke rol nie.  Hier in Openbaring word die profetiese rol van die hele kerk geïmpliseer. (11:3,6,10)

11Toe het ek gesien dat die hemel geopen is. En kyk, daar was ‘n wit perd! Hy wat daarop sit, word getrou en waar genoem, en met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12Sy oë was soos ‘n vlammende vuur, en op sy kop was daar baie krone. En Hy dra ‘n geskrewe Naam, wat niemand ken nie, behalwe net Hy self. 13Hy het klere aan wat met bloed deurweek is, en sy Naam is Die Woord van God. 14Toe het die leërs wat in die hemel is, geklee in blink klere van suiwer, fyn linne, Hom op wit perde gevolg. 15Uit sy mond het ‘n vlymskerp swaard gekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer. Hy sal ook self die parskuip van die geweldige toorn van God, die Almagtige, trap. 16Op sy klere, by sy heup, is ‘n Naam geskryf: “Koning van die konings, en Heerser van die heersers”.

Johannes het die hemel geopen gesien – ‘n ander visioen begin.

Die mees dramatiese oomblik van hierdie hele boek is die intog van Christus op die wit perd.

Wit praat van reinheid en die beloning vir reinheid.

Sy name is getrou en waar, die oorwinnaar en die regverdigmaker.  Hy word beskryf volgens die Joodse beeld van die kryger-Messias. Dit was algemeen om ‘n Romeinse generaal op ‘n wit perd te sien ry wanneer hy die oorwinning gevier het.

GETROU beteken om ten volle vertrou te word. WAAR beteken die bron van waarheid en werklikheid in teenstelling met ‘n illusie.  Hy is waardig om die regstryd oor die bose in sy regverdige oordeel te voer.

Daar kan geen verdraaiing van geregtigheid wees nie, want Hy is regverdig. Daar is so ‘n behoefte daaraan – toe en nou. Hy is die uiteindelike Regter in ‘n hemelse geregshof oor die werke en geregtigheid van Sy eie Seun en nie deur mag op die slagveld nie. Dit is ‘n dieper geregtigheid as wat die wêreld ooit sou kon bewerkstellig. 

Lank gelede was daar skerp debat in Middeleeuse Engeland, lank voor die Magna Carta in 1215. Reg is mag teenoor mag is reg. Die wêreld sukkel om geregtigheid regverdig en waar te maak.

Sy oë soos vlamme van vuur, wat verterende krag uitbeeld en alwetendheid, wysheid en ewigheid simboliseer. Vuur is simbolies van die Heilige Gees wat oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel – God se asem.  Christus staan tussen die kerke (die kandelaars) om die kerke te oordeel.  Hy skei die afvallige kerk van die ware volgelinge van die Lam.  Daniël (10:6) beskryf die Seun van die mens met oë soos vlammende fakkels.  Dit is ‘n hemelse wese wat soos ‘n mens lyk.

Hy word gekroon met baie krone, koninklik sowel as seëvierend (diadema & stephanos). Baie krone in Hebreeus beteken AL die krone – sonder getal.  Die krone op die kop van die draak is genommer, maar baie impliseer sonder getal – ‘n ongedefinieerde veelvoud.

Dit was algemeen dat ‘n monarg die krone van die verowerde lande gedra het. Jesus is Here van alle aardse koninkryke; meer as dié van die draak.

Christene dra ook krone as ‘n beloning vir hul geloof. (2:10; 3:11; 4:4) Sien  Bodemklippe 282.

Sy Naam is geheim: Die HERE is so heilig dat dit nie uitgespreek word nie. Slegs die konsonante spel Sy naam uit. God in Sy volheid kan nie aan ons geopenbaar word voordat ons gereed is nie. Sy naam is kragtig en die afsetgebied van wonderwerke wanneer ons bid. (Jesaja 62:2-3; 63:1-3 – oor die nuwe naam van Jerusalem wat ‘n diadeem en ‘n kroon ontvang.)

Yahweh verwys na die verbondsverhouding van God met Israel.  Sy naam is geskryf om duidelik onderskei te word van die godslasterlike name van die hoer en die draak.  Die naam van ons God is ook op ons koppe geskryf – die seël van God. (Openbaring 7:1-3).

Die raaisel (misterie) is nie om die naam geheim te hou nie, maar om die geopenbaarde naam in sy volheid te ken.  Die raaisel word onthul.  Niemand sal weet nie, behalwe die WARE gelowiges.  (Efesiërs 3)

Jesus het alle bekende en aanvaarde tradisie oor gebed omver gegooi, toe Hy Sy dissipels geleer het om God Vader te noem, eintlik ‘n baie warm en bekende “pappa”. Jesus het vir ons Sy naam gegee om oor en vir enigiets te bid.

En op daardie dag sal julle My niks meer vra nie. Amen, amen, Ek sê vir julle: Wat julle die Vader in my Naam vra, sal Hy aan julle gee.  (Johannes 16:23).

Daar is soveel meer aan God as wat ons in hierdie bedeling weet of kan verstaan. Jesus is die openbaring aan ons van wat God is en wat ons nou moet weet. Dit is genoeg om elke knie te laat buig. (Filippense 2:5-11

Ons ken God se naam – sy naam is Jesus.  Hy is die openbaring van wie God is.  Sy Naam kan slegs geopenbaar word as gevolg van Sy eie openbaringsaksie.  God openbaar Homself aan die wêreld.

Om te ken het in die OT beteken om beheer oor die persoon te hê en sy karakter te deel. Christus is soewerein oor die mensdom se ervaringstoegang tot die ware begrip van sy karakter.  Ons kom in verhouding sodat die volle omvang van die krag van sy Naam geopenbaar kan word. (Matteus 16:16-17;  Lukas 10:22).

God openbaar sy karakter (naam) van genade en geregtigheid wanneer Hy sy Beloftes aan sy volgelinge uitvoer.

Openbaring 19:12 en 2:17 is verbind en sluit ook aan by Jesaja 61:2-3 en 65:15.

Die hemelse Christus het mag oor die dood – Hy is nie die doodgemaakte een nie. (Jesaja 63:1-3).

Hy was geklee met ‘n kleed wat in bloed gedoop  was (19:13)

Waarom is jou klere rooi en jou klere soos iemand wat in die wynpers trap? (Jesaja 63:1-3).

Sommige kommentators is van mening dat dit die bloed van die vyande van die kerk is. Sommige sê dit is Sy eie bloed. Sy bloed is vergiet vir sonde. Dit is oor die kerk. Hy neem dit nooit terug nie, maar dit kan simbolies wees van die bloed wat vir ons vergiet word.

Die ysterstaaf beeld fermheid uit, nie tirannie nie. Die swaard uit Sy mond is tweesnydend soos uitgedruk in Jesaja 11:4:

Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond, en met die asem van sy lippe sal Hy die goddelose doodmaak.

[Sien ook Psalm 23 – stok en staf – rod and staff.]

Sy naam is: die Woord van God presies soos dit in die eerste hoofstuk van Johannes se Evangelie beskryf word. Vir ‘n Jood is woorde nie net ‘n klank nie, dit impliseer aksie. Woorde is ‘n eenheid van energie wat met krag belaai is.

‘n Voorbeeld is die seën oor Jakob van sy vader Isak wat nie omgekeer kon word nie. Dit was energie wat reeds in aksie was. (Genesis 27). God se woord is ‘n hamer wat die rots breek, sê Jeremia 23:29. God se woorde skep. Woorde voer die gebod van God uit.

God se Woord is die getuienis van Jesus.  God word geopenbaar in die lewe en dade, dood en opstanding van Jesus.

Sy naam is op sy bobeen (sy) geskryf – waar hulle hul hand geplaas het om ‘n eed te sweer en die tipiese plek vir die vegter se swaard.  (Eksodus 32:27; Rigters 3:16,21; Psalm 45:3).

Sy naam is Koning van die konings en Here van die here – Daniël 4:37 – Nebukadneser het verkeerdelik die titel vir homself geneem.  Jesus sal met die geestelike Babilon en sy konings afreken.

God se toorn (19:14-16) is ‘n skrille kontras met die bruilofsfees. (Jesaja 63:2-6).  

Die leërs van die hemel word deur Jesus in Matteus 26:53 genoem. Hy het hulle tot Sy beskikking gehad.

Hy sal self die druiwe van God se toorn vertrap in die wynpers van die skrikwekkende oordele van God. Hulle vyande is dronk van hul ondergang. Sy naam is op Sy bobeen geskryf waar dit vir almal sigbaar sal wees. Hebreeuse tradisie herhaal om te beklemtoon.

En ek het een engel in die son sien staan. Hy het met ‘n kragtige stem uitgeroep, en aan al die voëls wat hoog in die lug rondvlieg, gesê: “Kom hierheen, trek saam na die groot feesmaal van God, 18om die vleis van die konings en die vleis van die chiliarge [‘n militêre bevelvoerder van ‘n duisend soldate] te eet, die vleis van magtiges en die vleis van perde en hulle ruiters, die vleis van almal – vry mense sowel as slawe, geringes sowel as magtiges.” 19En ek het gesien dat die dier en die konings van die aarde met hulle leërs saamgetrek het om oorlog te maak teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. 20Die dier is toe gevang, en saam met hom ook die vals profeet, wat in sy teenwoordigheid die tekens gedoen het, waardeur hy die mense mislei het wat die merk van die dier dra en sy beeld aanbid. Hulle twee is lewendig in die vuurpoel met brandende swael gegooi. 21Die res van die mense is doodgemaak met die swaard wat gekom het uit die mond van die Een wat op die perd sit. En al die voëls het hulle versadig gevreet aan hulle vleis. 

Die ondergang van die Christus se vyande (19:17-21) word in die laaste verse van die hoofstuk uitgebeeld.  Konings, bevelvoerders, magtige manne, heersers  – die volledige hiërargie van die ryk van die bose en almal wat hulle volg. (Kolossense 1:16)

Die voëls word genooi om te smul aan die vlees van die dier en sy kohorte. Dit herinner aan die beskrywing in Esegiël 39:17-19 van die slagting van Gog en Magog.  Die fees is ‘n parodie op die bruilofsfees van die Lam.  Gog en Magog (konings van die bose) is nie-letterlik soos die  arend wat praat in 8:13.  Almal wat met die Lam identifiseer, word van hierdie oordeel gered.

Na die stryd van die voëls vind die laaste oordeel plaas – ‘n finale afrekening van alle kwaad.

Sagaria 14:7 praat van die unieke dag van die Here wanneer lewende waters uit Jerusalem sal vloei.  Esegiël sê die water sal uit die tempel vloei. (47:1-12)  Wanneer ons glo sal strome van lewende water uit ons binneste vloei.  Ons is die Nuwe Jerusalem – die Kerk. (Johannes 7:38)

Daniël 7:10 – ‘n rivier van vuur van die Troon van God.  Die reinigende vuur van die Heilige Gees is ook die straf vir diegene wat geregtigheid verwerp.

Hulle sal in die poel van vuur gegooi word. Dit is die gevolg van sonde en boosheid. (Openbaring 20:14, Daniël 7:11) Dit is altyd deur die mens se eie keuses dat hy veroordeel word. God wil dat almal gered word. Die geweld van die lewe wat sonde meebring, is hel, selfs hier in hierdie realm.

Die poel van vuur is die oordeel van die Heilige Gees – Hy oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. (Johannes 16:8-11)  Sy oortuiging is die ewige verwyt van wat kon gewees het – ‘n geween en ‘n gekners van tande is die gevolg van selfverwyt oor verkeerde keuses.

Doodgemaak deur die swaard van sy mond – Jesaja 49:2 en 11:4; Matteus 25:41.

Die finale oordeel word voltrek deur die blote uitspraak van Christus se woorde.

“Dan sal Hy vir dié aan sy linkerhand sê, ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur, wat gereedgemaak is vir die duiwel en sy engele

Hier is die skakel na die Audio op Spotify:


Lewer kommentaar