95. Ek raai jou aan…

Die laaste kerk in die reeks van sewe, kry geen kompliment nie. Eintlik is dit ‘n skrikwekkende onderskeid om te maak. In ‘n gebroke, onvolmaakte wêreld is die verwagting om volmaak te wees, geweldig. Dit is duidelik uit die voorskrifte aan die ander kerke dat hulle nie as volmaak beskryf word nie, maar wel komplimenteer word. Tog sê Jesus self:

“Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.” (Matteus 5:48)

En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. (Jakobus 1:4)

 In hierdie twee verse word dieselfde woord vir perfek in Grieks gebruik naamlik teleioi. Die definisie daarvan is pragtig en bemoedigend, nie ‘n onbereikbare teiken nie. Dit dui op gehele genesing van tekortkominge en geestelike volwassenheid. Volmaaktheid in Christus is ‘n lewe van wysheid en kragtige besluite wat met hulp van die Heilige Gees die regte reaksie in moeilike omstandighede bepaal.

Laodicea – die louwarm kerk

Daar was soveel as ses stede met hierdie naam gedurende die eerste eeu nC. Hierdie Laodicea was belangrik as gevolg van sy ligging op die pad na die Ooste. Die stad het wydsbeen oor die hoofweg gelê. Reisigers het by die hek van Efese ingekom en by die hek van Sirië uitgegaan. Dit was bekend as ‘n bank en finansiële sentrum met ‘n aktiewe kommersiële lewe. Die inwoners was ryk genoeg om hulle eie stad te herbou na die aarbewing van 17nC. Hulle het geleef met die houding dat hulle nie God of Rome nodig het nie.

Die stad was bekend vir die vervaardiging van klere, veral pragtige, sagte, swart wol. Dit is veral gebruik vir die mantel wat oor ander klere gedra is en die trimita genoem is. Die klere was wonderlik, maar hulle was naak in God se oë.

Laodicea was ook ‘n mediese sentrum wat bekend was vir oogsalf. Oogbehandeling was skaars in die antieke tyd en blindheid het maklik ingetree by onbehandelde oogtoestande. Die oogspesialiste van Laodicea kon nie hulle geestelike blindheid behandel nie, wat nog diagnoseer.

Die woorde van die opgestane Jesus spreek tot die trots en welvaart van die inwoners. ‘n Groot hoeveelheid Jode het soveel geld vir tempelbelasting na Jerusalem gestuur, dat die goewerneur ‘n beperking op valuta wat uitgaan geplaas het. Na die regulasie in plek was het die Jode hulle tempelgeld in goud betaal, maar dit is as smokkelware beskou en in beslag geneem. Die Jode was welvarend en invloedryk.

Jesus is Amen, ‘n eenvoudige verklaring wat volgens Jesaja 65:16, die volle waarheid waarborg – die Naam van God wat getrou is. Dit is waarheid bo all twyfel, net soos Jesus altyd gesê het: Voorwaar, voorwaar (OAB) en in die NAB: Dit verseker ek julle. In Grieks is dit amen, ‘n woord wat so geliefd geword het, mens sou dink dit is oorspronklik Afrikaans. Dink vir ‘n oomblik hoe ‘n gebrek aan waarheid, dinge wat mens sonder voorbehoud op kan staatmaak, in die wêreld vandag is en juig in die waarheid van God se woord en Sy beloftes. Woorde wat jou toekoms uitbytel én waarborg – prys die Here.

Jesus is die getroue getuie. Die tipiese skryfstyl van herhaling in ‘n koeplet, sodat die hoorder kan onthou, word weer toegepas.

Jesus is die begin van die Skepping volgens Johannes 1:3. In Hom is alle dinge.

God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. (Kolossense 1:16)

Sonde en dood is die keuse van die mens. God is lewe en gee lewe. Hy skep en red.

In die buurdorp van Laodicea was warmwaterbronne. Die water is warm of koud gedrink en was helend van aard. Indien die water lou was het dit die mense letterlik naar gemaak. Die woorde wat gebruik is, het die uiterstes aandgedui: koud = psuchros – vriespunt en warm = zestos – kookpunt.

Dit is moeilik om deur te breek in die gemoed van onverskillige mense. Onverskilligheid – ‘n gehele gebrek aan oortuiging of passie – word dikwels aangedui as ‘n ysige houding. Die enigste deurbraak moontlik is in ‘n effektiewe, kragtige en veral liefdevolle kerk. Liefde oorkom al die hindernisse.

Dit is onmoontlik om neutraal teenoor Jesus te staan. Hy staan vir altyd in die geskiedenis van die mensdom om verwerp te word of aanvaar te word. Hy het ‘n naam wat almal ken en wat altyd reaksie uitlok. Tog is daar baie wat in Sy naam dinge doen, wat Hom nie ken nie. Die kerk is kragteloos sonder Jesus. Dis net ‘n lewe van aanbidding en ‘n warm, intieme verhouding met Hom, wat die antwoord vir onverskilligheid is.

Die oordeel is op die punt af, sonder om doekies om te draai.

Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. (Openbaring 3:17)

Die oplossing vir hierdie armoede en gebrokenheid is in die volgende versie. Goud wat deur vuur gelouter is, is die kosbare getuienis van redding en herstel in jou eie lewe. In die vuuroond van die lewe, loop die vierde man saam met jou en leer jy Hom in Sy wonderwerkende krag ken.

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings, sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Petrus 1:7)

Geld of goud kan nooit ons karakter verander nie. Dit is die liefdevolle inwerking van die Heilige Gees wat ons diepste wese aanraak en so ons denkpatrone rig.

Net so is dit sedert daardie eerste sonde, net die Here self wat ons naaktheid met onskuldige bloed bedek (Genesis 3:21). Dit is die klere wat Hy gee, wat ons aantrek vir die feesmaal van Sy voorsiening. ‘n Sondige lewe laat jou in die skande kom en ontbloot jou naaktheid voor die wêreld. Ons vernedering word deur Jesus self bedek en Sy herstel laat ons weer ons kop oplig om die lewe in die oë te kyk.

“When I passed by you again and looked upon you, indeed your time was the time of love; so I spread My wing over you and covered your nakedness. Yes, I swore an oath to you and entered into a covenant with you, and you became Mine,” says the Lord God. (Ezekiel 16:8, NKJV)

Die Here beklee ons met ‘n kleed van geregtigheid om ons waardig in Sy teenwoordigheid in te neem.

I will rejoice greatly in the Lord, My soul will exult in my God; For He has clothed me with garments of salvation, He has covered me with a robe of righteousness, as a bridegroom puts on a turban, and as a bride adorns herself with her jewels. (Isaiah 61:10)

Die kerk is waar mens toegerus word vir ‘n lewe in die Teenwoordigheid van die Here. Die gehele inhoud van Romeine en Galasiërs is daarop gemik om die kerk te reinig en voor te berei vir ‘n verhouding van volheid. Die Fariseërs het pragtige mantels gehad, maar was naak voor Jesus.

Put on the Lord Jesus Christ. (Romans 13:14)

… and have put on the new man who is renewed in knowledge according to the image of Him who created him (Colossians 3:10).

Alles in ons lewe is afhanklik van ons eie insig, met ander woorde hoe ons dit beskou. Geestelike oë, of begrip van die onsienlike, maak ‘n diep en blywende verskil in besluite en ek glo, selfs fisiese gesondheid wat die verloop van jou lewe bepaal. Net om leuens van waarheid te onderskei verg insig en is bepalend in jou werk, opvoeding en verhoudings.

Hoe mens kyk, hang van jou lewensbeskouing af. Hoor wat sê Paulus hieroor as hy blinde denke verduidelik:

But their minds were blinded. For until this day the same veil remains unlifted in the reading of the Old Testament, because the veil is taken away in Christ. (2 Corinthians 3:14)

Omstandighede kan jou verblind, sodat jy nie met insig kan kyk nie.

 Because of this our heart is faint; Because of these things our eyes grow dim; Lamentations 5:17

Sigh therefore, son of man, with a breaking heart, and sigh with bitterness before their eyes. Ezekiel 21:6

Bitterheid en onvergewensgesindheid maak jou blind. Jy kan eenvoudig nie gesonde verhoudings geniet of effektief werk nie.

In Jesus kry jy genesing, oogsalf. Jy sien die leuen, maar meer belangrik sien jy die uitkoms.

Die storie van Hagar in die woestyn is altyd vir my ‘n les. Sy het die woestyn ingevlug vol bitterheid en selfbejammering oor wat Sarah aan haar gedoen het. Soos ek die storie lees was haar lot heel onregverdig en Sarah was katterig en dislojaal. Hagar het rede vir hartseer gehad. Daar het sy in ‘n toestand van dors beland en haar kind eenkant gesit om nie te aanskou hoe hy van dors doodgaan nie. Vreeslik.

God wys haar die put met water – uitkoms. Ek is oortuig Hy het nie gou ‘n put geskep nie. Die put was daar. Hagar het dit nie gesien nie.

Lees gerus die storie in Genesis 16. Sy gee die put ‘n naam wat juis die feit onderskryf: Lagai-Roï.

U is ’n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien? (Genesis 16:13,14)

Ons belangrikste gebed is die gebed van die blinde man; ek weet ek het dit al dikwels gesê, maar ek vergeet dit nog – ai! Here, dat ek kan sien!

God se tugtiging, teregwysing, korreksie bring die vredevolle vrug van geregtigheid (Hebreërs 12). Ons is nooit onseker nie. Onthou: Hy IS liefde en kan niks doen as dit nie uit liefde gebore is nie. Hy sal ons deurdra met agapan, wat soos volg definieer word:

An unconquerable attitude of goodwill, which nothing can turn into hate or indifference.

Sy liefde word ook beskryf met philei: the dearest and tender affection.

Die straf, wat ons tog so bang is om oor te praat soos wat dit in Spreuke 3:12 geskryf is, is noodsaaklik vir ons om ons verkeerde pad raak te sien. Dit dwing ons om weer te besin en die fout te sien [elegchein in Grieks] en so ons lewenswyse fyner in te stel, sodat ons die seën kan geniet. Dit wat vir ons soos straf is, is die helder lig van Jesus op ons lewe wat sonde ontbloot en ons verkeerde denke transformeer.

Dissipline is ‘n saak van vreugde. Efesiërs 4:17-19, Psalms 94:12, Job 5:17, Hebreërs 11:6-8,12. Dit is die druif wat in die wynpers onder druk is, waaruit die wyn gemaak word.

Jesus staan by die deur en klop. Hy is die perfekte heer wat nooit Homself inforseer nie. Die keuse is altyd vir ons om Hom nie in te laat nie. Die deurknop van jou hart sit aan die binnekant. Hy klop as die liefling van jou siel.

Geen ander godsdiens het die visie van ‘n god wat die mens opsoek nie.

 In die antieke tyd was ontbyt gejaag en middagete ‘n saamdra, kosblik-tipe ete. Die aandmaaltyd [deipnon ] was ‘n rustige familie byeenkoms om te praat en te geniet en die mees belangrike maaltyd van die dag. Dit is hier waar Jesus saam sit en die geselskap geniet.

Die loon vir die kerk is groots. ‘n Troon in die ooste was meer as ‘n sitplek, eerder ‘n bank, waar meerdere persone kon sit. Op daardie troon sal hierdie telerustellende kerk saam met Jesus sit! Is dit nie ‘n blye getuienis van herstel en seën nie?

Dis ons Jesus. Hy sal ons opsoek en bring by die Sy troon wat Hy met ons deel.

… and raised us up together, and made us sit together in the heavenly places in Christ Jesus. (Ephesians 2:6)

Afrikaans:

Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,

Dis nie vir eendag nie. Dis vir nou. Dis nie vir daar ver nie. Dis vir die onsienlike hier by jou met onmiddellike impak in jou lewe.

Neem jou plek in. Moenie in die rioolpype van die lewe wegkruip nie. Raak ontslae van die sonde, trek jou aan, kyk diep en sit aan by die feesmaal.

45. Sluitsteen-woorde – hoe lyk jou boog?

Ek kan my goed voorstel hoe die geboude boog lyk waardeur ek elke dag wil loop om my aan die genade in my lewe te herinner. ‘n Stewige struktuur van gekapte sandsteen, vasgemessel in die tuin van my lewe, oorgroei met ‘n gevestigde rankroos met die diepste pienk, pieringgroot blomme wat afhang sodat hulle geur my omring wanneer ek die woorde op die sluitsteen lees – GENADE. Daardie geur van genade moet aan my vaskleef soos wat ek aanstap.

Hoe is dit dan dat die sorge en begeertes van daaglikse pligte mens so gou van die rustigheid in die Tuin beroof? Hoe posisioneer ‘n mens homself om die genade daagliks bewustelik te ervaar? So maklik kry besig-wees en lewensverpligtinge die oorhand oor ons gedagtewêreld en aktiwiteite.

Die begrip genade beteken veel meer as net God se genade – Sy onverdiende guns oor ons. Dit sluit ons eie lewenswyse in. Die Hebreeuse woord: charis het ‘n wye aanwending. In die objektiewe sin beteken dit guns, plesier, vreugde, alles wat aangenaam is – ook die skoonheid en elegansie in ‘n persoon. Ek wil hier graag die Afrikaanse vertaling wat grace met grasie vertaal, so effens rek tot veel meer as bloot elegansie en goeie maniere in die konkrete sin. Grasie in gees en ingesteldheid, ‘n voortreflike en genadige lewensbeskouing is deel van die vrug van die Heilige Gees. Dit is ons ganse lewe wat deurdrenk van genade geleef word, sodat elke woord ‘n produk van genade word.

Hierin word ons sekerlik daagliks getoets. Luister fyn na mense se skerp veroordeling oor gebeure waarin ander mense se foute aan die algemene publiek se sin vir regverdigheid blootgelê word.

Ek is soms so skaam oor die blatante verlies van grasie in ‘n alledaagse situasie van frustrasie en ontsteltenis. Dis so belangrik om ‘n lewens-elegansie te behou, veral in ‘n situasie waar ‘n teen-intuitiewe ingesteldheid vereis word. ‘n Bewuswording van die algemene wreedheid van die lewe en pyn van mense rondom jou, wat daagliks jou pad kruis en jou vriendelik bedien, ruk jou siel tot stilstand. Sal jou houding van ongeduld en veeleisende hoë standaarde die toets van genade op die regbank van God deurstaan?

Ek lees in International New York TImes ‘n rubriek van ‘n Amerikaner wat in Parys gekuier het. Aan die begin van ‘n formele ete maak hy toe die sosiale faux pas(verskoon die uiters toepaslike Frans) deur sy tafelgenote bon appettit toe te wens. Dit is blykbaar heeltemal onaanvaarbaar om die internasionale maaltyd-wens in Frankryk te gebruik. Hy is ook onmiddellik reggehelp en kom drie kolomme later tot die gevolgtrekking dat so ‘n heftige reaksie op ‘n eenvoudige, onskuldige en goedbedoelde seënwens net die produk van ‘n klein gemoed en die totale verlies van sosiale grasie kan wees.

Is ons sosiale statusbewustheid en welvarende lewe ‘n struikelblok wanneer dit by die basiese essensie van ons alledaagse omgang in die gemeenskap kom? Net ‘n diep en blywende bewustheid van die genade wat ons lewe definieer, bring ons in die denkraamwerk waaruit ons genade oor ons medemens uitleef.

Klaagliedere 3:22

It is because of the Lord’s mercy and loving-kindness that we are not consumed, because His tender compassions fail not.

Dit is lewenselegansie – as jou liefdevolle omgee nooit faal nie.

Loof saam met my siel die Here en Sy heilige Naam, sodat ons geeneen van sy weldade vergeet nie. Hy wat al jou sonde vergewe en jou siekte genees…..

……wat jou lewe losgekoop het van vernietiging; wat jou kroon met goedheid en liefdevolle omgee; [Psalm 103:4]

Dit is deur die liefdevollge omgee van die Here wat ons lewe. Hoe sal ons dan met mekaar omgaan? Soos die Bybelwoordeboek verduidelik:

It is a two-way word and can be used of God and man. Of God, it certainly implies grace. Of man, it implies steadfast love to another human being or to God. It is often found in association with the word “covenant” and denotes the attitude of faithfulness, which both parties to a covenant should observe.

Hierdie definisie is vasgevang in die woord wat ons al goed ken: hessed [uitgespreek: gêsêd] wat genade, getrouheid, goedheid en geregtigheid beteken. [Sien Bodemklippe 35]

And become useful and helpful and kind to one another, tenderhearted (compassionate, understanding, loving-hearted), forgiving one another readily and freely, as God in Christ forgave you. Efesiërs 4:32AMP

Groot woorde! ‘n Direkte opdrag. Hoekom is dit nodig om vir Christene te beveel om vriendelik en goedhartig met mekaar te wees? Dit is omdat ons omgee faal in die aanslag van die alledaagse. Weer eens ‘n punt van oorgawe. Dit is nie uit jouself wat jou oë oopgaan vir die mense om jou se pyn en behoefte nie. Dit is nie sommer vansself dat jy vriendelik bly wanneer frustrasie, swak diens, swak standaarde jou lewensstyl bedreig en jou effektiwiteit verswak nie. Dit is nie nodig om swakker standaarde te aanvaar nie en ons moet in alle opsigte die effektiwiteit van alles om ons opbou en nie afbreek nie. Dit gaan net oor die manier waarop ons daarmee omgaan.

Genade is ons kenteken – ons logo. Dit is die enkel, grootste kenmerk van God bo alle ander gode van hierdie wêreld. ‘n Kenmerk van Jesus:

And the Child grew and became strong in spirit, filled with wisdom; and the grace (favor and spiritual blessing) of God was upon Him.[Lukas 2:40] AMP

And all spoke well of Him and marveled at the words of grace that came forth from His mouth; and they said, Is not this Joseph’sSon?[Lukas 4:22] AMP asof hulle nie kon glo Hy is ‘n gewone mens soos hulle nie. Genade is wat Hom as God onderskei het, lank voor Hy wonderwerke gedoen het.

Vines (Bybelwoordeboek) beskryf genade so:

…in this respect there is stress on its freeness and universality, its spontaneous character, as is the case of God’s redemptive mercy and the pleasure or joy He designs for its recipient, thus is set in contrast with debt, works and the law. [My beklemtoning]

Woorde is kragtig. Daarvan spreek die ganse Woord, van die eerste kragtige Skeppingswoorde in Genesis 1, tot die veroordeling wat Jesus aan die Kruis vasgenael het, tot by Jesus op die wit perd van Openbaring met die Sy naam: Die Woord van God. [Openbaring 19:13]

Spreuke sê dit duidelik: [18:21]

Death and life are in the power of the tongue, and they who indulge in it shall eat the fruit of it for death or life.

Hoe praat ons? Spreek ons lewe uit? Spreek ons gebede uit? Bring ons die goeie nuus? Spreek ons vergifnis en genade uit?

Jesus is gekenmerk aan Sy woorde van genade, wat in skerp kontras met die strengheid en engheid van die kerk van die tyd gestaan het. Deurgaans in Sy bediening het Hy vrygespreek, die oordeel ongeldig verklaar, gesond gemaak en sonde vergewe sonder verwyt. Hy het, presies soos Jesaja 61 voorspel het, die genadejaar van die Here aangekondig. Die uitstaande bewys hiervan is die paar woorde aan die moordenaar langs Hom aan die kruis, wat sonder seremonie die paradys saam met Jesus ingaan. Geen groot belydenis of kerkseremonies is vereis nie. Slegs die moordenaar se bewuswording van die Godheid van die mens langs hom in Sy donkerste en diepste vernedering, het genade laat seëvier. Onmiddellike vergifnis, volkome saligheid – dis my God!

Stap saam met my ‘n drafstap na ‘n storie in Konings van Hiskia se seun Manasse.

In die genadetyd van Hiskia – sy ekstra 15 jaar wat hy by God afpleit, het hy ‘n seun, Manasse. In 2 Konings 21 word 16 versies gewy aan die sonde van Manasse, te veel om op te noem. Vers 16:

Behalwe die sonde wat Manasse Juda laat doen het, wat verkeerd was in die oë van die Here, het Manasse ook nog baie onskuldige mense laat doodmaak. Jerusalem was van hoek tot kant vol bloed.

Slaan oor na 2 Kronieke 33. Daar is die opskrif van die hoofstuk: Die sonde van Manasse en sy berou. Weer volg die lys sondes. Vers 6 noem dat hy sy eie kinders aan afgode geoffer het, gruwelik verkeerd gedoen het en die Here uitgetart het. God het gepraat en hy het nie geluister nie. Vers 11:

Toe het die Here die leëraanvoerders van die koning van Assirië laat kom, hulle het Manasse gevange geneem, hake deur sy neus gesteek, hom geboei met bronskettings en hom Babel toe gevat.

Op hierdie punt moet ek erken daar is ‘n paar wêreldleiers wat ek dieselfde lot toewens.

En die volgende versie! Vers 12:

Toe dit met hom so sleg gaan, het hy die Here sy God om genade gesmeek, groot berou getoon voor die God van sy voorvaders en gebid. Die Here was hom genadig en het sy smeekgebede verhoor en hom laat terugkom na Jerusalem, na sy koningskap toe. Toe het Manasse geweet dat die Here God is.

My hele wese roep uit: verdelg hom Here! Maar hier moet ek buig voor die onbegryplike en oorweldigende genade van my God. God vergewe en herstel sy koningskap!

My reaksie: ek moet buig en onderwerp. Ek roep uit: wie is ek Here, om te veroordeel. Net God ken die hart. Net Hy kan besluit. Vergewe my voortvarenheid. Lees verder oor die skoonmaakproses in Juda en Manasse se hervormings.

My gebed: Ek wil wees soos Jesus! Jesaja 61:

The Spirit of the Lord God is upon me, because the Lord has anointed and qualified me to preach the Gospel of good tidings to the meek, the poor, and afflicted; He has sent me to bind up and heal the brokenhearted, to proclaim liberty to the physical and spiritual captives and the opening of the prison and of the eyes to those who are bound, To proclaim the acceptable year of the Lord, the year of His favor and the day of vengeance of our God, to comfort all who mourn…..

 

36. Struikelblokke en vastrapplekke

I cry out to God Most High, to God who fulfills his purpose for me.

(Psalm 57:2, ESV)

Ons het nog steeds die heerlike Tuin van Eden in gedagte. Kom ons dink vir ‘n oomblik globaal oor die hele geskiedenis van die mensdom. Daar in die begin staan die Skepper-God, die Vader, almagtig en geweldig, die sameroeper van die toneel wat die aardse geskiedenis beskryf, sentraal. Hy skep, Hy formeer die mens, Hy straf met die vloed, Hy red Noag, Hy roep Abraham en vestig die aartsvaders deur Sy belofte van Isak. Abraham word ‘n tipe van Homself by die berg Moria waar hy Isak moet offer. Die dispensasie van die Vader.

Daar op die berg waar Abraham sy seun op die altaar sit, vestig God die plek van die Seun, die Offerlam, die Belofte-kind uit ‘n wonderwerk gebore, die Middelaar, die Redder. Die ganse geskiedenis van die Ou Testament is ‘n voorbereiding van die verhoog waarop die inkernasie van die Seun moet plaasvind. Die profete roep dit uit, die aartsvaders verlang daarna, Job kla by God totdat hy die advokaat in die hemel “sien” (Job 19:25), Dawid sing daaroor, Jesaja (die singende profeet) sien sy geboorte in Betlehem (Jesaja 9) en Sy pyn en lyding by Golgotha (Jesaja 53). Die dispensasie van die Seun.

Jesus kom – gebore uit die onpretensieuse, gewoonheid van ‘n dorp iewers in Israel. Ons kyk in Desember se Bodemklippe na die betekenis van Nasaret en Betlehem, en die skokkende eenvoud van die Baba-Koning. Hy leef, Hy leer, Hy sterf, staan op en vaar op. Hy maak ‘n grootse en geweldige belofte – Ek sal julle nooit verlaat nie – die Heilige Gees sal in julle woon (Johannes 14:15-17).

Die dispensasie van die Heilige Gees.

Dis die dispensasie wat ons die voorreg het om in te leef. Die herstel van die Tuin, die kragtige manifestasie van die Teenwoordigheid van die Almagtige God, binne-in ons. Wat ‘n oorweldigende waarheid! Ons kan by God kuier en Hy by ons deur die inwoning van die Heilige Gees. Ons staan weer naak voor Hom in totale veiligheid. Hy bedek ons sonde en skande met die onskuldige bloed van die offer-Lam, Jesus. Ons neem ons plek in, met die keuse wat ons maak. Oorgegee en ingekoop met die offerbloed, deur die Kruis, sonder enige eie poging en stryd teen sonde.

MAAR, die slang is in die TUIN! Net soos toe, ook nou – weet dit en staan vas. Hy wil jou uit die Tuin hê.

Drie dinge wat jou uit die Tuin uitdryf:

Hierdie is die struikelblokke wat ons van seën beroof. Deur die Heilige Gees word dit die vastrapplekke wat ons herstel en die volle impak van seën van ‘n lewe van oorgawe laat verkry. Dis nie jou eie poging om nie te sondig nie – dis die oorgawe aan die leiding van die HG om jou te wys waar die swakheid is.

 

  1. Ongehoorsaamheid. Misleiding [deception] is die boosheid wat lei tot ongehoorsaamheid. Die leuens van die slang, wat die Woord verdraai en hoorsê teen jou gebruik. God het met Adam gepraat, Adam het met Eva gepraat. Eva het die opdrag op hoorsê gekry en die slang het geweet dat hy haar onsekerheid teen haar kan gebruik. Misleiding skep die indruk van waarheid en oortuiging. Uit misleiding kom ‘n verwronge beeld van God. ‘n God wat jou niks gun nie, wat die beste terughou, wat jou laat ly vir niks, wat jou nie ag nie. Die gevolg – jy val vir die leuen om self God te wees, om self te besluit wat is goed vir jou en jy eet jou uit die Tuin.

 

  1. Vrees, twyfel en ongeloof – hierdie drie is bloedfamilie van mekaar. Die een teer op die ander. Vrees verhef die probleem, wat tot gevolg het dat God se Woord en uitkoms in twyfel getrek word en nie meer geglo word nie. Vrees is geestelike boeie. Jy is lamgelê en moedeloos. Verwerp vrees en twyfel. Onderskei jou eie gedagtes en malende denke met die gawe van die Heilige Gees [1Korintiërs 12: 10]. Geloof is ‘n besluit en ‘n oorgawe aan die plan van God. Besluit om te glo en nie te vrees nie.

Now faith is the assurance, the confirmation and  title deed, of the things we hope for, being the proof of things we do not see and the conviction of their reality [faith perceiving as real fact what is not revealed to the senses].[Hebreërs 11:1.]

‘n Vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van dit wat ons nie sien nie.

 

  1. Afgode. Afgodery is die gevolg van jou eie wil in jou benadering tot God wat nie belyn is met Sy wil en Woord nie. Kolossense 3:5 en verder: Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle is: onsedelikheid (fornication of hoerery), onreinheid (slegte motiewe – gebruik jy dalk godsdiens vir joueie doel), wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodery is. Hy noem verder woede, haat, lelike taal en leuens. Hierdie dinge veroorsaak ongehoorsaamheid en weerhou die seën van die Here. Nie net dit nie – afgodery het sy eie gevolge. Die duiwel het vry hand oor jou. Jy is uit die Tuin, blootgestel en uitgelewer. Dis die slegste plek wat jy kan wees. Jy verwag God se seën, jy is dan Sy kind, maar jou keuses stel boosheid vry om jou geestelik dood te maak. Jy is op ‘n plek van moedelose vernedering, beroof van hoop en geloof, met min kans op ‘n wonderwerk. Jy word weggelok deur jou eie begeertes.

Hoe besluit jy oor afgode in jou lewe – volgens

1 Korintiërs 10: 14+15. Paulus het my gekomplimenteer toe hy sê:

Therefore my beloved, flee from idolatry. I speak as to wise men; judge for yourselves what I say.

Drie dinge wat jou plek herstel:

 

  1. Belydenis

Dis net jy wat jou lewe voor die Heilige Gees kan oopvlek en Hom vra om jou eie afgode aan jou te openbaar. Ander mense kan jou nie oordeel nie. Sonde is reeds so kragtig omdat dit geheim is. Slegs die Lig van Christus kan jou ontbloot en onthou Hy doen dit in volmaakte liefde. Moenie toelaat dat ander mense dit doen nie en moenie dit met ander mense doen nie.

Ps 62:8 Pour out your heart (nie vals gebede omdat dit reg klink nie)Trust in, lean on, rely on, and have confidence in Him at all times, you people; pour out your hearts before Him. God is a refuge for us (a fortress and a high tower).

Jy kan Hom vertrou met jou hart – eerlik, sonder pretensie. God veroordeel pretensie en voorgee in gebede. Hoor sy harde woorde aan die volk:

Take away from Me the noise of your songs, for I will not listen to the melody of your harps. But let justice run down like waters and righteousness as a mighty and ever-flowing stream.[ Amos 5:23 – 24]

Wat is ware, eerlike aanbidding? – Genesis 22:5 Isak word geoffer. Die aanbidding wat jy bring is jou kosbaarste. Abraham vertrou God so geheel dat hy noem die offer aanbidding en is oortuig dat hy EN Isak sal terugkom na die bediendes toe, al verstaan hy nie hoe dit gaan werk nie.

And Abraham said to his servants, Settle down and stay here with the donkey, and I and the young man will go yonder and worship and come again to you.

Eerlike aanbidding is ‘n lewe van gehoorsaamheid.

 

  1. Nederigheid maak gehoorsaamheid maklik. In Jesaja 57:15 sê God self Hy gee krag aan die nederiges – revive the spirit of the humble. Nederigheid het te doen met gehoorsaamheid aan God, algehele afhanklikheid van Hom en insig oor jouself. In nederigheid onderwerp ons aan God. Spreuke sê vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. (Spreuke 3:5) 2 Korintiërs 3:5:

There is nothing in us that allows us to claim that we are capable of doing this work. The capacity we have, comes from God.

Hoe sien jy jouself? Diep in Paulus se bediening noem hy homself die die minste onder die apostels (1 Korintiërs 15:9), later die minste onder die gereddes (Efesiërs 3:8), en laaste, soos sy openbaring van Jesus groter geword het, noem hy homself die grootste onder die sondaars (1 Timoteus 1:15). Dit is sy CV, sy “claim to fame”.

Wat is die loon van gehoorsaamheid? Johannes 14:19 en verder.

The person who has My commands and keeps them is the one who [really] loves Me; and whoever really loves Me will be loved by My Father, and I too will love him and will show (reveal, manifest) Myself to him. I will let Myself be clearly seen by him and make Myself real to him.

Sonder twyfel tuin-omstandighede, wanneer God Homself aan jou openbaar.

Jesaja 66:2:

But this is the man to whom I will look and have regard: he who is humble and of a broken or wounded spirit, and who trembles at My word and reveres My commands.

  1. Saam met nederigheid en gehoorsaamheid is vrees vir die Here . Wysheid begin met die vrees van die Here.

(Spreuke 15:33)

Vrees vir die Here bring jou op die plek waar jy die glorie ervaar.  Die regmatige plek van die Woord van God in jou lewe en ingesteldheid op die Stem van die Here, met die bedoeling om te gehoorsaam, is die vrees vir die Here.

Daarom kan ons vandag opsom en sê: Ons begeer die Tuin. Heilige Gees openbaar aan my, myself, sodat ek die volheid van God self kan kry.

Psalm 119: 37 – 38:

Turn away my eyes from looking at worthless things,
 and revive me in Your way. Establish Your word to Your servant,
 Who is devoted to fearing You.