312. Een woord

Dit is net soos ‘n kontrak.  Een van die vereistes van ‘n kontrak is wilsooreenstemming.  Twee partye moet ooreenstem oor ‘n sekere saak of toestand sodat hulle iets tot stand kan bring.  Om saam te wil is kragtig.  So ‘n besluit dat twee mense saamstem, met betrekking tot groot dinge of selfs baie klein dinge, is die aandrywer vir … More 312. Een woord

299.  Wees net

Wat sal ek doen?  ‘n Bekende uitroep van ons ou mensdom in swaar tye wat die vrees en moedeloosheid van ‘n onderstebo wêreld laat weerklink.  Dit staan lynreg teen die uitroep: wat moet ek doen, wat aksie veronderstel en eerder ‘n hoopvolle toekomsvisie weerspieël. Ons kan maar net om ons kyk om te sien dat die wêreld … More 299.  Wees net

277.  Voete wat vlieg

Kom ons vertoef nog ‘n bietjie by die profeet Habakuk se woorde van goud vir alle tye.  Habakuk skuif sy denk-horisonne van dreigende politiese omwenteling na ‘n hemelse perspektief met ewigheidswaarde wat sy  gemoed oplig tot ‘n vreugdevolle aanbiddingslied. In ’n paar woorde word die warrelwind van vreesgedagtes ‘n lied vir alle tye.  In sy gesprek met God … More 277.  Voete wat vlieg