128. Oowinning oor die hel.

Prayer is a plea for God’s ordained order to prevail above earthly powers. We can overthrow hell-power by prayer.

When we pray the Word of God we can have on earth what heaven had already decided on. [Jack Hayford]

Ons bid volgens Jesus se bevel:

Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit , sal in die hemel oopgesluit bly.” (Matteus 16:19) [hemel=onsienlike realm]

Gebed is die goue draad deur die ganse Bybel en die mees belangrike koninkryksdinamiek. Maak gerus ‘n studie van die gebede van die profete en konings van die Ou Testament. Dawid en sy mede psalmskrywers staan uit as die adel van die liedskrywers. Salomo se gebed by die toewyding van die Tempel en sy versoek vir wysheid, Jesaja se poësie – hy het sy profesieë gesing, Jeremia se uitbarstings van prys en lof, Daniël se gereelde gebede, Nehemia se skietgebede – een sinnetjie oproep van heelal-krag. Die paar konings van Juda wat die Here gesoek het en die wonderwerkende krag van God in die politiek van die antieke wêreld ervaar het.Die Heilige Gees skep die honger na gebed. Gebed is alles die werk van die Heilige Gees – dit is nie jou dissipline nie. As jy nie smag daarna nie – vra vir ‘n begeerte na gebed.

Ek het my ma gesien die Bybel lees vir ure en ure. Ek was glad nie lus om dit te doen nie. Ek het in baie ander dinge belanggestel. Ek het gebid dat daar in my ‘n begeerte na die Woord van God bonatuurlik ingeplant word en dit is presies wat gebeur het. Ek het ‘n opgewonde verwagting van die Here in Sy woord.

GEBED is ‘n lewe van gehoorsaamheid.

Die definisie van gehoorsaamheid lê opgesluit in die betekenis van die Griekse woord vir gehoorsaamheid – hupakoe. Dit kom van hupo=onder en akouo=om te hoor. Dit dui op hoor en aandag gee, om te hoor met onderdanige nederigheid en instemming.

Gehoorsaamheid is onderwerping aan God se manier en tyd.

 

Grieks het twee woorde vir tyd – chronos en kairos.

Chronos is die oorsprong vir die woord kronologie en dui op die tyd wat ons tel in kalenders en horlosies.

Kairos is die wonderbare konsep van God se tyd – die regte tyd, die volheid van tyd, die seisoen van guns en aksie in ons lewe, die voorafbepaalde tyd.

Gehoorsaamheid aan die Woord en onderwerping aan God se tyd sal ons in staat stel om openbaringskennis van die Heilige Gees te ontvang.

Ons grootste uitdaging in die lewe is om waarlik te sien, die waarheid te sien, dieper te kyk, sodat ons insig kry en verstaan. Ons eerste gebed is altyd soos die blinde man: Here, dat ek kan sien.

Ek wil dieper kyk in my omstandighede en lewe, sodat ek met doelgerigtheid kan lewe.

Sien bring ons by die tweede deel van die vers – soek. As ons sien, sal ons soek – die twee volg op mekaar.

Laat die Woord oor jou spoel.

Soek, en jy sal vind, sê Jesus in Matteus 7. Wat sal jy vind? Jy sal HOM vind. Die psalmis weet dit goed.

 

Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. (Psalm 9:11)

 

Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra. (Psalm 14:2)

 

When You said,Seek My face,” My heart said to You, “Your face, Lord, I will seek.” (Psalm 27:8)

 

I sought the LORD, and He answered me, and delivered me from all my fears. (Psalm 34:4)

 

Net so in Jesaja.

 

Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. (Jesaja 30:19)

 

Seek the Lord while He may be found, call upon Him while He is near. (Isaiah 55:6)

 

Yet they seek Me daily, and delight to know My ways. As a nation that did righteousness, and did not forsake the ordinance of their God. They ask of Me the ordinances of justice; they take delight in approaching God. (Isaiah 58:2)

 

You will seek Me and find Me when you search for Me with all your heart. (Jeremiah 29:13)

 

Jesus is die Deur, die Lewe, die Weg en die Waarheid. Moet tog nie toelaat dat die kwansuise rasionele sekulêre redenasies van die post-moderne samelewing die leuen versprei dat dit ‘n eksklusiewe en uitsluitende manier van dink is nie. Dit is ‘n warm, liefdevolle uitnodiging wat jou in die hart van God innooi, waar jy elke oplossing en voorsiening vir jou lewe kan ervaar.

Wat ookal die kerk mag wees in enige denominasie – God is aan die werk. Soveel mense het verwonding en teleurstelling in die kerk ervaar, maar God sal nooit sy kerk afskryf nie. Daar is altyd ‘n oorblyfsel van opregte, toegewyde mense wat in Sy liefde leef. Ons mag dalk dink dis dood en klaar, maar God kyk na die hart en trek mense na Hom in gees en waarheid.

Moet nooit georganiseerde godsdiens met die ware kerk van Jesus verwar nie.

In jou soeke sal jy Jesus vind, want Hy sal sorg dat jy Hom vind. Hy openbaar die karakter van die Almagtige God en in Hom is al die beloftes van God ja en amen (1 Korintiërs 1:20). Hy is die Messias wat wonderwerke doen net soos toe Hy op aarde was.

Hy sal vir jou doen wat Hy vir Sy dissipels gedoen het in Lukas 24:45:

Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

GEBED: Vra Jesus om Sy karakter aan jou te openbaar. Vra vir openbaringskennis en lig op Sy woord sodat jy jou lewe en omstandighede met ‘n nuwe perspektief kan sien.

 

BEGINSEL vir ‘n lewe van uitnemendheid: Sing die lied van Moses.

 

“Who is like You, O Lord, among the gods? Who is like You, glorious in holiness, fearful in praises, doing wonders? (Exodus 15:11)

 

‘O Lord God, You have begun to show Your servant Your greatness and Your mighty hand, for what god is there in heaven or on earth who can do anything like Your works and Your mighty deeds? (Deuteronomy 3:24)

 

O Lord God of hosts, Who is mighty like You, O Lord? Your faithfulness also surrounds You. (Psalm 89:8)

 

Who would not fear You, O King of the nations? For this is Your rightful due. For among all the wise men of the nations, and in all their kingdoms, There is none like You. (Jeremiah 10:7)

As jy soek en Hom vind sal jou vra-lysie ‘n nuwe diemensie verkry en dalk heeltemal verander. Prioriteite sal skuif…

Kom ons dink vir ‘n oomblik aan die wapenrusting soos dit verduidelik word in Efesiërs 6. Ons kan nie sonder die wapenrusting bid nie.

Gebed is die slagveld. Ons veg teen die bose magte in die lug, aktief en werklik, maar onsienlik. Die wapenrusting berei ons voor vir die slag en die Woord is ons swaard teen satan en sy trawante.

 

Liewe Bodemklipvriende, ek is weg vir twee weke. As ek terugkom sal ek die laaste stukkies in hierdie reeks oor die derde opdrag plaas:

Klop en vir jou sal oopgemaak word. Daar sal ons die gebeure van Pinksterdag bespreek en die toepassing daarvan in die kerk vandag.

 

 

127. Net die heel beste – altyd?

Jesus se antwoord is heel eenvoudig. Een van die Joodse rabbi’s vra, of daar ‘n man is wat sy eie seun haat? Jesus antwoord dat geen pa die versoek van sy seun sal weier nie en God ons vader in die hemel sal nooit die versoeke van Sy kinders weier nie.

Sy voorbeelde is noukeurig uitgesoek. Hy gee drie voorbeelde – Lukas voeg een by die twee wat Matteus noem.

If a son asks bread, will his father give him a stone? If a son asks a fish, will his father give him a serpent? If a son asks an egg, will his father give him a scorpion? (Luke 11:12)

In elkeen van hierdie gevalle is die twee objekte baie dieselfde.

Die klein leemsteen klippies om die See van Galilea was presies die kleur en vorm van die klein broodjies wat in meeste huise gebak is. Sal ‘n pa sy seun bespot om vir hom ‘n klip te gee wat hy nie kan eet nie, in plaas van die brood wanneer hy honger is?

Die vis wat met ‘n slang vergelyk word, was heel moontlik ‘n paling wat volgens Levitikus 11:12 nie geëet kon word nie. Watter pa sal nou met sy kind se nakoming van die voorskrifte volgens die wette van Israel, mors?

‘n Skerpioen is gevaarlik, vinnig en dodelik. In die woestyn is ‘n klein vaal skerpioen wat opgerol nes ‘n eier lyk. Sou ‘n pa nou vir sy seun iets gee wat lyk soos kos maar hom ‘n pynlike, vinnige dood kan kos?

God sal nooit ons gebede bespot nie.

In die tyd van Jesus was die Grieke en hulle mitologie baie meer deel van die samelewing. Hulle het hulle eie stories gehad oor hoe hulle gode gebede antwoord, dikwels met ‘n pynlike, skelm dolksteek wat mens sou bang maak om hoegenaamd te bid.

Die godin van dagbreek, Aurora, het verlief geraak op ‘n sterflike man, Titonus. Zeus, die hoofgod, het aangebied om haar begeerte te vervul. Sy vra toe dat Titonus onsterflik word, maar vergeet om te vra dat hy jonk bly. Titonus het toe vir ewig gelewe maar al hoe ouer geword. Die gebed het ‘n verdraaide uitkoms wat eintlik ‘n vervloeking word.

Enigiemand wat bid sou graag wou seker maak watter soort God is aan die ontvangkant van sy gebede. Wat sou die atmosfeer wees waarin gebede ontvang word? Is dit ‘n ongenaakbare God wat gesmeek en gesoebat moet word? Is dit ‘n spottende God wat gawes met ‘n verdraaide motief uitdeel? Is dit ‘n woedende, wraaksugtige God, wat kalmeer moet word met allerhande gawes en offers/

Is dit dalk ‘n hemelse Vader met ‘n genadige hart wat meer gereed is om te gee as wat ons is om te bid?

In Openbaring word die plek waar ons gebede ontvang word, beskryf. Dit is die atmosfeer waarin ons gebede na die Troon van die Vader gaan. Moet dit nooit vergeet nie.

Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ‘n siter gehad en ‘n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. (Openbaring 5:8:)

Jesus sê dit, Dit is goed en waar. Ek glo dit! Jesus sê die Vader is goed en gee goeie gawes. Hy sê dit is Sy pa se vreugde om te gee aan die wat sal ontvang.

Miga 7 sê God betoon liefde eerder as straf.

Die storie wat Jesus vertel oor die goeie gawes aan die seun wat vra, verduidelik waarom ons God se antwoord in tyd en wyse moet aanvaar. Hy sal altyd ons gebede antwoord, maar op die manier wat die heel beste vir ons is.

In onkunde en met ‘n aardse perspektief, is ons begeertes dalk ons ondergang. God weet en Hy besluit altyd tot ons voordeel. Hy sal antwoord in wysheid en liefde.

Beweeg in die Gees. Verander jou denke, jou houding sodat jy in staat is om Sy wil te sien en van Hom te ontvang. In nederige onderwerping van jou begeertes en bekommernisse sal jy die hart van die Vader ervaar en weet hoe veilig jy by Hom is.

In Grieks is daar twee bevelsvorme. Die een is ‘n eenmalige bevel: maak die deur toe!. Maar daar is ook ‘n onvoltooide bevelsvorm wat ‘n voortdurende handeling aandui. Dit is hierdie vorm wat gebruik word as Jesus se: Hou aan vra, hou aan soek en hou aan klop. Dit dui op ‘n dapper bestendigheid in gebed. Bring jou begeertes voortdurend in die teenwoordigheid van God, sodat jy in die lig van Sy Gees jou hart voor hom blootlê.

Dit is ‘n bevestiging van die opdrag: bid sonder ophou van Thessalonicense.

‘n Herhaalde begeerte toets die diepte van so ‘n begeerte voor die Here. In gebed sal al die bitterheid, eiewaan en selfsug afwas en oppervlakkige tydelikheid met wysheid en insig vervang word.

GEBED: Vra – skryf dit neer met ‘n datum. Wat wil jy van die Here hê? As Hy nou voor jou staan soos voor Salomo, wat sal jy vra?

Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Johannes 14:13,14)

BEGINSEL vir ‘n lewe van uitnemendheid: Ons mag dalk altyd onwaardig voel om ons begeertes voor die Here te bring. Daar is net een oplossing daarvoor – bely. As daar sonde is sal die bloed van Jesus dit verwyder en die kommunikasiekanaal weer oopmaak.

Hoor die woorde van Jesus:

As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Matteus 21:22)

 

 

 

126. Die geheime plek van die Almagtige.

Dit klink dalk nie na veel nie. Iemand wat by ‘n bed kniel en agter ‘n toe deur met die God van hemel en aarde praat., Dit is dalk die beeld waarmee ons grootgeword het, as ons die voorreg gehad het om in ‘n huis van gebed op te groei. Die herinnering aan gebede as kind mag dalk ons ouers insluit wat lei en aanmoedig en vertel van die engele wat ons bewaak sodat ons nie bang vir die donker hoef te wees nie.

Vir die Jood van die eerste eeu, was dit ‘n onbekende prentjie. Gebed was meestal publiek op streng voorgeskrewe tye van die dag. Toe Jesus sy dissipels en die gehoor by die Bergpredikasie leer om die verhewe en heilige Jahweh, Pappa te noem, het hy tot by die been van hulle diepste beginsels oor gebed ingedring.

Jesus kom met nog ‘n radikale idee – geheime gebed.

“Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.

Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. (Matteus 6:5,6)

Die opdrag van Jesus was baie moeilik in daardie dae. Meeste huis het baie min privaatheid gehad met net twee kamers, een vir eet en een vir slaap. In die somer het die famiie dikwels op die dak geëet en selfs geslaap om die koelheid van die nag te geniet. Daar was ‘n klein stoorkamertjie vir kos en ander huishoudelike items en dit is na hierdie spasie wat Jesus verwys. Dit was ‘n splinternuwe konsep – om te bid waar ander jou nie sien nie.

Dit is hier in die geheime plek waar die teenwoordigheid van jou Pappa die helderste skyn. Dit is nie jou koue, skuldige hart, jou verwese en verwonde gemoed wat gebed bepaal nie. Dit is die Vader se hart van genade en getrouheid wat die atmosfeer in die kamer bepaal. Dit is wat Hy bied, wat jou na die kamer van gebed aantrek, nie jou mislukkings en vrees nie.

Sy teenwoordigheid is nie afhanklik van jou geregtigheid nie. Dit is net deur die Kruis van Jesus wat jy Hom ervaar. In die imtimiteit van vergifnis, ervaar jy die onuitspreeklike vreugde en die glorie van Sy liefde. Onthou glorie beteken: God se reputasie; alles wat Hy is.

Hoe gaan jy daar in ?

Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

The sacrifices of God are a broken spirit,

A broken and a contrite heart—[feeling or expressing remorse or penitence; affected by guilt]

These, O God, You will not despise. (Psalm 51:17)

Die heel beste manier om ‘n gebed te begin is met ‘n sondebelydenis.

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Johannes 1:9)

Die Griekse woord vir belydenis is homologeo. Dit beteken om dieselfde ding te sê. Met ander woorde belydenis is om saam met God oor sonde te stem. As Hy dit afkeur, dan is dit afstootlik in my lewe.

 

Belydenis is reguit en sonder verskonings voor God en jou eie gewete.

Gebed is eerlik – dit hoef nie akkuraat te wees nie.

GEBED: Vra – skryf jou bekommernisse en begeertes neer. Kry dit uit jou gedagtes en sit dit op papier voor die Here.

Wees net prakties vir ‘n oomblik. Neem ‘n glas water in jou hand. Jy kan self kies hoe groot die glas is. Jy kan ook skat hoeveel water daar in is – 250ml of dalk 300ml? Jy kan staan met die glas in jou hand vir ‘n kort rukkie, jy sal niks voel nie, maar na ‘n uur gaan jou arm begin lam raak. Na 24 uur sal jou hele lyf pyn en jou arm voel asof hy wil afbreek. As jy die glas op die tafe neersit, maak dit nie meer saak hoeveel water daar in is nie. Dit sal geen effek op jou liggaam hê nie. Daar kan dalk ‘n berg in die glas wees, dit sal jou nie raak nie.

Sit jou bekommernis neer voor die Kruis. Anders sal dit jou siek maak.

Do not fret or have any anxiety about anything, but in every circumstance and in everything, by prayer and petition (definite requests), with thanksgiving, continue to make your wants known to God. (Philippians 4:6, Amplified)

Beginsel vir ‘n lewe van uitnemendheid:

God is meer gereed om jou gebed te antwoord, as wat jy is om te bid.

 Is dit nie wonderlik dat ons die Heilige Gees het om enige spasie ons geheime plek te maak nie? Ons gebede is meestal geheim in hierdie moderne dae waarin ons leef. Skep vir jou ‘n private plekkie en tydjie om die Here te soek en sit jou las neer voor Hom.

Ons het al oor Nehemia en sy skietgebede gepraat; een sinnetjie uitroepe wat die Almagtige God by sy saak betrokke maak.

Ons geheime plek is so toeganklik. Dit is slegs ‘n beweging in ons denke om ons gedagtes gevange te neem en die liefdevolle teenwoordigheid van die Vader te ervaar. Gee jou verbeelding aan die Heilige Gees en ervaar Sy teenwoordigheid. Verbeel jou dat Jesus by jou is sodat jy met “die verligte oë van jou verstand” in die onsienlike kan “sien”. (Efesiërs 1:18, OAB)

By Hom is die veiligste plek ooit. 

You shall hide them in the secret place of Your presence…. (Psalm 31:20)

 He who dwells in the secret place of the Most High
Shall abide under the shadow of the Almighty.
I will say of the Lord, “He is my refuge and my fortress;
My God, in Him I will trust.”
(Psalm 91:1,2)

 

125. Geheime krag vir die lewe.

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word,

 want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Matteus 7:7,8)

 The divinely targeted life seeks the way of the Lord revealed by the Spirit in prayer and obeys the will of the Lord as revealed in His Word. Jack Hayford.

Gebed is ‘n leefstyl.

As jy dit het, het jy alles. As jy dit nie het nie, maak dit nie eintlik saak wat jy het nie.

 

Andrew Murray stel dit so:

It is fellowship with the Unseen most holy One. The powers of the eternal world have been placed at its [prayer’s] disposal. It is:

the very essence of true religion,

the channel of all blessings,

the secret of power and life.

Not only for us, but also for others, for the church, for the world, it is to prayer that God has given the right to take hold of Him and His strength.

Vra, Soek, Klop – drie woorde van Jesus self. Hy leer in die tradisionele wyse van ou Hebreeus. Die beginsel word gestel en daarna effens anders herhaal. Die meeste mense het nie toegang tot skryfware gehad nie, meeste kon nie lees of skryf nie en die wat wel kon, het nie toegang tot die skrifte gehad nie. Die boekrolle waarop die antieke woorde van lig en lewe geskryf is, is sorgvuldig deur die Fariseërs en Skrifgeleerdes in die Tempel bewaar. Die gewone mense het geheel en al op hulle leierskap staatgemaak om hulle geestelike lewe en ganse godsdiensbeoefening te bepaal. Die leiers het nie teleurgestel nie – hulle het voorgeskryf én die mate van toewyding geoordeel.

Jesus is gebore uit ‘n volk, wat uitermate lief was vir gebed. Geen ander nasie op aarde was so toegewy aan gebed soos die mense van Judea nie. Gebed is as die hoogste goed in die samewleing gereken.

Sekere formaliteite en hartelose praktyke het egter menige gebedsambisies oorheers. Dit kon toegeskryf word aan nalatigheid, eerder as valse toewyding. Gebed was formeel en onbuigsaam. Natuurlik was daar baie wat die voorgeskrewe gebed met harte van aanbidding en liefde herhaal het, maar daar was baie wat net deur die formaliteit gebrabbel het.

Ons Christene kan nie eintlik oordeel nie. Menige tafelgebede word daagliks as ‘n vinnige formaliteit afgerammel, sodat die ete en gesprek kan begin. ‘n Tafelgebed is ‘n wonderlike geleentheid om dankbaarheid vir voorsieining uit te spreek en ‘n oomblik van stil aanbidding waarin Jesus onthou word, in besige dae in te werk.

Herhaling, sonder bewuste denke of bedoeling, word ‘n bygelowige, nikseggende formule.

Joodse liturgie het ‘n gebed vir elke moontlike geleentheid voorgeskryf. Daar was skaars ‘n gebeurtenis, waarvoor daar nie ‘n formele gebed was nie. Daar was gebed voor en na elke maaltyd, gebede vir die lig, vuur, weerlig, die nuwe maan, reën, storms, wanneer mens die see sien, mere, riviere, wanneer mens goeie nuus ontvang, nuwe meubels gebruik en in en uit ‘n stad gaan. Elke moontlik lewensgebeure het ‘n gebed gehad.

Daar is iets wonderbaar in sulke voorskrifte. Hulle wou God deel van elke detail van hulle lewe maak. Dikwels egter, het die hele stelsel net formaliteit geword en die fokus op die regte gebed vir die regte geleentheid geplaas, eerder as ‘n opregte hart-uitroep.

Die Jode van Judea het vasgestelde tye vir gebed gehad, presies op die derde, sesde en negende ure van die dag, wat min of meer op 9vm,12nm en 3nm uitgewerk het. Waarookal ‘n mens homself bevind het; hy was verplig om te bid. Dit was moeilik om te oordeel of so ‘n gebed gebid is met die doel om formeel sy verpligting na te kom, of ‘n ware kommunikasie met die Here was.

Die Jode het gestaan en bid, met hulle hande uitgestrek, handpalms na bo en kop gebuig, net daar op die straat of pad waar almal kan sien.

Dit is aan hierdie mense wat Jesus in Matteus 6 en 7 oor gebed leer.

Ons leef in die die dispensasie na die Kruis en weet dat satan deur die opstanding verslaan is. Jesus het aan Sy dissipels ‘n gebed geleer wat in parktyk hulle hele teologie geskud het en gebed op ‘n nuwe fondament geplaas het.

Vir die Jode van daardie tyd was God ‘n onbereikbare, veraf en onaantasbare, streng figuur was hulle skaars by naam kon aanspreek. Hulle het gebid omdat dit so voorgeskryf is en hulle bang was om die reëls te oortree. God se naam is met konsonante alleen geskryf; al die vokale is respekvol uitgelaat.

Nie in hulle wildste drome sou hulle kon dink om hulle skepper-God pappa te noem nie. Jesus sê as hulle Hom gesien het, het hulle die Vader gesien. Hy was die ewige Vader, lewend by hulle.

As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.” (Johannes 14:7)

Jesus WAS God die Vader in lewend lywe. Die drie-eenheid is baie meer een as wat dit drie is. God het Sy hart uit Sy binneste geskeur en dit in mensvorm op aarde laat leef en ly.

Jesus het hulle die Onse Vader geleer. Die gebed is oor eeue in die donkerste en moeilikste omstandighede gebid en ten spyte van soveel misbruik en bespotting, het niks van die krag van daardie woorde ooit verlore gegaan nie.

Ons Maker is ons Pappa, die warmste, mees liefdevolle figuur wat jy jou kan voorstel, meer as wat jy jou ooit kan verbeel.

Jesus said, “Why do you question me about what’s good? God is the One who is good. If you want to enter the life of God, just do what he tells you.” (Matthew 19:17, The Message)

 

Volgende keer: Gebed in die geheim

124. Hy is goed, goed, goed – altyd.

Wat sien jy as jy aan God die Vader dink? Kan jy ‘n prentjie vorm van Hom? Dink jy Hy en Jesus is soort van apart? Hoe sal jy die leer van die Drie-eenheid waarmee ons teologie ons Godheidskonsep bepaal, illustreer?

Kom ons bly in die laaste hoofstukke van Exodus in een van die mees dramatiese tonele van alle eeue wat ons gebed vir toekomstige geslagte sal bepaal.

Moses is in gesprek met God. Die Here sê dat Hy nie saam na die beloofde land sal gaan nie, met ‘n verwytende en teleurgestelde houding – amper vreemd vir die God van wonderwerkende genade waarmee hulle dusver te doen het.

“Trek nou hiervandaan af weg, jy en die volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het…

Julle is so ‘n moedswillige volk dat Ek nie sal saamtrek na hierdie land wat oorloop van melk en heuning nie, want dan verdelg Ek julle op pad daarheen.” (Exodus 33:1,3)

Nou is die volk skielik Moses se volk. Hoe het dit gebeur? Die Here weet goed wat Moses kan dra. Hy is God se goeie vriend – onthou?

Die Here het direk met Moses gepraat soos ‘n man met sy vriend. (Exodus 33:11)

God is alwetend en staan buite tyd. Hy weet wat Sy verwyt in Moses se hart sal opwek sodat Moses vir die volk pleit met sy eie lewe op die spel.

Vergewe tog hulle sonde. As dit nie kan nie, moet U my naam maar uitvee uit die boek wat U geskrywe het.” (Exodus 32:32)

Moses tree op as ‘n ware profeet. Hy stel homself op tussen die volk en God. Wat ‘n ellendige gemors bring die gevolge van hulle sonde. God lyk teleurgesteld en kwaad op hierdie punt.

Moses reageer sonder vrees. Hy pleit vir die mense met die volle besef van God se woede en heiligheid. Hy gaan selfs sover om God te herinner dat hulle Sy kinders is en nie aan hom wat Moses is behoort nie.

Hy slaan sy tent buite die kamp op – ‘n simboliese skeiding van die sonde en boosheid van die kamp en die mense. Die mense wat genade soek, het ‘n geleentheid om hulleself van die sonde te onderskei. Waar Moses daar in die tent sit, is die wolkkolom oor die deur as ‘n teken van God se teenwoordigheid.

As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk.” (Exodus 33:13)

Selfs te midde van groot sonde en teleurstelling, is God daar by Sy mense. Sy teenwoordigheid is daar sodat almal die geleentheid het om te kom regmaak wat verkeerd is.

Hy is daar waar ‘n hart hom in opregtheid soek, om elke uitroep met guns en genade te antwoord.

GEBED: Wys my U genade sodat ek U ken en guns in U oë vind.

BEGINSEL vir ‘n lewe van uitnemendheid: Moses vorm vir die mense die beeld van God soos wat hulle dit moet onthou.

Hulle het God se teleurstelling en die gevolg van hulle sonde ervaar. Die goud van die kalf wat hulle gedrink het, is simbolies van die dodelike gevolge van ons dade.

God weet wat om hulle van Sy karakter te wys, wanneer Hy Homself aan Moses vertoon.

Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. (Exodus 33:19)

In hierdie oomblik van groot verwarring en hartseer, wys God sy goedheid.

God openbaar Homself en verklaar oor Homself:

Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. (Exodus 34:6)

Hierdie uitspraak kan opgesom word in die Hebreeuse woord , wat elke moontlik aspek van die verbondsbeloftes omvat. Toe die mense Moses vra hoe God “lyk”, toe antwoord hy met hierdie woord. Moses het God se karakter gesien, nie die uiterlike vorm nie.

Hy is die Bron van alles wat goed en waar is. Uit Sy karakter spruit Sy dade.

Hoe kan ons dan bid om in die teenwoordigheid van die Almagtige God te kan ingaan?

GEBED: As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. (Psalm 34:18,19)

BEGINSEL vir ‘n lewe van uitnemendheid: Dit is net ‘n eenmalige oomblik – nie ‘n lewe van voortdurende skuld nie; eintlik die teenoorgestelde. Bely en stap aan in oorwinning. Belydenis is ‘n stap vorentoe, nie ‘n volgehoue bewussyn van skuld en onwaardigheid nie.

In gebed sal die glorie van God se goedheid jou bewussyn oorweldig. Jou lewe word bepaal deur die volle impak van Sy liefde vir jou.

Dit is die beeld van die Vader. “Sien” die pa van die verlore seun wat uitkyk vir jou tuiskoms en jou tegemoet storm met uitgestrekte arms…