11. Die gesprek gaan voort…

Verlede keer het ons gepraat oor die Teenwoordigheid van God as die doel, die gevolg en die uiteinde van kommunikasie met God. Hierdie gedagte staan sentraal in die ganse Skrif. Dit is die kern van die verhaal van God en mens. Elke boek het ‘n relaas van ‘n individu se kommunikasie met God. Ons kyk saam na die Psalms en die woorde van Jesus in Matteus 6.

He who dwells in the secret place of the Most High shall abide under the shadow of the Almighty. Psalm 91:1

Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

 Die woorde : secret place word deur Jesus herhaal in Matteus 6. Woorde soos skuilplek en skaduwee klink na rusplekke, veilige plekke. Dit is juis die konsepte wat met gebed geassossieer word.

But you, when you pray, go into your room and when you have shut your door, pray to your heavenly Father who is in the secret place; and your Father who sees in secret will reward you openly. Matteus 6

Die Afrikaanse vertaling praat van die verborgene (1933) en die 1983 vertaling –  kamer of binnekamer.

Kom ons dink saam oor hierdie woorde in die konteks van die tyd en plek wat Jesus dit gesê het. Vir die Jode was daar niks belangriker as gebed nie. Die rabbi’s het, tereg, gesê: die familie wat bid, omring hulle huis met ‘n ystermuur. Geen godsdiens op aarde het meer waarde geheg aan gebed as die Jode in die tyd van Jesus op aarde nie.

In hierdie toewyding en oordrewe poging om God te plesier het baie wettisisme oor gebed ontwikkel. Mens kan dink dat die geestelike leiers eintlik die mense wou help om die regte ding te doen en so het voorgeskrewe gebede, met voorgeskrewe tye en later selfs voorgeskrewe plekke die gewoonte geword. Die SHEMA was ‘n gebed wat in die oggend en die aand herhaal moes word. Dit het bestaan uit drie Skrifte en die woord SHEMA beteken hoor – dus was dit ‘n lofuiting aan die Here sodat jyself eintlik moes hoor wie God is. ‘n Pragtige gebed… indien dit met die volle fokus op die Here gedoen word. Dit kon ook verval in ‘n sinnelose herhaling van die mooi woorde. Moenie te gou die ou Fariseers kritiseer nie – dink bietjie wanneer laas het jy die tafelgebed met mening en fokus gebid en of jy elke liewe keer waarlik die Here onthou by die basiese voorsiening van jou daaglikse behoeftes.

Daarbenewens  was daar die Shemoneh ‘esreh:  die 18 gebede. Dit moes drie maal per dag gebid word.  Maak nie saak waar die persoon hom bevind het nie – hy moes bid. Dit het beteken dat hy selfs in die openbaar gebid het. Omdat almal geweet het hulle moet, het almal probeer om by die wet te hou, sommige met hulle hart daarin, sommige sommer vir die voorgee.

God was heilig, aangespreek in die taal van die Ou Testament – YAHWEH – wat eintlik net die konsonante van die Hebreeuse woord vir die Allerheiligste God is. Hy was so heilig dat Hy einltik glad nie aangespreek is nie. Sy naam was so hoog verhewe, dat Hy Sy naam, in menslike terme – mag ek sê – “verloor” het.

Hierdie voorgeskrewe, geformaliseerde gebede aan ‘n verhewe wese was deel van die daaglikse lewe van elke Jood in Israel.

Hier kom Jesus met ‘n rewolusie, ‘n hele nuwe konsep, ‘n paradigma-skuif so geweldig dat hulle Hom dadelik as ‘n oneerbiedige ketter uitgekryt het.

In die eerste plek – Hy vestig in die eerste dae van Sy bediening die feit dat die verhewe Almagtige God van die aartsvaders en profete is hulle Vader, meer nog hulle Pappa – familiêr,  gewoon, alledaags, naby, warm, veilig, intiem, toeganklik! Dink net hoe vreemd die konsep moes wees. Verwerplik vreemd – dis wat baie gedoen het.

Hy vestig die gedagte dat God baie meer gereed is om gebed te antwoord as wat hulle in al hulle gebedsbeoefening, bereid is om te bid. Balsemwoorde op moeë siele. Mense wat hard probeer en leë onbevredigende gebedsbeoefening ervaar.

Kom ons terug na die woorde van Jesus oor die verborgene. Jesus en Johannes die Doper se bedienings het met dieselfde woorde begin: Bekeer julle want die Koninkryk van God het naby gekom. 

Regdeur Jesus se bediening het die mense die begrip koninkryk verkeerde verstaan. Hulle het aards gedink. Jesus het ‘n geestelike, onsigbare  konsep bedoel. Die koninkryk wat Hy kom vestig het hier op aarde was die hemele soos wat daar in Matteus 6 en18 van gepraat word. Die hemele is nie die HEMEL soos wat ons tradisioneel daaraan dink as die woonplek van God nie. Die hemele is die onsigbare wêreld hier om ons. As ons bid: Onse Vader wat  in die hemel is – is dit nie die vêr plek in die heelal wat dalk in jou kop opkom nie. Dis die Vader wat hier by jou in die verborgene is – die hemele, die secret place –  die teenwoordigheid. Jy kan Hom nie sien nie, maar Hy is net hier, BY jou. Die koninkryk van God is daarom ‘n heel persoonlike, individuele konsep.

Waar is jy as jy in die skaduwee van die Almagtige is? – in Sy Teenwoordigheid. Hier kom als bymekaar.

Verder – as Jesus vir ‘n Jood in die eerste eeu gesê het: gaan in jou kamer vir gebed, was dit ‘n bykans onmoontlike opdrag. Die huise was klein en geensins privaat nie. Vir die gewone, armoedige Jode het ‘n huis dikwels uit net twee vertrekke bestaan. Die gesin het in die hitte dikwels op die dak gaan slaap. Die huis was kombuis en woonplek en dan slaapplek. ‘n Privaat kamer agter ‘n toe deur was amper ongehoord. Maar in die ou King James vertaling gebruik Hy die woord closet – dit was ‘n klein stoorkamertjie agter ‘n deur wat kon sluit – amper so groot soos ‘n instapkas. Dus Jesus het bedoel – privaat.

Die privaatheid waarvan Hy praat is – as ek dit so kan stel – ‘n sielsprivaatheid.  Dit was die plek – in die woorde van die Message-vertaling – a quiet secluded place so you won’t be tempted to role-play before God.  Mens sou dink Hy wil nie hê ander mense moet jou sien nie – dit ook, maar die belngrikste is dat jy nie jouself deur ander mense sien terwyl jy bid, nie. DIS privaat. Jy kan jouself wees. Hierdie privaatheid is nie noodwendig gebonde aan jou instapkas nie. Dis daardie privaatkommuikasie met jou Here, op enige plek, enige tyd van die dag, informeel en onmiddellik.

Paulus sê vir die Tessalonisense: Bid sonder ophou! Message: Pray all the time. As Hy sê bid sonder ophou – dan sal die Here wat nie sluimer of slaap met jou kommunikeer sonder ophou. Onthou Hy belowe in Jesaja:  He is the God who speaks.

Die gesprek gaan voort….

10. Die eeu-oue gesprek

Dis met opset dat ek hierdie mini-reeks oor gebed, ‘n gesprek noem. Dit was die aard van die eerste kommunikasie tussen God en die mens – net nadat Hy die mens gemaak het.

As mens die woord, gebed, gebruik, dra dit soveel gewig of bagasie –positief en negatief – dat dit dalk net die insig wat nodig is vir ‘n nuwe dimensie, verdof.

Dink net vir ‘n oomblik – wat is die eerste gedagte wat by jou opkom as jy die woord gebed hoor. Opgewondenheid of skuldgevoel? Vreugde of huiwering? Is jy ongeraak, het jy lankal opgegee, of dink jy dadelik aan ‘n rits gebedsbeantwoording, wat jy entoesiasties kan oorvertel.

Op die dag wat God Adam maak begin Hy praat en Hy het nog nooit opgehou nie. Adam het soos ‘n prins sy eerste dag op aarde saam met God gerus. Dit was die onmiddellike heerlike gevolg van perfekte kommunikasie met God. Adam se eerste dag op aarde was ‘n rusdag: die sewende dag – God se dag, die Sabbat. Dit is ons eerste verwagting van kommunikasie met God – rus, vrede, in die Teenwoordigheid van God, daar in die pragtige perfekte tuin van Sy teenwoordigheid – die kanaal is oop.

Toe kom die sondeval en hier moet ons mooi oplet. Dieselfde dag kom God weer in die aandwind en soek Adam se geselskap op. Dink julle vir ‘n oomblik God het nie geweet wat daardie dag in die tuin gebeur het nie? Toe Hy vra: Adam, waar is jy? Dink jy Hy het nie presies geweet waar Adam is nie, presies hoe skaam hy is nie, presies waar hy wegkruip nie – nogtans kom Hy soos gewoonlik Adam opsoek vir die gesprek om voort te gaan.

Geen sonde is te groot om die gesprek te beeindig nie.

Hoekom vra God vrae? Nie om inligting te kry nie:

– om antwoorde uit te lok en die gesprek voort te sit. Adam moet verduidelik wat gebeur het – amper soos by ‘n sielkundige. Adam word genooi om die waarheid te erken en te formuleer.

Hierdie is superbelangrik – sonde keer nie gebed nie en moet onder geen omstandighede die gesprek onderbreek nie.

God soek die mens tot Hy hom kry en die gesprek gaan voort. Die sondeval word bespreek. Adam gee Eva die skuld, Eva gee die slang die skuld en God oordeel die slang. God weet presies en regverdig hoe en wie om te oordeel.  Hy oordeel nie die mens nie. Hy vervloek wel die aarde waar hy ‘n bestaan moet maak en die gevolge van die sonde tree in werking – naamlik ‘n bestaan op ‘n vervloekte aarde.

Die tuin is die simbool van die teenwoordigheid van God – dus sonde bring ‘n verwydering tussen God en die mens – maar in Genesis 3:21 doen God ‘n baie belangrike ding. Hy slag ‘n onskuldige dier en bedek die mens met vel. Die patroon van sondebedekking word vasgelê. Onskuldige bloed betaal sodat die sonde wat die mens in sy naaktheid ontbloot, bedek word.

Met die woestyntabernakel word hierdie beginsel as die heel belangrikste ritueel bevestig. Eenmaal per jaar gaan die Hoëpriester in die Allerheiligste deel van die Tabernakel en sprinkel die bloed op die genadetroon. Dit word gedoen op die groot versoendag, die Yom Kippur, wat vandag nog as vasdag gevier word. Die ark van God het in die Allerheiligste gestaan agter ‘n dik gordyn.

Dit wys heen na Jesus se bloed wat ons sonde bedek sodat ons weer die Teenwoordigheid van God kan ervaar. Met die kruisiging het die dik gordyn, die voorhangsel van bo na onder geskeur – van die hemel af is die beperkinge tot toegang na die Allerheiligste God opgehef. Deur die bloed van die kruis is die toestand van die Tuin van Eden herstel.

Dwarsdeur die Ou Testament is toegang tot die Teenwoordigheid van die Here die onderskeidende kenmerk van die werklike groot Godsmanne.

Noag:  God nooi Noag en sy gesin in die ark in. [Genesis 7]

Hierdie wonderlike detail was nooit duidelik totdat ek ander vertalings van die Bybel begin lees het. Die Afrikaans sê:  Gaan in die ark. Al die Engels vertalings sê:  Come into the ark. Kom maak meer sin as gaan. Afrikaans is egter nie verkeerd nie. Die Griekse woord wat daar gebruik word is ‘n woord wat kom en gaan kan beteken. Die gebruik moet in konteks afgelei word en dit hang van vertalers af. Dis ‘n rede om meer as een vertaling vir studie te gebruik.

Die ark is weer eens die simbool van die Teenwoordigheid. In die Teenwoordigheid is redding, uitkoms, voeding, versorging, skuiling vir solank as wat nodig is totdat die vloed sak.

Moses noem die Teenwoordigheid as die allerbelangrikste faktor by die ingang van die beloofde land. Kyk saam met my na Exodus 33  – die buitengewone gesprek na die ramp van die goue kalf.

Die bou van die goue kalf was Israel se poging om God te dien op hulle eie terme en patroon. Die kalf moes dien as ‘n teken van Sy teenwoordigheid – dis nou na die instelling en bou van die woestyntabernakel met die rituele daarrondom wat noukeurig volgens God se voorskrifte plaasgevind het.  Die goue kalf was nie ‘n wegbeweeg van die volk na afgode toe nie – dit was ‘n verheffing van hulle eie godsdienstige idees in teenstelling met die onderwerping aan God se metodes.

Moses is woedend en gooi die kliptafels stukkend. God sê hierdie skrikwekkende woorde in Exodus 33: 3 – my eie woorde – trek maar in die land wat Ek julle belowe het, want Ek trek nooit ‘n belofte terug nie, maar Ek gaan nie saam nie. Hierdie is skokkende nuus – vir Moses en diegene wat hulle onderwerp aan God se plan. Moses slaan sy tent buite die kamp op en elkeen wat God soek, gaan uit na die tabernakel van samekoms, soos Moses dit noem. Die wolkkolom sak oor die tent as die simbool van die Teenwoordigheid en God praat met Moses soos ‘n vriend van aangesig tot aangesig – Exodus 33 : 11.

Hierdie is groot krisis, groot sonde, goddellike woede – maar waar is God – net daar, in die middel, teenwoordig, beskikbaar en oop vir toenadering. Hierdie patroon het nog nooit verander nie!! Dis waar jy Hom kry in die krisis – tussen Sy mense.

Moses se skok met God se woede, bring hom by ‘n plek waar hy begin pleit vir die volk en God herinner dat dit Sy volk is.

Vers 15: Die pragtige woorde van Moses:

If Your Presence does not go with us, do not bring us up from here.

Liewer in die woestyn bly met die Here, as in die beloofde land in,  sonder die Here. Die droom, die 40-jaar uitsien word net daar prysgegee ten gunste van die Teenwoordigheid.

Dan gee Moses die rede: Hierdie is weer die sleutel tot enige godsdiensbeoefening:

For how then will it be known that Your people and I have found grace in Your sight, except You go with us? So we shall be separate, Your people and I from all the people who are upon the face of the earth.

Wat onderskei die Christen van die wêreld? Die Teenwoordigheid. Wanneer kry die Christen en die kerk ‘n slegte naam? Wanneer hulle goue kalwers bou en die Here op hulle eie manier dien, die wette maak, die oordeel fel, vir ander vertel wat is sonde en op grond daarvan verwerp en verwond of aanvaar – dis vlees, dis geraas, dis afskuwelik om te aanskou, met al die hartseer wat daarmee saamgaan.

Net om hierdie eerste gedagtes oor gebed af te sluit: God praat verder met Moses, Moses vra om Sy glorie te aanskou, God sê Hy kan in die skeur van die Rots kom staan en Sy rugkant sien, want geen mens kan God sien en lewe nie. Weer eens ‘n bevestiging van die groter as groot God in die oog van die mens. Is daar hoegenaamd ‘n beter plek om te wees as in die skeur van die Rots met God se Hand oor jou?

Die gevolg van hierdie gesprek: Moses het nou net God se woede ervaar. Wat kies God om vir hom te wys: Sy GOEDHEID. In die volmaakte liefde van God, binne-in die krisis, wys Hy vir Moses Sy karakter:

I will let all My goodness pass before you. [Vers 19]

Tot volgende keer.

9. Die olie van uitkoms en oorvloed.

Voor Opec en die bekende beelde van die wêreld se reuse oliebore, het God duisende jare gelede ‘n onuitputlike oliekruik gebruik in die voorsiening van ‘n onbekende weduwee se desperate armoede.

In 2 Konings 4 is die verhaal van die weduwee se olie wat nie opraak nie, amper ‘n direkte bevestiging of selfs ‘n herhaling van die vorige hoofstuk se wonderwerk. So asof die middel of instrument verander, maar die voorsiening, uitkoms en oorwinning verander nie. Die gate is nou kruike.

Die eerste beginsel van hierdie wonderwerk is die voorsiening van die Here en die profeet se aandag by die mees basiese behoefte van die heel onbelangrikste lid van die gemeenskap. Ons God is groot, maar Hy gee om en voorsien vir die heel kleinste.

Die weduwee wat hier ter sprake is, is deur Josephus, seker die bekendste Joodse historikus, as die vrou van die profeet Obadja, geidentifiseer. Dis ‘n vrou wat bekend was met die ware God en wat  sekerlik in die bediening van haar man gedeel het. Sy is bewus van die wonderwerkende God wat in haar behoeftes kan voorsien, maar haar situasie is so desperaat, dat sy in ‘n paniek na die Elisa toe uitroep. Vers 1 sê:  She cried out. Sy maak ook staat op haar oorlede man se status as ‘n dienaar van God.

Omstandighede is die werklikheid wat jy sien en ervaar, wat jou onderdruk, wat hard praat, wat vrees skep. Dis ‘n feit. Die punt is wat doen jy in hierdie omstandighede. Sy roep uit na die profeet. Sy weet wat kom – sy sien die heel slegste draai van die situasie. Volgens die gebruik van die tyd is ‘n skuldenaar se kinders in slawerny verkoop. Die skuldeisers was streng en gewetenloos.  Sy weet dis klaar met haar, haar lewe word bedreig. As haar seuns weg is, is sy niks en niemand en sal skaars vir haarself kan sorg.

Haar uitroep na die profeet bring nie ‘n kitsoplossing wat uit die hemel val nie. Elisa vra vir haar wat het sy. Haar verstand moet werk, sy moet dink aan dit wat sy oor het, wat in haar huis is en sy antwoord baie interessant.  Niks….. behalwe. Haar antwoord is vol moedeloosheid en opgee. Sy sien die niks eerste en dan die agtervoegsel – behalwe ‘n kannetjie olie.

Uit hierdie onderbeklemtoonde nagedagte kom die oplossing.

Elisa het ‘n hele groot taak uitgespel. Sy moet kruike gaan leen by die bure. Nie een op ‘n slag nie – klomp gelyk. Leë kruike. Sy opdrag is duidelik:  sorg dat jy nie te min leen nie.

Ek weet nie of hierdie opdrag voor haar seuns uitgespel is nie en hoe sy aan hulle of aan die bure in die dorpie verduidelik het, hoekom op aarde sy so baie kruike wil leen nie. Sy moes heel moontlik ‘n paar opmerkings hanteer, dalk ‘n groot geskinder en gespot. Sy sou haar moes afsluit van die vrae, kommentaar en geraas van die mense om haar – net soos Elisa met die musikant in die vorige hoofstuk.  Dis moeilik as die Here nie met almal praat nie – net met jou. Net Maria het die boodskap van haar eie swangerskap gekry, toe is Josef deur sy droom oortuig – niemand anders in Nasaret het bonatuurlik gehoor nie. Kan jy jou voorstel watse geskinder en gepraat daar oor die geboorte van Jesus was. Ek wonder soms hoe hulle beide dit aan hulle eie ouers moes vertel, wat die skande van so ‘n situasie saam moes dra.

Die weduwee moes die werk in die privaatheid van haar eie huis doen. Die wonderwerk was nie vir die res van die gemeenskap se kommentaar nie. Sy het die wonderwerk wat sy voor gepleit het, in die privaatheid van haar gesin en huis ervaar. Daar kon sy vrylik die Here prys vir elke kruik wat vol word en die olie uit haar kannetjie wat net nie ophou nie.

Die hele vers 6 word gewy aan die dramatiese oomblik van die laaste kruik. Toe die seun sê dis die laaste kruik toe hou die olie op vloei. Dink enigeen vir een oomblik dat as daar nog ‘n kruik was dat die olie sou opgehou het, voor die laaste een vol was? Dit tref my so dat hierdie eenvoudige, baie bondige optekening soveel geloof in my wek dat ek glad nie twyfel dat die olie te gou so ophou vloei nie.

Die een prediker wat oor hierdie stuk hoor gepreek het, het hierdie laaste punt verduidelik deur te sê : Hy is oortuig dat as sy kon aanhou kruike voorsien, dit heel moontlik die begin van Widow and Sons Oil Incoporated sou wees. ‘n Groot, florerende oliemaatskappy wat die gemeenskap kon voorsien.

Die gevolg: Uitkoms en oorvloed. Haar skuld is betaal, haar toekoms is verseker. Wat meer kon sy vra.

Die olie wat hier ter sprake is, word as olyfolie geidentifiseer, wat ‘n verskeidenheid aanwendings gehad het. Dit is gebruik as medisyne, om te kook, om lampe te brand en seep te maak. Die olyfboom was inheems in die midde-Ooste, ‘n robuuste plant, die beste af in vol son en droeë grond – gepas vir die groei in ‘n geharde en rowwe omgewing, sonder oppiep en met min versorging.

Olie is dwarsdeur die Skrif  ‘n simbool van die Heilige Gees. Dit is die hoofbestanddeel van ‘n sterk, geharde Christen. Nie eie pogings nie, meer oorgawe, deurdrenking met die Gees van God, ‘n afhanklikheid wat daagliks ervaar, bely en bevredig word. Dit gebeur deur meer kommunikasie en ‘n ervaring van die teenwoordigheid van God. Nie noodwendig formele gebed nie – die uitroep, die skietgebed, die kontak maak, is alles kragtig. Beoefen dit, word bewus van die alomteenwoordigheid van jou Vader.

Die olie moet die gate en kruike van geloof volmaak. Dan is daar oorvloed. Hierdie beginsel is so belangrik in die gebedsreis vir ‘n wonderwerk. Onthou – die proses wat mens deurgaan om die wonderwerk te ervaar is meestal die groter wonderwerk. Die geestelike krag wat uit die vertroue en geloof en die daaropvolgende geloofsaksie kom, is die eintlike wonderwerk, want dit verander jou. Die grawe van gate en kruike aandra is aktiwiteit – geloofsaksie. Nie ‘n jammerlike stilsit en klaende gewag op uitkoms nie.

Wetsgehoorsaamheid stel God nie tevrede nie – dit verander jou nie binne-in nie. Oorgawe verander jou, bring jou voor die voete van Jesus. Die verandering in jou binneste is die eintlike wonderwerk. Daardie oorvloed van olie in jou kruike van verwagting is die rykdom wat jou en jou omgewing verander – ten goede en blywend.

Dink bietjie na en hoor by die Heilige Gees wat jou gate en jou kruike is. Hoor by Hom wat is die geloofsaksie waat daaruit voortspruit.

Skryf dit op en leef dit uit. Die wonderwerk is aan die gang. Vra die Here om jou oë te salf sodat jy kan sien wat gebeur. “Sien” die heuwels wat voor jou uitgaan en die bome van die veld wat hande klap.

Tot volgende keer.

8. Grawe die gate van geloof.

‘n Fasinerende storie vind ons in 2 Konings 3 – ‘n storie van verantwoordelikheid, krisis, uitkoms en geloof.

Dis hier tog belangrik om ‘n bietjie meer te weet van die karakters wat betrokke is. Na die regering van Salomo is die koninkryk van Israel verdeel. Op hierdie stadium van die geskiedenis is Koning Josafat die koning van Juda (die suidelike koninkryk), wat hoofsaaklik die stamme van Juda en Benjamin is. Hy regeer op hierdie stadium saam met sy seun  Die noordelike koninkryk (wat al die ander stamme insluit) word deur Joram, die seun van Agab, regeer. Agab was die berugte, afvallige koning wat met Jesebel getroud was. Sy was ‘n Phoenisiese prinses uit die stad Tirus en het Baal-aanbidding in Israel ingebring. Dit was “haar” Baalpriesters wat op die berg Karmel die groot konfrontasie met Elia gehad het – vuur uit die hemel, reën na drie jaar, die priesterslagting en toe die marathon voor die perde uit.  [ 1 Konings 18] Die derde koninklike is die koning van Edom – sy naam word nie genoem nie.

Laasgenoemde word deur Joram bygesleep, heel moontlik omdat die weermag van Josafat en Joram deur Edom wou optrek en ook om hulle getalle te versterk. Die koning van Edom speel die rol van ‘n stille toeskouer. Hy praat nooit, maar sy teenwoordigheid word genoem. Josafat dien die Here, Joram is die afvallige heerser – hy weet iets van die Here af, maar is nie in verhouding met die Here nie. Mens kan aanvaar dat die koning van Edom nie God geken het nie, anders sou die Bybel dit gesê het.

Die verhouding van die drie konings met die Here is bepalend in hulle reaksie op die krisis.

Goed – terug by die storie. Moab is al deur Omri, Agab se pa, oorwin en moes ‘n belasting aan Israel betaal. Met Agab se dood besluit die Moabiete, dis ‘n goeie tyd om te rebelleer en hou op om te betaal. Joram wil so gou moontlik die rebellie onderdruk en besluit om Moab in te val. Hy vra Josafat se hulp. Daar is geen aanduiding dat Josafat die Here se leiding gevra het nie: Hy belowe dadelik sy ondersteuning.

Net voor hulle by Moab kom, is daar krisis. Na 7 dae se reis is daar geen water  nie. Alle aanduidings is dat die weermag beplan het om by ‘n rivier wou kamp en toe hulle daar kom, is die rivier droog.

Joram – die afvallige koning – vrees die straf van die Here en openbaar sy innerlike wroeging met sy eie sonde. Sy eerste woorde is :  God wil hom verdelg. Sy reaksie kom uit onkunde en skuld.

Josafat –  in sy krisis soek hy God se leiding en vra of daar nie ‘n profeet van die Here is om te raadpleeg nie. Die regte reaksie in die omstandighede.

Die koning van Edom is tjoepstil.  Ek kan my net voorstel dat hy met groot oë die geskarrel van die ander twee dophou. Die Bybel sê dit nie – dis net sommer my verbeelding. Indien hy iets gesê is dit nie opgeteken nie.

Die bediendes berig dat Elisa daar iewers saam uitkamp. Waarom Elisa saamgekom het, weet ons nie. Ek kan aanvaar dat hy Woord gekry het, met ander woorde in opdrag van die Here self daar was. God is alwetend en het geweet dat daar rede sal wees om Elisa naby te hê.

Baie interessant hier is dat die Bybel ‘n klein detail noem wat baie beteken. Die konings het na Elisa gegaan. ‘n Mens sou verwag dat die konings Elisa laat haal deur ‘n bediende. Die krisis was groot genoeg dat die konings, eintlik “van hulle trone afklim” en in nederigheid Elisa opsoek.

Elisa is in ‘n swart bui. Sy eerste woorde is in woede aan die koning van Israel gerig. Hy ken die geskiedenis – die jammerlike afval van Israel onder Agab, Baalaanbidding en kry sy sê in. Hy sê vir Joram: Het ons nog iets vir mekaar te sê?  Gaan na die (vals) profete van jou ma en pa. Joram sing sy ou deuntjie en gee God die skuld vir die krisis. Elisa gaan verder in sy tirade en vertel hom goed dat as dit nie vir Josafat was nie het hy hom wat Joram is nie eers aangekyk nie. [3:13 -14.]

Toe moet hy kalm word, want in die woede van sy onsteltenis, kan hy nie die stem van die Here onderskei nie. Hy vra vir ‘n musikant.

Nog ‘n klein, belangrike detail. Wat doen jy om jou siel te kalmeer? Hoeveel maal het ek nie met die sorge van die lewe in my kar geklim, die musiek aangesit en net die “regte” lied gehoor. Wat dink julle het die lierspeler gedoen vir Elisa?  Hy het die Here aanbid – weer die regte reaksie in krisis. Aanbidding van die Almagtige God is die sleutel tot oorwinning. Net sodra jy in kalmte mediteer oor die grootheid van jou hemelse Vader, Sy Almag, Sy liefde vir jou, Sy karakter soos deur Moses beskryf in Exodus 34 – abounding in goodness and truth, DAN word jou probleem kleiner en kry jy gesalfde oë, God-perspektief oor die situasie.

Maak seker dat jy jou aanbiddingsmusiek wat aanmoedig en opbou, byderhand het.

Die opdrag van die Here is duidelik. Grawe die vallei vol slote, maak die dal vol gate.[1933 vertaling]. Make this dry brook bed full of trenches. Amplified (Die nuwe Afr vertaling laat dit heeltemal weg).

Elisa voorspel dat die gate vol water gaan wees. Daar sal nie wind of reën wees nie, maar oorgenoeg om die hele weermag en al hulle diere se dors te les.

Dan hierdie wonderlike woorde:

…and this is a simple matter in the sight of the Lord.

 Ja, dit is nog te gering in die oë van die Here. Hy sal ook Moab in julle hand gee.

 Wat ‘n heerlike versekering van ons liefdevolle God wat in ALLES voorsien. Hy sien die hele pad – nie net die een krisis van dors nie. Hy sien nog die geveg met Moab wat voorlê en gee die versekering van oorwinning. Om die hele weermag en hulle diere water te gee is sommer net die eerste paaiement van die wonderwerk. Die groot uitkoms lê voor.

 Vir my is hierdie een van die kragtigste aanmoedigingsverhale van die Ou Testament en ek moet vinnig sê daar is baie.

In die volgende vers van die profesie word ‘n pad van vernietiging vir Moab uitgespel. ‘n Totale en verwoestende aanval wat diep skade aan die land rig. Dit is wat gebeur met jou vyande en diegene wat teen jou rebelleer. Jy as kind van God is verseker van ‘n afrekening van jou teenstaanders. Niemand kan teen jou seëvier as jy die Woord van God in jou hand en hart het nie, en in nederigheid van jou troon afklim en Sy WOORD soek.

Stel jou saak aan die Here, jou probleem, jou slagveld word in Sy hand geplaas en die oorlog se ganse aard verander.

Kyk verder:

Die volgende oggend, na die graanoffer, met ander woorde jou gewone aanbiddingstyd, die tyd wat jy offer aan die Here, het die water gekom – van Edom af. Edom, wat simbolies van die wêreld is, is in God se hand voorsiening.

Die riviervallei vol water dien toe verder om die Moabiete te verwar en vir hulle ‘n vals beeld van ‘n vallei vol bloed te skep. Hulle aanvaar toe sommer dat die drie konings mekaar aangeval het en storm daar in, net om baie sterk teenstand te kry en nederlaag te ly. Die drie konings gaan verder om die verwoesting aan te bring waarvan daar in die profesie gepraat is en die koning van Moab word so deperaat dat hy plan maak om deur die linies van Edom te breek. Toe dit nie slaag nie, gaan hy oor tot die ondenkbare en steek sy eie seun wat hom sou opvolg aan die brand by ‘n muur om sy god se guns te wen. Onthou ons Chistene is die enigste mense wat ‘n liefdevolle, goeie God dien. Ander gode is kwaai gode wie se guns met allerhande offers gewen moet word.

Die drie konings draai net daar om en gaan terug Israel toe. Die meeste kommentare stem saam dat hierdie daad vir almal so afstootlik was, dat hulle in weersin onttrek het. God sê dikwels dat kinderoffers soos in Jerigo en Amalek aan die orde van die dag was, vir Hom ‘n gruwel is. As ons mooi dink is kinders vandag nog net so die offers van die samelewingsafgode, in hongersnood as gevolg van politieke wandade, materialisme, in seksuele misbruik.

In opsomming:

         Reaksie in die krisis – God se Woord en aanbidding met musiek.

         Opdrag: Grawe gate – jy sal nie die reën sien nie, jou gate sal vol word. Dit is maar net ‘n klein dingetjie – Hy sal verder ook voorsien.

 Verwag ‘n wonderwerk. Tot volgende keer.

7. Waar kry jy lewe?

Ons het verlede keer gepraat van verandering, die suiwering deur die Silwersmid, die Pottebakker. My gedagtes het my geneem na 2 Konings 3 en 4 wat kragtige getuienisse in die ou Testament is, uitkomste om te vier, geloofsoorwinnings – en ek wil nog graag daaroor praat, maar ek moet hierdie keer eers iets anders aanspreek. Terwyl ek bid oor hierdie voorbereiding neem die Here my na 2 Konings 2 – ‘n geskiedenis wat ek goed ken – maar ek weet al uit ondervinding om nie te aanvaar dat ek iets ken nie. Daar is altyd iets nuuts. Hierdie keer was dit juis die geval.

Die eerste beginsel wat die basis van enige persoon se lewe is, dat jy nie ‘n bodemklip word uit jou eie pogings nie. Eintlik gebeur niks uit jou eie pogings nie. Die mate waarin jy verander soos Romeine 12:2 beveel, is direk in verhouding met die graad van jou oorgawe – nie jou pogings nie.

Ek is die ware wynstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. [Johannes 15: 5]

Dit is die moeite werd om hierdie woorde van Jesus te onthou. Veral in tye van vernedering, waneer jy voel jy faal geestelik, veral ook in tye van aanval, wanneer die duiwel jou herinner dat jy eintlik niks regkry nie. Gee oor, bely, spoel die kanale van kommunikasie uit met Sy bloed, wat jou sonde verwyder en jou waardig maak voor die Here.

Lees gerus 2 Konings 2 – die oorgawe van die bediening van Elia aan Elisa.

Ons ken mos die verhaal van die vuurwa-opvaart van Elia in die hemel.  Elisa, wat al ‘n geruime tyd Elia op sy reise en aktiwiteite vergesel, moes agtergekom het dat Elia sy bediening beëindig en gereed maak vir iets. Elia sê vir hom om agter te bly in Gilgal, maar in die daaropvolgende verse sien mens hoe gedetermineerd Elisa is om Elia nie te verlaat nie. Elia se bediening is klaar aan Elisa oorhandig , reeds in 1 Konings 19:19. Elisa is natuurlik, heel menslik bewus van die moontlikheid dat ‘n persoon op sy sterfbed ‘n seën uitspreek en wil Elia se seën nie mis nie. As die profeteseuns – en dit beteken nie hulle was afstammelinge van die profete nie – net leerlinge van die profete, Elisa inlig oor Elia se vertrek, dan maak hy hulle stil.

Hierdie stilmaak is ‘n goeie beginsel. Elisa sluit die gepraat en geraas van ander mense uit in hierdie stille marathon van determinasie. Hy hou sy oog op Elia soos wat hulle by Bethal kom, verderaan by Jerigo en weer eens by die Jordaan wat gekloof het, toe die Israeliete daar deur trek by hulle inkoms in Kanaan. Deur alles maak hy die kommentaar stil, en wys Elia sy volharding om by te bly. So ervaar hy die laaste wonderwerk van Elia toe Elia met sy mantel die Jordaan kloof sodat hulle kan deurloop.

Elia weet Elisa wag vir ‘n seën en hy vra wat wil hy hê – net soos Jesus vir die blinde man gevra het. Jy sou dink Jesus sal weet hy is blind daarom is die aard van sy behoefte voor die hand liggend. Daar is iets wonderlik om jou spesifieke begeerte voor die Here uit te spreek. Dis ook ‘n goeie idée om maar altyd die begeerte van die blinde man in gebed uit te spreek – Here, dat ek kan sien. Jesus sê verder in Matteus 7:7 : vra, soek, klop met die belofte van ‘n goeie antwoord, tot jou voordeel – altyd. Lees maar tot by vers 12.

Wees oor niks besorg nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking, met danksegging aan God bekend – perfekte resep vir gebed. [Filipense 4: 6]

Lees die vers in die Amplified Bybel – smeking is nie wat ons dalk onder die Afrikaanse woord verstaan nie.  Ons sou dink dit beteken:  pleit, kerm of iets in daardie lyn. Die Amplified vertaal smeking met supplication en verduidelik die Griekse woord in konteks met specific requests.

Ek sou dit vertaal met geformuleerde begeertejou behoefte in jou eie woorde omgesit – ‘n hartsversugting wat uitgespreek word.

Spreek jou spesifieke gebed teenoor die Here uit en hoor hoe dit klink in jou binnekamer. Skryf dit op – selfs met ‘n datum. Spreek jou begeerte tot oorgawe neer, jou begeerte om ‘n honger en dors na geregtigheid te ervaar. Ek het die Here spesifiek gevra om my lief te maak vir Sy Woord en my oë oop te maak vir Sy boodskap, dit is nie sommer iets wat natuurlik gekom het, of iets waarmee ek nou toevallig geseën is nie.

Na aanleiding van Matteus 5 se seënuitspraak van Jesus oor die honger en dors na geregtigheid word ‘n vrymoedige (bold) uitspreek van spesifieke versoeke met moedige geloof en intense verwagting, geimpliseer.  As dit in terme van honger en dors verduidelik word, is dit lewe-gewend, en het jy dit nodig om te oorleef.

Terug by 2 Konings – Elisa is gereed met sy bold versoek: Hy vra ‘n dubbelporsie.

Die dubbelporsie was tradisioneel die erfenis van die eersgeborene. Hy het gevra wat hy gedink het in elk geval syne sou wees, as hy gesien word as die eersgeborene van Elia se bediening. Hy het reeds geweet die aflosstokkie is oorhandig, maar hy spreek sy begeerte uit in die besef dat hy die Gees van Elia nodig het om die verstommende geloofsbediening van Elia voort te sit.  In die daaropvolgende optekening blyk dit dat Elisa inderdaad dubbel soveel wonderwerke as Elia gedoen het.

Dis die hele punt. Niks is moontlik sonder die HeiligeGees nie.

In 1 Samuel 10:6 met die salwing van Saul as koning sê die Woord:

Then the Spirit of the Lord will come upon you, and you will prophesy with them and be turned into another man.

Belofte van verandering is net moontlik deur die HeiligeGees. Dis die enigste manier. Skuif jou eie pogings eenkant toe en gee oor. Die HeiligeGees is nie ‘n mistiese, onwerklike, onbereikbare begrip nie. Dis die Gees wat in jou werk net om hierdie Woord aan te hoor. Die HeiligeGees lei jou tot wedergeboorte.  Wat is wedergeboorte – eenvoudig –  jou besluit om jou lewe aan die Here oor te gee. Johannes 3: 5 gebore uit water en gees. Elke mens wat wedergebore is, het die HeiligeGees in hom. Sonder die Heilige Gees is wedergeboorte nie moontlik nie.

[Johannes 16: 5 – 15 gaan spesifiek oor die belofte van Jesus oor die werking van HeiligeGees.]

Die doping in die HeiligeGees, spreke in tale en die aandoening van krag volgens Handelinge 1: 8 en Handelinge 2 is ‘n ander ondervinding. Indien jy nie die doping in die HeiligeGees ervaar het nie, beteken dit nie dat die Gees van God nie aktief in jou lewe werk en iets is waarop jy elke dag kan staat maak nie. Word weer bewus van die werking van God se Gees in jou lewe, veral as jy vra om verander te word. Maak staat op Sy gawes in 1 Korintiërs 12 en die vrug van Galasiërs 5:22. Dis al hoe ons van skerp kante ontslae raak.

Hoor wat sê die profete van Elisa, die oomblik toe hy Elia se mantel op die water slaan en die Jordaan kloof net soos wat dit met Elia gebeur het. Die GEES van Elia rus op Elisa. Dis deur daardie selfde Gees wat ons praat en leef.

Ons het nodig om te verander, dis ons avontuur reis saam met die Here, maar ons doen dit nie uit ons eie pogings nie – ons gee oor aan die HeiligeGees om ons te verander. Net so sal ons die Woord verstaan deur die werking van die HeiligeGees.

Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. [Lukas 24: 45]

Jesus verduidelik Sy eie Woord aan jou hart. Net Hy kan die Brood breek. Die Emmausgangers het ‘n uur of 2 die heel beste teologie in die geskeidenis van die ganse kerk uit die mond van Jesus self geniet en nog nie Jesus herken nie.  Eers toe Hy Homself aan hulle openbaar – toe SIEN hulle. Teologie alleen is nie genoeg nie, kennis alleen is nie genoeg nie – die HeiligeGees gee insig en betekenis.

Tot volgende keer.

6. Bodemklippe – simbole van jou reis

‘n Bodemklip lyk anders as ‘n walklip.

Bodemklippe is glad en rond en wit – walklippe is allerhande vorms en skerp en vol grond of stof.

In die proses van die Israeliete om deur die vloedrivier te stap, word daar aan hulle ‘n opdrag gegee om 12 klippe (vir elke stam) uit die bodem van die Jordaan op te tel en op die wal in ‘n altaar te pak. Net so moet 12 walklippe op die bodem van die Jordaan gaan lê.

Ons kan ‘n hele paar dinge oor die beeld en simboliek van bodemklippe noem –

  • glad en rond geslyp deur die voortdurende beweging van die diep, strominge van die rivier.
  • kleurverandering as gevolg van die skoonmaakproses van die water
  • die proses daar in die rivier gee geen voorkeur vir grootte en oorspronklike vorm nie – almal word geslyp en gemaal en rondgepluk

Hier is twee pragtige klippe waarop my skoonsuster, Ronel, geskilder het. Dis kosbaar vir my en lê hier in my sitkamer.

Ronel se klippe

Mens kry dikwels by die see ook baie mooi, gladde klippies – daar by Kwaaiwater in Hermanus lê derduisende op die strand. Kan jy jou voorstel hoeveel herhaalde gemaal die klippen so mooi rond en sag gekry het – lekker om aan hulle te vat, lekker om te hanteer.

Is dit nie ook so met ‘n mens nie? As ons nooit enige slypproses moes deurmaak nie, is ons arrogante, onsimpatieke monsters. Dis  juis omdat ons deernis en meegevoel met ander mense het, wat ons aantreklike gemeenskaplede maak.

Die Bybel wil hê jy moet verander. Dis nie die – so-gemaak-en-so-laat-staan – filosofie  nie, die aanvaar my maar – dis nou eenmaal soos ek is jammer vir jou as ek onuitstaanbaar is – mentaliteit nie.

Word verander deur die vernuwing van jou gemoed. [Romeine 12:2 ] Word verander deur ‘n nuwe denkproses, ‘n ander oog, ‘n hemelse perspektief.

Dit maak van jou ‘n gemodifieerde weergawe van jou geboortemodel.

Dis ‘n avontuur om in die Skaduwee van die Almagtige en in die Skuilplek van die Allerhoogste hierdie prosesse deur te maak. Dis juis daar – in die “diepte van die rivier van God se teenwoordigheid, binne–in die vloedrivier, die vuuroond, die storm op die see, die woestyn, die oorlog, waar jy geskaaf word tot ‘n sagte, fluweelagtige, uitgesoekte mens. In Sy teenwoordigheid gebeur alles in volmaakte liefde.

Dis waar die pottebakker van Jesaja

Yet, O Lord, You are our Father; we are the clay, and You our Potter, and we all are the work of Your hand. [Jesaja 64:8]

en die silwersmid van die Psalms [66 : 10]

For You, O God, have proved us; You have tried us as silver is tried, refined, and purified.

aan die werk is.

Die pottebakker vorm weer die kruik totdat Hy daarmee tevrede is, en jy wonder hoekom die proses uitgerek word.

Die silwersmid suiwer die silwer met vuur totdat dit perfek skoon is. Dis moontlik om silwer te verbrand so die vuur moet perfek aangewend word. As mens die silwersmid vra, hoe weet hy die silwer is reg, dan verduidelik hy dat op die oomblik wat hy sy eie gesig daarin kan sien, is dit perfek skoon. God sal ons suiwer totdat Hy Sy eie gestalte in ons kan sien.

Dr Paul Tournier, ‘n Franse teoloog, het gesê: God works, God disciplines, without stopping to explain, and the adventure continues!

Terug by Joshua 4 – die volgende vraag is HOEKOM.

Hoekom die altaar bou met bodemklippe en nie met walklippe nie – die punt is tog die altaar. Dan verduidelik Joshua ‘n baie belangrike beginsel. Die altare wat jy bou in aanbidding van die Here, lyk nie dieselfde nie. Hierdie bodemklip-altaar LYK anders.

Hy sê in vers 6:

that this may be a sign among you, when your children ask in time to come, saying, What do these stones mean to you? 

Dan moet jy die hele wonderwerk moet herhaal as antwoord op die vraag van jou kinders.

And theses stones shall be for a memorial to the children of Israel forever.

Duidelik was die bou van die altaar met klippe wat op die oog af ‘n vraag ontlok, die behoudenis van die getuienis. Op die oomblik van die wonderwerk of die antwoord op gebed, beleef jy die uitkoms intens en dink jy sal nooit hierdie wonder vergeet nie. ‘n Paar jaar later is die uitkoms maar net deel van ‘n vae herinnering. Die detail en verwondering daarvan afgewater en dalk heeltemal vergete. Dan is daar nog die faktor dat die duiwel jou kan beroof van jou eie getuienis.

Almal wat my ken weet ek is ‘n groot voorstaander van opskryf. ‘n Joernaal van jou geestelike reis is een van die belangrikste elemente van geestelike groei.  Skryf jou gebede neer, skryf die uitkoms en wonderwerke neer, skryf  jou hartsversugtinge neer, skryf dit oor en oor. Skryf veral jou rhema-woorde neer – die besondere Skrif wat jy lees, wat vir jou die gesproke Woord van God self word. Moenie vergeet nie.

Verder – rig vir jou bakens en simbole op. Hierdie is nie ‘n wet of ‘n reël nie. Dis net ‘n aanbeveling. Koop of maak enige konkrete simbool van ‘n besondere gebedsbeantwoording of uitkoms wat die Here jou mee gesën het. Vier ‘n fees saam met jou kinders oor die seën van die Here, maak ‘n gewone uiteet ‘n feestelike samekoms in Sy Naam.

HOEKOM –jy sal nie glo wat met die Israeliete gebeur nie! Hulle ondervind magtige ingrype van God – die vloed-Jordaan se deurgang, Jerigo en talle ander stede se innames, ‘n lang lys wonderwerke. En sowaar : lees saam met my Rigters 2: 7 -10 waar die dood van Joshua beskryf word. Vers 7:

So the people served the Lord all the days of Joshua, and all the days of the elders who outlived Joshua, who had seen all the great works of the Lord, which He had done for Israel…….

Slaan oor na vers 10:

When all that generation had been gathered to their fathers, another generation arose after them who did not know the Lord, nor the work which He had done for Israel.

Die kinders het nie die stories gehoor nie! Hulle het vergeet.

Wat sien die mense om jou – lyk jy al soos ‘n bodemklip – is daar ‘n altaar iewers van iets wat ‘n vraag ontlok – weet hulle van jou Jerigo en hoe kragtiglik die Here jou lewe verander?

Weet jou kinders?

5. Uitkoms in die onmoontlike.

Hierdie bediening se naam is Bodemklippe. Dit kom uit Joshua 4: 5 en 6 – ‘n teken van die uitkoms wat die Here gee.

As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?

Net bietjie agtergrond –die agtergrond is ‘n lang heerlike storie – hier in kort.

Ons is in die Laat-Brons tydperk. Die Kanaanitiese kultuur is op sy hoogtepunt. Hulle handhaaf ‘n sterk militêre teenwoordigheid in die gebied. Hulle aanbid Baal en Molech, waarvolgens hulle kinderoffers maak vir antwoord op begeertes. Babas of kleuters is lewendig in die vuur gegooi en dromme is geslaan om hulle gille te vervaag. Hulle woon in versterkte stede onafhanklik van oorhoofse politieke strukture of heersers, dikwels met hulle eie koning – amper soos ‘n klein koninkrykie.

Die twee verspieders is terug uit Jerigo, Ragab het hulle gehuisves en afgespreek dat hulle haar red. Alles wat hulle van Jerigo gesien het, kon hulle net bangemaak het.

Die stad was ‘n versterkte stad, omring met mure waarop strydwaens resies kon jaag.  Die militêre verskansings en wapens was superieur. Die mense was arrogant en ryk. Hulle moes neergekyk het op hierdie slawevolk, maar hulle het die “wonderwerk – skinder” gehoor en is met vrees vervul.  Die berigte van die sukses in die afgelope oorlog waarin die Israeliete 60 versterkte stede oos van die Jordaan oorwin het, was die “breaking news” in Jerigo.

Hierdie groep mense wat gereed staan om op Joshua se bevel die Jordaan oor te steek is waarlik die kinders van Israel. Hulle is die kinders van die slawe wat uit Egipte getrek het. Joshua en Kaleb is die enigste twee uit ‘n berekende 2 -3 miljoen mense, wat die Rooi See-wonder gesien het. Met die uittog uit Egipte is die see se water opgedam sodat die volk droogvoets kon deurgaan. Hoewel hierdie kinders in die 40 jaar van ronddwaal in die Sinai woestyn, baie wonderwerke gesien en beleef het – oases, water uit die rots, manna elke dag, klere en skoene wat nie opraak nie, ens – het hulle net die oorvertelling van die Rooi See-wonder gehoor.

Teen hierdie agtergrond staan die Israeliete by die Jordaan – in die vloedseisoen!

Die woorde van Joshua aan die volk is betekenisvol: [3:3]

As julle die ark sien, moet julle dit volg, weggaan van die plek waar jy is.

Dit is die kernwaarheid van enige wonderwerk – volg die Teenwoordigheid. Dit beteken dat jy die plek waar jy is moet verlaat.  Dit impliseer aksie. Staan op en volg!

Die ark was die simbool van die teenwoordigheid van God. Tot op daardie stadium is die volk gelei deur die wolk- en vuurkolomme. Met die oprigting van die tenttabernakel wat opgeslaan is en saamgevat is deur die woestyntrek, is die ark gebou. Dit was ‘n kis van akasiahout, oorgetrek met goud. Op die deksel was die troon van genade met cherubs aan weerskante en binne-in was drie wonderwerke:

Die kliptafels met die wet, Aaron se staf wat in een dag gebot , geblom en vrug gedra het, (lees daarvan in Numeri 17) en ‘n goue kom met manna wat nie vrot word nie.  Onthou manna was binne een dag vrot. Hulle moes elke dag vars optel, maar in die teenwoordigheid van die Here is daar geen verval. Die ark het ringe aan die kant gehad waardeur pale geryg is, om dit te dra. Slegs gesalfde priesters kon die ark dra.

Die ark was simbool van die teenwoordigheid van die Here. Vandag in jou lewe is dit nog steeds wat jy volg.  Dis die rede waarom jy luister na hierdie gesprek oor die Woord. Dis die doel van jou soeke en studie – ‘n bewuswording van die teenwoordigheid van die Here. Daar moet spasie wees tussen jou en die ark [3:4]– sodat jy weet in watter rigting jy moet loop, want jy ken nie die pad nie. Dis ‘n berekende, intelligente besluit om aan God se plan te onderwerp.

Hierdie is nie ‘n oor-die-voete-val, impulsiewe, emosionele strompeling agter ‘n vae idee of misterieuse konsep aan nie.  Hierdie is geestelike berekening, ‘n doelgerigte besluit, ‘n helder oortuiging van die rigtingaanwyser vir jou lewe. Jy sal nou dadelik sê, maar ek het nie ‘n goudbeslaande ark met ‘n engel op wat ek kan volg nie.

Nou vra ek jou – wat het jy? Wat is in jou hand?

Kom ek sê wat ek hoop is jou hand – jou Bybel (papgelees en vol merke) en jou joernaal – ‘n optekening van die wonderwerke en rhema-woorde, vol van die stem en die teenwoordigheid van God. Hoekom kan ek dit sê:

But without faith it is impossible to please God; he that cometh to God (dis jy) must believe that He is (afrikaans:  glo dat Hy bestaan) and that He is a rewarder of them that diligently seek Him (afrikaans:  ‘n beloner van die wat Hom soek). Hebreers 11:6

Glo jy dat Hy bestaan? Kom ons dank die Here dat ons gelowig grootgeword het. Miskien het jy geen geloofsagtergrond nie, maar as jy gedruk word sal jy sê – ek glo daar is ‘n God.

MAAR – nou kom die toets van geloof – glo jy dat Hy wil. Glo jy dat Hy jou sal beloon vir jou geloof in Hom. Dit is die uitdaging: Hier staan dit – glo dit. Weet dat die Woord keer nie leeg terug nie. Verwag die bevestiging in jou hart van die vrede en vreugde van God se Woord wat jou denke vernuwe.

Behold, the ark of the covenant of the Lord of all the earth is passing over before you into the Jordan!  [3:11]

Joshua voorspel wat met die water gaan gebeur. Dit sal OPHOOP.

Dit het letterlik gebeur. In die argeoplogiese opgrawings in die gebied van die Jordaan is daar sterk bewyse van seismiese aktiwiteit. Argeoloë kan ook presies die tydvak waarin dit plaasgevind het, bepaal . Dit is reeds lankal aanvaar dat ‘n aardbewing die mure van Jericho laat inval het, omdat die mure, volgens die opgrawings, nie OMgeval het nie, maar INgeval het. Die soldate kon net oor die rommel loop.

Die plek wat genoem word – die stad ADAM – is waar die Jordaan tussen hoë walle deurloop. Die aarbewing het die walle geskuif en die water afgesny. Die mees resente bewys van hierdie phenomeen is in 1927 toe ‘n aardbewing ‘n walmuur van 150m hoog laat inval het, en die water vir 21 uur afgesny het.

God ken Sy aarde – hy bepaal die tye. Hy weet wat jy nodig het en wanneer. Vertrou HOM, al is jou Jordaan in vloed. Enige rasionele oorweging sou gesê het, wag tot die vloedseisoen verby is, wag vir kalmer waters. Dit was nie God se plan nie – God se plan is die aardbewing en die droë pad binne-in die vloed.

God ken jou lewe – Hy ken jou vloed – Hy gee die droë pad in die vloed.  Hy maak ‘n pad in die wildernis en riviere in die woestyn.

I will even make a way in the wilderness and rivers in the desert. [Jesaja 43:19].

 He turned the sea into dry land, they crossed through the river on foot; there did we rejoice in Him. [Psalm 66:5+6]

Kry weer jou joernaal uit en begin skryf – HOE sal jy oorwin:

Deur die bloed van die Lam en die woord van jou getuienis. [Openbaring 12:11]

4. Ek waarborg jou!

Ons stap verder in Jesaja 55.

‘n Eenvoudige opdrag: vra.  So eenvoudig soos dit – gaan voort en vra.[55:6]. In Psalm 2:8: sê die Here:

Ask of Me and I will give you the nations for Your inheritance and the ends of the earth for Your possession.

In hierdie verklaring word die nasies aan Jesus belowe as Hy vra. Dis kommunikasie in die vorm van dialoog wat hier impliseer word. As Jesus moes vra, hoeveel te meer ons. God wag vir ons versoek. As ons vra, sal ons weet dat dit Hy is wat antwoord. As ons nie vra nie, is daar geen kontak. Hoe sal jy weet Hy antwoord jou gebed as jy dit nooit gebid het nie!

God se reaksie is gewaarborg [55:7] – genade en vergifnis in oorvloed. By implikasie – moenie bang wees om te vra nie. Die Here vergewe en gee in genade. As jy God soek, gaan jy in die rus van sy Almagtige voorsiening en Goddellike plan. Wat ookal met jou gebeur is onder beheer en sal tot jou voordeel uitwerk. Jy kan rus in die wete dat Sy plan hoër is as jou plan. [55: 8 en 9]

Rus in God se perspektief. Dit is gekoppel aan nog ‘n waarborg vir ‘n kind van die Here. Alle dinge werk mee ten goede – [Rom 8: 28]  Ons God kan hierdie vloek in ‘n seën verander –  [Nehemia 13:2]  Hy sal jou nooit verlaat nie – [Hebreers 13:5 Amplified]

 I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down, relax My hold on you! Assuredly not!

Jy weet nou dat God is in beheer en Sy plan is perfek en niks kan verkeerd loop nie. Onthou Mara in Exodus waar die volk gekom het en water verwag het (net na die geweldige wonderwerk van die Rooi See) toe is hulle in ‘n plat paniek.  Maar God toets hulle vertroue. Kan jy bly vertrou daar waar nie water is nie, waar jy dit verwag het.  Bly jy vertrou binne-in teleurstelling of mislukking. [Exodus 15:22-27]. Wat het gebeur? Hy bring hulle na Elim, die oase van uitkoms en vernuwing.

God se plan werk altyd – dis die waarborg. Daar is geen moontlikheid van mislukking! God se Woord kom nooit onverrigter sake terug nie. Dit is belangrik om te onthou vir die beloftes wat mens vra oor kinders en hulle geloofslewens. Dit lyk nie altyd asof hulle die pad loop soos wat jy begeer nie, maar onthou God se Woord slaag altyd in Sy doel. Geen plan is vir Hom onuitvoerbaar nie. SY doel is ewig en altyd goed.

Jesus looked at them and said, With man this is impossible, but not with God; all things are possible with God. [Markus 10:27]

Jesus sê in Johannes 8:51 as iemand Sy woord bewaar Hy die dood nooit sal sien nie! Wat ‘n belofte! Geloof in die Woord maak jou vry van dood en oordeel [Johannes 5:24; 11:26]

Lees verder in Jesaja 55 vir die jubel-gevolg van vertroue op Sy Woord. Wanneer Sy Hand beweeg sal die berge wat dalk vir jou gelyk het dat hulle nie gaan skuif nie – voor jou uit jubel en juig. Die bome sal hande klap. Dit is die geestelike realm wat reageer op God se plan en die uitvoering daarvan.  Jou doringbome en distels plek maak vir sipresse en mirtebome.

Jou vallei van moeilikheid word ‘n deur van HOOP. [Hosea 2:15]  As jy probleme in jou lewe kan klassifiseer as doringbome en distels, dan is daar hoop. God verander dit in sipresse (sierbome) en mirtebome (vrugdraende- bome).

Jare gelede toe ek hierdie skrif die eerste keer gelees het, het ek nie geweet wat ‘n mirteboom is nie. Ons was in ‘n ski-oord in Frankryk en ek wat nie ski nie, het myself besig gehou met my studie en boeke – heerlik. Elke dag het ek ‘n draai gery na ‘n ander dorpie daar om die meer van Geneve en bietjie rondgeloop, kos gekoop en gaan kook vir die manne wat moeg en koud van die berg afkom. Toe ek besig is met met die studie van Jesaja 55 se laaste deel, het ek in Chatel, die dorpie waar ons gebly het, ‘n draai geloop. Ek merk toe ‘n winkeltjie op met ‘n prentjie van die twee verspieders wat die reuse druiwetros uitdra. Dit was nog altyd vir my ‘n pragtige prent en ‘n simbool van die oorvloed van die Here. Die winkeltjie (klein en beknop) het elke moontlike vrugte en bessie likeur verkoop in die mooiste bottels met kunstige etikette. Sommer by die ingang het ‘n groot eikehoutvaaitjie gestaan en bo-op was ‘n – myrtle-pie! Ek het een gekoop en die aand vir nagereg opgedis – te heerlik. Ek weet ek moes leer dat ‘n distel, met geen waarde – net ‘n irritasie, het in God se hand ‘n boom geword wat vrug dra en jou kan voed. Toe ons terug is in Johannesburg het ek twee mirtebome geplant sodat ek kon onthou.

Hierdie herinner aan die ander belofte:

Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk, en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig in die God, my Redder. [Habakuk 3:17–19]

NOGTANS – wonderlike word van ontkenning – positiewe ontkenning van ‘n ingesteldheid wat net die probleme raaksien. Dit is ‘n inteligente en bewustelike beskouing van omstandighede uit God se perspektief. Nogtans verander jou perspektief (jou oog – in Bybeltaal) om God se Hand te sien beweeg. Dis ‘n kyk in die spirituele in.

Dan sê Habakuk die gedeelte is vir die koorleier met snarespel – so jy moet dit SING – nie net dink of sê nie – SING!!!

Terug by Jesaja 55 se laaste vers. ‘n Blywende teken wat nooit vernietig word nie. In Hebreeus is die gewoonte om dinge twee maal te sê vir beklemtoning. Hoor: BLYWEND en NOOIT VERNIETIG. Dis die waarborg!

Tot volgende keer.

3. Geregverdigde gierigheid

Ek weet ek het genoem dat ons gou sal kyk na die Bybels wat ons gebruik. Ek lees uit die Nuwe Afrikaanse vertaling en sal noem as dit die Ou vertaling is. Die Ou vertaling van 1933  is ‘n staatmaker – hou hom altyd byderhand. Twee onontbeerlike, pilaar-Bybels is die Amplified en die Spirit-Filled Life Bible (SFLB) wat die NKJV (New King James Version) vertaling met kommentaar en woordverklarings, is. Hierdie Bybels is beleggings.

Ons is besig met Jesaja 55.

Kom ons kyk gou wat sê die Here in die algemeen uit hierdie hoofstuk.  Onthou skryf vir my wat is jou ontdekking of ….miskien wil jy dit vir jouself hou – dikwels is ‘n les van die Here – jou Rhema-woord – so ‘n stukkie gouderts en so kosbaar dat jy dit nie wil deel nie – dis reg. Skryf op en moenie vergeet nie.

HERE, baie dankie vir U kosbare woord en die sëen wat ons gewaarborg is as ons in nederigheid met gesalfde ore wil hoor. Hier is ons nou voor U Here om U stem te hoor.

Jesaja 55:1 Hy praat van iemand wat dors het :

Jesus sê: Salig (baie gelukkig en geseënd sodat ander jaloers is op jou geluk en vreugde – vreugde wat kom uit ‘n bewuswording van God se guns en genade (Amplified in Matteus 5) is iemand wat honger en dors na die geregtigheid (die plek waar jy reg is met God en waar jy die uitvoering van Sy geopenbaarde Wil in alle opsigte vooropstel). Dit is die definisie van geregtigheid. Belangrik om te onthou dat ons nie regverdig is deur ons eie pogings nie, MAAR deur die bloed van Christus.  God VERKLAAR die gelowige regverdig.

Hierdie dors is eintlik ‘n GIERIGHEID – begeerte na die Here. Vra God vir alles. Die hele pakket geregtigheid wat Hy bedoel het ons op aarde moet ervaar. Die belofte van God se reaksie is uitgespel en gewaarborg. Sy Woord keer nie leeg terug nie – dit volbring die doel waarvoor dit gestuur is. As Hy opdrag gee om te vra, dan is Hy vas van plan om te antwoord.

All increase in life within HIs love comes by His WORD, as human response gives way for His blessing. (SFLB Kingdom Dynamics Jesaja 55: 11 se verklaring:  God se reaksie op Sy Woord is seën en die stempel van oorvloed op jou lewe.

Die tweede deel van die versie: KOOP sonder geld of prys. Hoe dan nou? Saligheid is verniet maar nooit goedkoop nie –  dit het Jesus se lewe gekos. Interessante gebruik van die word koop. In Openbaring 3:18 gee Hy vir die louwarm gemeente raad en sê kom koop 3 dinge : wit klere, goud wat deur vuur gelouter is, en salf vir jou oë.

Wit klere  – saligheid wat kom deur die bloed van Jesus – die besluit om oor te gee.

Goud – die wonderbare rhema-woorde en duur ondervinding wat jy met jou lewenskrisisse in die vuuroond saam met die HERE ontdek.

Salf vir jou oë – impliseer jou oë is siek . Hier moet ons bid vir ooggenesing en die Heilige Gees vra om te help dat jy reg kyk. Veral in donker tye moet ons reg kyk.  Wat is die regte ding? God se perspektief – Sy interpretasie van die gebeure, sonder vrees in geloof. As jou oog verkeerd (boos) is, is jou hele liggaam donker! [Matteus 6:23]

Die raad in Jesaja 55:2 is om te luister. Om God se stem te hoor is ware lewe. Dit was die kern van die Tuin van Eden. Die lewe in die Teenwoordigheid van God, waar Hy “kuier” en gesels. Dis die beste wat hierdie lewe op aarde kan offer.  God sê: Luister en jou siel sal lewe. Dis meer as net ‘n liggamsbestaan op aarde. Dis lewe met insig en begrip. Insig in jou eie omstandighede en krisisse, sowel as begrip vir die gebrokenheid om jou. ‘n Lewe van diepe medelye met die jammerlike bestaan van ‘n wêreld sonder God.

Die hele Jesaja is vol daarvan. God wat in toorn afkyk op die boosheid van die mens en reageer met genade. Jesaja 54:8:

With a little wrath I hid my face from you for a moment, but with everlasting kindness, I will have mercy on you, says the Lord your Redeemer.

Jeremia 32:40 – …I will not turn away from doing them good….!

Dis die eerste belangrike besef in alle krisisse – GOD is GOED. Dis wat die Here kies om aan Moses te wys in Exodus 33: 19 na Sy woede oor die goue kalf en Sy dreigement om hulle alleen in die beloofde land te laat intrek.  Moses vra om God te sien en God sê:

I will make all my goodness pass before you –

Dawid word in die volgende verse as voorbeeld van ‘n getuie vir die volke verhef. Die belofte is dat mense na jou toe sal kom en na jou sal opkyk om die Woord te hoor. Jou invloed sal uitbrei oor nasies wat jy nie geken het nie. God sal jou eer herstel. In Handelinge sê Jakobus (die pastor van Jerusalem – gemeente) dat Jesus gekom het om die Tabernakel van Dawid weer op te rig. [Handelinge 15: 16]. Dawid in al sy oorwinnende glorie oor vyande en sonde, asook die koning wat sy harttaal neergeskryf het in watter omstandighede ookal en sy vreugde gevind het in die Teenwoordigheid van God as hy daar by die ark van God aanbid het, was die ideaal.

Die uitstaande kenmerk van Dawid as kind van God is sy afhanklikheid van God wat op alle manier in sy lewe uitkom. Die sentrale tema in die Psalms is ‘n sielsuitroep na die Here, wat hy in die volgende asem verhef as God en Koning bo alles, wat alle probleme verdwerg. Dit is Dawid se bydrae oor letterlik honderde eeue.

Sy spontane en uitbundige aanbidding toe hy voor die ark uitgedans het, in sy vreugde dat die Ark van God terug in Jerusalem is, was vir die Here ‘n vreugde.  Daardie waarheid en eerlikheid in vreugde-aanbidding moet herstel word, volgens Handelinge. Hier is ‘n belangrike beginsel:

Slegs die hoë priester is toegelaat om een maal per jaar by die Ark van God in te gaan en die bloed van die brandoffer oor die Troon van Genade (bo-op die Ark) te gaan sprinkel. Dit het gebeur volgens streng voorskrifte om nie die Toorn van God oor onwaardigheid en verborge sonde te ontketen nie. Dit kan amper beskryf word as ‘n vreesaanjaende ritueel. Maar hier kom Dawid en hy gooi alle voorbehoud oorboord en gaan in ‘n vreugde-dans in. Hy slaan ‘n tent op vir die Ark op die plek waar die Tempel later deur Salomo gebou word en spandeer baie ure daar in die Teenwoordigheid van God  – omdat hy so baie daarvan hou. Geen woede uit die hemel nie – NEE – net ‘n stempel van goedkeuring wat Dawid in die ganse Joodse geskiedenis die uitstaande karakter maak – ‘n man na God se hart!!!

Dit is by uitstek die doel van ‘n studie van God se Woord:

Om die stem van God te hoor

Om die beste brood te eet

Om God se oorvloed in jou siel te geniet

Die gevolg: die genadegawes van Dawid:

– ‘n getuie by die mense

– ‘n aanvoerder van die mense

– bekend as die geseënde van die Here

Volgende keer kyk ons na die res van die hoofstuk en die belofte van God se kragtige Woord.

2. Fundamentele deurbraak.

Gebed

Ons verklaar vandag die Woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as ‘n swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van murg en gewrigte en siel en gees. Dit beoordeel die bedoeling en die gedagtes van die hart.   Here, ons onderwerp ons gedagtes en hart aan die lewendmakende, kragtige ingrepe van U woord sodat ons verander kan word en ons hele lewe gekenmerk word deur die beginsels van U plan.

Ons kyk weer vandag na U karakter soos wat Moses dit daar op die berg aanskou het en weet dat U ‘n goeie God is – die uitstaande kenmerk wat U daardie dag gekies het om aan hom te wys. U het so goed geweet dat in al die sorge van die lewe en die kruis van elke dag ons weer die bevestiging van U goedheid nodig het.

Ons gaan ons nou oor U Woord verbly net soos hierdie jong koning so lank gelede.

2 Konings 22  – Agtergrond

Josia was 8 jaar oud toe hy koning word en het 31 jaar regeer. As die Bybel sy ma noem, soos hier die geval is, dan beteken dit dat sy invloed op die koning gehad het. Seker logies, want hy was jonk toe hy die troon kry. In hierdie geval was haar invloed goed want hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here en sy vader Dawid gevolg in dade.

Toe hy 18 jaar oud is het hy ‘n groot poging aangewend om die voorskrifte van die Here na te volg en die tempel te herstel. Hy stuur die staatsekretaris na die hoëpriester, om die geld bymekaar te maak wat deur die drumpelwagte ingesamel is. Geld is bymekaargemaak as tempelbelasting met die doel om die tempel in stand te hou. Selfs in afvallige tye het die oorblyfsel (remnant) – daardie mense wat selfs in afvalligheid die Here bly vertrou het – se getrouheid gesorg dat die tempelbelasting betaal is. Korrupte priesters het dit soms uitgemors, maar duidelik in hierdie tyd van ‘n goeie koning het die geld behoue gebly.

Die koning sien die tempel verval en besluit op restorasie en die indiensneming van vakmanne om te help.  Hy het duidelik ook die vakmanne vertrou – die geld is oorhandig en daar is geen rekenskap daarvan vereis nie.

Die hoëpriester gee toe aan die staatssekretaris die boodskap dat hy die wetboek gekry het. Volgens die kommentare was dit die boek Deutronomium. Safan, die staatssekretaris het die boek aan die koning voorgelees.

Reaksie van die koning:

By die aanhoor van die wetboek het die koning opgestaan en sy klere geskeur – ‘n uiterlike teken van diep innerlike oortuiging en verootmoediging. Hy gee  opdrag: gaan raadpleeg die Here namens my by die profeet. Hy besef hoe ver hy en die volk tekort skiet by die aanhoor van God se standaard. Sy reaksie op die Woord is ‘n diepe besef van sonde. Hy reageer op die regte manier.

Reaksie op die Woord van God bring deurbraak. ‘n Hele nuwe wêreld is moontlik as jy doen wat in die wetboek geskryf staan .

Jesus se woorde:  Watter sin het dit dat julle my aanspreek, Here, Here en nie doen wat ek sê nie. Luk 6:46

En lees gerus verder waar Hy vertel van die huis sonder fondament en die huis op die rots. As jy jou geestelike huis bou, is die Woord die fondament.

Terug by die storie: die koningsamptenare raadpleeg die profetes Hulda. Haar man was seker die koning se mode adviseur – ja werklik – sy amp was die klerebewaarder – Engels = keeper of the wardrobe.  Hulda was ‘n tydgenoot van Jeremia en Sefanje.

Haar profesie kry ons in 2 Konings 22 : 15 – 20.

Sy sê eers hoe kwaad God is oor al die afgodery en hoe Hy verdelging beplan. Dan in Vers 19 – luister mooi,

BELANGRIKE MAAR

Ek het daarop ag geslaan dat……

Amplified:

Because your heart was tender and penitent and you humbled yourself before the Lord when you heard [slaan teks oor]……and you have rent your clothes and wept before Me, I have also heard you, says the Lord.

God hoor as jy reageer op Sy Woord.  Hy is onmiddellik en intens betrokke – dan kom die belofte van uitkoms.

 DAAROM sal jy niks van die onheil self beleef nie.

Josia formaliseer die ommekeer – hy tree op – neem aksie.

Hy maak ‘n verbond met die Here waarin hy die volk bind tot ‘n skoonmaakproses – eerste die tempel, toe die priesters, die afgode uitgewerp, Asjera verbrand, huise van die manlike tempelprostitute afgebreek, die priesters wat aan afgode geoffer het , het hy verbied om by die altaar van die Here te kom en die kinderoffers aan Molech gestaak, alle aanbidding aan die son gestaak – baie gedetaileerde optekening van die skoonmaakproses.

As die Bybel so details gee is dit belangrik en daar is heelwat kommentaar gelewer oor die volgorde en aard van die skoonmaak. Die graf op die berg van die profeet wat teenoor Jerobeam geprofeteer het oor Josia (1Kon 13:31) het Josia behou.

Dit was ‘n deeglike en noukeurige proses om die volk en die feeste terug in lyn met die wetboek te kry.

Daarna het hy beveel dat die Paasfees gehou moet word. Vers 22:

‘n Paasfees soos hierdie is nie gevier van die tyd van die leiers af wat oor Israel geregeer het nie, ook nie tydens die regering van die konings van Israel en Juda nie.   Josia gaan voluit en hou die fees van alle feeste – beste ooit, soveel so dat die Bybel noem dat dit die beste Paasfees in die tyd van al die rigters en konings was. Dit was die ware fees wat oorwinning oor afgodery en innerlike vrymaking van die hele volk en koningshuis, gevier het.

Al die afgodery wat uitgeroei is en die oproep tot sondebelydenis  moenie gesien word as ‘n proses van stroping nie. Dit is ‘n proses wat skoonmaak vir die vervulling met die groot beloning van vryheid en vrede. Die Heilige Gees laat jou nie leeg en verlate nie. Hy vul jou op met die gawes van heerlikheid. Die fees van oorwinning – dis wat jy kry. Moenie met ‘n verkeerde oog, verlangend kyk na wat moet weggegooi word nie, wat afgegee word nie.

Gooi met ‘n groot gejuig die geestelike bagasie af en kry jou oog reg en kyk na die prys – I Kor 2:9 – dis die prys.

Dit wat jy nog nie oor gedroom het nie, word vir jou belowe.

God se reaksie is gewaarborg. Die Woord is Sy wil en soos wat jy verdiep raak in die Woord sal Hy vir jou Sy plan, Sy droom vir jou lewe begin openbaar.

DOEL: Openbaringskennis – die uitleg van die misterie – diepe kennis en insig.

Call to Me and I will answer you and show you great and mighty things, fenced in and hidden, which you do not know.

Jeremia 33:3